Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die alwetendheid en wysheid van die Vreemdeling. Die vermoede van die verwonderde Garbiël

50 Na hierdie uitnodiging vermaan Garbiël hom as eerste; want hy was erg verbaas, omdat hy maar nie kon begryp hoe hierdie onbekende man alles so haarfyn kon geweet het nie. Daarom rig hy die volgende woorde tot die vreemdeling:

2. "Luister, jy bo alles gewaardeerde vriend, - jy is `n buitengewone raaiselagtige man vir my! Hoe kan jy dergelike verborgenhede in ons harte lees, hoe kan jy so haarfyn deursien wat hom daarin afspeel?

3. Nee, sê ek, nee, dit is te veel vir `n mens van my tipe!

4. Sien, my bo alles gewaardeerde vriend, ek is nou vas oortuig daarvan dat dit by jou nie heeltemal natuurlik gaan nie!

5. Want ten eerste is daar die buitengewone gevoel wat ek aan jou bors ondervind het en ten tweede, maar nou nog in `n sterker mate, is jou deurdringende blik, waarvoor nie eens die mees verborge hoek van ons harte veilig is nie, die sprekendste bewys daarvoor.

6. Ek wil weliswaar nie betwis dat daar, deur toelating van bo, baie skerp siende mense bestaan nie, soos byvoorbeeld Henog, Kenan, Jared, Enos en Set, wat werklik ook reeds meermale wonderbaarlike dinge bewerkstellig het, soos die bliksem vandag - as jy dit tenminste nie teweeggebring het nie! En die vinnige wederopbou van Adam se grot - dit wil sê, as jy ook nie die hand daarin gehad het nie! En die skielike gaan lê van die storm van gister wat jy miskien ook op jou geneem het! 

7. Ja, soos ek sê, dit is beslis nie te ontken dat mense, wat God volledig toegewyd is, met Sy barmhartige toestemming tot heelwat in staat is.

8. Maar die volgende is ook gewis en volkome waar: My hart het tot op die tydstip ewenwel geheel gespaar gebly en nie eens die mees verhewe aartsvader was ooit in staat gewees om `n blik te werp in die mees innerlike skuilhoek van die lewe nie!

9. Hoe jy derhalwe so iets kan doen, is vir my werklik `n raaisel!

10. Wie kan daar naas jou bestaan?

11. Ek is nou geheel en al met groot vrees vir jou vervul en versoek jou daarom om ons almal te ontslaan van jou hoogs welwillende uitnodiging, naamlik om jou na die hoogte te volg en daar op die mees onwaardige wyse te geniet van die in die hoogste graad onverdiende kos uit die skottel van Adam.

12. Want wat die ergerlike sin van ons geheime bedoeling betref, daaroor is ons immers reeds in die reine; wat egter die sin van jou bedoeling betref, glo ek, dat jy ons almal goed aangetoon het dat ons almal waarlik groot skurke was, maar dit in die toekoms nie meer sal wees en nog minder ooit weer sal word nie. Daarvan kan jy volkome verseker wees! Omdat jy nou tog wel die magtigste man van die hoogte skyn te wees, daar die verhewe aartsvader Adam self jou bomatig toegedaan lyk te wees, gee ons dan nou die welwillende antwoord op die vraag waarvoor ons hierheen gekom het, sodat ons nog, voordat die strale van die aandskemering geheel uitgedoof is, vir ons mense die gewenste berig kan bring!

13. Allerliefste vriend, vat nou my uitlating nie op as `n harde eis van ons wil aan dié van joune, òf aan dié van die verhewe aartsvader Adam nie. Maar slegs as `n geheel van harte deemoedig en pligmatig beskeie versoek; want as jy dit nie eens is met my wens nie, sal ons julle almal eerder tot aan die einde van die wêreld volg, as om ooit ook maar in die minste teen julle in te gaan! Daarom sal jou, sekerlik uiters magtige wil, geheel en volkome deur ons almal gerespekteer word!"

14. En Abedam sê daarop vir die baie spraaksame Garbiël: "Luister, Ek sê vir jou, jou tong is werklik `n meesterstuk; want jy praat jouself blind daarmee en jy hoor nie die luide verlange van jou hart nie, wat werklik geen slegte grondslag het nie! Sien, alles wat jy nou gespreek het, het nóg kop nóg stert nóg `n liggaam!

15. Want wat jy nou gesê het, is niks anders as leë wind nie, waarmee jy jou angs uit jou lyf wil praat.

16. Jy vra jou af wie daar naas My kan bestaan, omdat Ek die kuns verstaan om in die binneste skuilhoek van die lewe te kyk.

17. Daarom het `n groot vrees jou bekruip; sien, dit alles het uit jou hart gekom! Ek sê egter vir jou: Steek jou tong tussen jou tande en hou hom vas, sodat hy nie nogmaals jou eie hart sal bedrieg deur jou te laat glo dat jy reeds die sin van My bedoeling met julle almal deursien het nie!

18. Sien, dit is baie ydel, want spoedig sal jy tesame met jou broeders insien dat selfs die allerhoogste en mees volkome engelegees van die boonste hemel, ewiglik nooit die volledige sin van My bedoeling met julle almal kan bevat of begryp nie!

19. Maar wat julle sorg as bode betref, almal weet nou reeds volkome dat julle vandag, môre en oormôre, dus tot en met die geskilledag, hier sal bly.

20. Daarom het jy geen meer rede ter verontskuldiging om weg te bly en nie My uitnodiging aan te neem nie!

21. Omdat jou vrees nou kennelik ydel is en al joune lankal goed versorg is, kan jy My tog wel volg?!"

22. En met trane van vreugde antwoord Garbiël: "Ja, waarlik ja, nou volg ek U waarheen U wil!

23. Want nou gaan daar vir my `n groot lig op, omdat U sê hoe onnaspeurlik die sin van U bedoeling is!

24. Ek waag dit weliswaar nog nie om dit met my tong uit te spreek nie, - maar daarvoor spreek my hart dit soveel luider deur `n voorheen nog nooit ondervinde liefde, dat U `n Vader is!

25. En daarom sal Ek U ewig volg waarheen U wil, ja ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205