Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel en Lameg se rondgaan in die stad Hanoch. Die besoek aan die slangeberg en die reiniging daarvan deur Kisehel

213 Na hierdie woorde gaan elkeen na sy werksplek toe en doen wat aan hom opgedra was. Lameg wou met graagte menigmaal gedurende gedurende die sewe dae na die bouery gaan om na die vordering te kyk, maar Kisehel het dit op goeie gronde afgeraai en het in plaas daarvan gereeld met hom in die groot stad rondgetrek en aan alle bewoners duidelik gemaak dat Lameg nou `n goeie, deur God gesalfde, koning was.

2. En die bewoners het weer elke keer gejuig, omdat die enig ware, almagtige God van Farak Hom so oor die koning en oor hulle ontferm het.

3. Op die sesde dag neem Kisehel hom selfs saam na `n taamlike hoë berg, wat heel naby by die stad geleë was.

4. Hierdie berg kon niemand betree nie, vanweë die baie groot en buitengewone giftige slange; daarom waarsku Lameg ook vir Kisehel daarteen.

5. Maar Kisehel antwoord Lameg en sê vir hom: "Liewe broer Lameg, sien, die rede waarom ek jou juis saamgeneem het na hierdie slangeberg, is sodat jy sal sien hoe groot die goddelike krag in die mens is!

6. Want ek sê vir jou: Al die gediertes op aarde is beter as hierdie soort hier, omdat dit `n skepsel van die hel is; daarom is ook geen ander dier so hardnekkig en so weerbarstig en vol bose heimlike lis as juis hierdie dier nie.

7. En tog sal hulle almal hierdie berg moet ontruim en dan ylings daarheen vlug waar jy in die rigting van die aand `n brandende berg sien, oor wie se kam juis `n gloeiende stroom in die diepte stort.

8. In die stroom sal hulle, saam met duisende, tegelyk verteer word!"

9. Hierop neem Kisehel `n tak van `n haselneutboom, sny dit van onder en van bo, seën hom en slaan sewe maal daarmee op die berg.

10. Met die sewende hou klink daar `n harde gesis op, ongeveer soos wat `n nagtelike winterstorm deur die blaarlose takke en lote van die bome suis.

11. En baie gou sien mens `n eindelose leër van allerlei soorte reuse slange en adders van hierdie berg af snel en oor `n groot sandvlakte heen trek na waar die genoemde berg brand.

12. Toe Lameg dit sien, was hy buite homself van vreugde en sê: "Aan JaHWeH sy alle lof en alle prys, omdat Hy sulke krag aan die mens verleen het!

13. Reeds baie lank was hierdie berg `n weersinwekkende aanblik vir my; omdat hy so heeltemal vry gestaan het, het ek ook dikwels daaroor nagedink of hy nie gereinig sou kan word van hierdie walglike ongediertes nie.

14. Maar niemand kon hom ook maar tot op duisend tree nader sonder om die grootste gevaar te loop om deur hierdie diere gevang en opgeëet te word nie!

15. En nou het ook hierdie wens van my op die heerlikste wyse in vervulling gegaan; daarvoor sy alle lof en alle eer aan God!"

16. En Kisehel sê vir hom: "Ja, broer, so is dit goed en billik; slegs aan God kom alle lof, alle eer, alle dank en al ons aanbidding en liefde toe!

17. Die ou ongediertes het weliswaar weggetrek, maar dit het nog sewemaal soveel jong gespuis agter gelaat; ook dit moet daaruit en heeltemal vernietig word! Amen. In die naam van JaHWeH! Amen."

18. Toe slaan Kisehel nog sewe maal op die berg, en onmiddellik kruip die jong gespuis in so `n digte massa langs die berg na onder, dat mens die grond nie kon sien nie.

19. Toe word Lameg bang en hy sê daarom vir Kisehel: "O, magtige vriend en broer, sê my: Is die berg nou heeltemal gereinig?"

20. Maar Kisehel antwoord: "Tot op tienduisend miljoen eiers na in die ou neste!

21. Sodat ook dit verdelg sal word, moet die berg van binne-uit begin gloei, al die struike en die slegte geboomtes moet deur hierdie gloed verteer word en so van binne uit, soos van buite af na binne toe hierdie eiers vernietig!"

22. Daarop slaan Kisehel weer sewe maal teen die berg; dit begin plotseling te damp, die struikgewas en die slegte geboomtes gaan in vlamme op, en alle eiers van die slange en die adders word vernietig.

23. Eers daarna gaan albei na `n oop plek op die kruin en kom na `n klein inspanning heeltemal bo aan, God lowend en prysend.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205