Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die verering van die heilige Naam op die plaat in Lameg se troonsaal. Henog se woorde oor die liefde as die enige ware verering van God

219 Na hierdie woorde van Henog gaan die baie verheugde Lameg vooruit en begelei vir Henog as gids na die troonsaal en op die drempel sê hy vol eerbied aan Henog:

2. "Magtige vriend van die allerhoogste God, sien, daar in die middel is die troon; en op die glansende tafel wat daarop rus is die Naam op ons manier opgeteken, welke my tong nooit waardig sal wees om uit te spreek nie!"

3. En Henog, met sy hand wat op sy bors lê, bly vir `n oomblik op die drumpel staan en hy swyg.

4. Toe strek hy sy hande uit en snel na die troon, neem die plaat en druk haar teen sy bors, kus haar en sit haar toe weer op die troon.

5. Toe hy so `n liefdevolle eer aan die mees heilige Naam gebring het, gaan hy net langs die troon staan, en wel aan die regterkant daarvan, en rig toe die volgende woorde tot alle aanwesiges, want daar het ook baie aansienlike burgers en amptenare van Lameg saam die saal binnegegaan, - en die woorde lui aldus:

6. "Broers en kinders van één Vader in die hemel! Dit het hierdie uiters goeie, mees liefdevolle en heilige Vader behaag, om Sy Naam aan julle te gee, wat op sigself gewyd, hoogs gewyd is.

7. Maar wat wil julle Hom daarvoor aanbied, Hom, die enig heilige, mees liefdevolle Gewer van alle goeie gawes?

8. Julle gedagtes soek, en julle kan niks vind wat julle besit nie, wat julle nie vantevore van God gekry het nie!

9. Ja, waarlik, daar is al julle moeite en werk tevergeefs!

10. Wil julle julle lewe lank die Naam loof, prys, roem en aanbid?

11. Ja, dit kan julle wel doen; maar let op, ek wil iets vir julle sê, en dit toon die uitspansel en die hele aarde vir ons!

12. Hemel en aarde is vervul van Sy lof, Sy eer, en alle eindelose ruimtes is vol van die hoogste heilige engele, wat altyd sê: 'Gewyd, gewyd, gewyd is JaHWeH, ons God; ere sy Hom as die Vader, Sy woord en die almag van Sy ewige liefde!

13. Ons loof U ewig, o groot God, en prys altyd U eindelose krag; want aan U alleen kom immers alle lof toe, alle eer, alle roem, alle prysing, alle hoogagting, alle aanbidding en al ons liefde toe!'

14. Kyk hoeveel eer, roem, prys en ware aanbidding altyd en ewig aan God bewys word! 

15. Wanneer julle die Vader ook so sal eer en prys, hoeveel sal Sy oneindige goddelike eer en heerlikheid groter word daardeur?

16. Waarlik, as die ligste, kleinste druppeltjie water in die see geval het, dan het die see in verhouding reeds eindeloos meer glorie ontvang daardeur as wat julle lewenslange ononderbroke aanbidding en verering sou wees ten opsigte van die eindelose eer en ewige heerlikheid van God, wat Hy reeds vooraf in die mees volkome mate in Homself besit het toe daar maar nog nêrens iets geskape was nie!

17. Wat sal julle dan wil doen vir die heilige Vader vir `n soortgelyke barmhartigheid, liefde en erbarming?

18. Julle sê: 'Ons sal Hom ons lewe lank dank!'

19. Doen dit ook; want slegs aan Hom, die enige Gewer, kom ook alle dank toe!

20. Maar, ook al sou julle dank van julle tonge tot op die wortel toe verslyt het, sal Hy dan daardeur ryker en heerliker word, as wat Hy tog al ewiglik is?

21. Dus sien, op sigself is dit alles ydel, en JaHWeH van alle heerlikheid en mag het dit nie nodig nie.

22. As iemand `n bruid het, laat hy dan aan sy eie hart vra wat hy die aangenaamste aan haar vind en sy sal aan hom sê: 'Ek is ryk en besit alle skatte en hoef geen goud nóg edelstene nóg boomvrugte nóg mak diere nóg dat jy my eer en brandoffers bring!

23. Maar één ding het jy, geliefde bruid, vir my; daarna verlang my lewe! En dit is jou liefde!

24. Het my lief, dan het jy my meer gegee as wat hemel en aarde my kan bied!'

25. Is dit nie so nie, my broers? Julle sê: 'Ja, dit is ewig waar!'

26. Doen julle dit dan ook so! Het die Vader lief; want liefde is Sy wese en Sy oneindige behoefte. Dan het julle Hom alles gegee en geoffer, alles wat Hy julle gegee het. Want meer as Sy eie lewe kon Hy julle nie gee nie; die liefde egter is julle lewe en die lewe van God in julle.

27. Wanneer julle dus God, die Vader, liefhet, dan doen julle dit wat Hy aansien, en wat vir Hom alleen aangenaam is!

28. Dit is die wil van God, dat ons Hom bo alles liefhet; as ons dit doen, dan sal ons die lewe hê, ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205