Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Mura se aanwysings vir die opsigters wat die bou van die tempel gaan uitvoer. Kisehel se aanwysings vir die orde in die staat en die uitstuur van vyf bodes na die ander stede

212 Toe die plan heeltemal uitgesit was, roep die boumeester Mura sy dertig opsigters byeen en sê vir hulle:

2. "Kyk, hier is die ontwerp! So is die indeling van die fondament en so die van die onderbou; so die van die oorhang, en so die van die bo-gebou!

3. Bespreek alles met mekaar en verdeel dan die werk!

4. Het julle `n vraag oor die bouklippe? Kyk eens in die rigting van die berg! Dit sal in `n regte lyn nouliks seweduisend treë wees, daar sal julle `n groot hoeveelheid klippe aantref wat goed sal wees vir die fondament!

5. Dadelik daarnaas is `n pragtige klipgroef; gebruik dit vir die onderbou! Dit is deur en deur grys marmer, wat ru gehou moet word in gelykmatige vierkantige blokke.

6. Maar vir die oorhang en die bo-gebou moet julle kyk na dit wat teenoor die genoemde steengroef is! Kyk net na die wit rotswande! Dit is die fynste wit marmer; dit moet gebruik word vir die oorhang en die bo-gebou.

7. Hierdie gesteente moet vooraf fyn bewerk word, sowel aan die binne- as aan die buitekant van die sywande, dan met olie geslyp en goed gepoleer word, vóór dit gebruik word om mee te bou.

8. Die bindmiddel vir die fondament en die onderbou moet uit die gewone kalkbry (`n soort kalkpappery) bestaan; wat vir julle as welbekende klipslym sal dien vir die binding van die oorhang en die bo-gebou.

9. Vir die binneste muurklampe van yster, sal Thubal-Kain wel volgens goeie maat en na gelang dit nodig sal wees, sorg.

10. Wat die dak betref, dit sal aan die timmerlui toegedeel word en vervolgens aan die metaalarbeiders.

11. Nou weet julle alles, begin die werk met die enig ware God van Farak, die wyse leraar van die mensdom, dan sal julle dit ook met God beëindig!

12. Laat niemand hom oor eet en drink en die regte loon bekommer nie, want dit sal aan elkeen in die regte mate gegee word!

13. Laat elke arbeider bedink dat hierdie gebou ter ere van die enig ware God deur ons uitgevoer word, dan sal hy `n groot seën in sy werk vind!

14. En gaan dan nou heen in die Naam van die enig ware God en begin met die werk!"

15. Een van die opsigters egter vra aan Mura: "Heer, in die ontwerp is tog ook `n ringmuur opgeneem! Wat moet daarmee gebeur?"

16. En Mura antwoord die steller van die vraag: "Luister, my Cural! Het jy ooit sorge gemaak oor `n hemp vir `n kind, terwyl dit nog maar nouliks verwek was?

17. Jy sê: 'Beslis nie, - maar eers toe hy heeltemal in die wêreld gekom het!'

18. Laat die kind daarom ook eers hier gebore word en eers daarna sal ons vir die hemp sorg!

19. Gaan dus nou en begin vol ywer aan die heilige werk! Amen."

20. Na hierdie opdrag van Mura begin almal soos miere en bye te werk.

21. Maar Lameg en Mura gaan na die sewe bodes en vernaamlik na Kisehel, wat juis met Thubal-Kain oor die benodigde ysterwerk spreek, en hulle vertel hom hoe hulle alles gereël het.

22. Daarop sê Kisehel vir hulle beide: "My broers, so is dit goed en God welgevallig! Daarom sal Hy die werk seën, en in sewe dae sal alles heeltemal voltooi wees; wees volledig verseker daarvan!

23. Maar laat ons nou weer na die huis gaan in die stad en daar voorbereidings tref om alle arbeiders behoorlik te versorg!

24. Jy, Sethlahem, bespreek die werk met die vroue en die meisies, en jy, broer Lameg, beveel op jou manier jou nou aanwesige bediendes en knegte, dat hulle hulle funksie - elkeen weer in sy eie vak - moet gaan uitoefen en sorg vir die goeie orde in die stad, asook in die hele land!

25. Ek sal by jou bly en Sethlahem sal sorg vir die vroue en die meisies.

26. Jy, Joram, gaan met jou vier broers na die ander stede, en wys hulle kort en bondig op dit wat God verrig het aan ons broer Lameg en win hulle almal vir God!

27. Maar keer almal weer op die sewende dag terug, en nooi alle amptenare van Lameg uit om hier na Hanoch te kom, om deel te kan neem aan die inwyding van die nuwe tempel in die laagte!

28. En so geskied alles volgens die wil van JaHWeH! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205