Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 276

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die aankoms en die ontvangs op die hoogte. Henog se vermanende woorde tot Kisehel, wat bevrees is vir die Heer. Uranion se vraag na die toestand van die laagte en Henog se verslag

276 Hierdie woorde van Henog was geheel en al toereikend om die ander weer tot rede te bring, en so klim hulle weer verder en kom, volgens die huidige tydmeting, reeds na sewe uur by die kinders van die môre aan.

2. En toe hulle Henog en die ander in die oog kry, haas hulle na die hut van Uranion en verkondig aan hom en die lede van sy stam, dat die hoëpriester Henog met die ander sewe, uit die middag afkomstig, in aantog was.

3. Met hierdie berig staan almal ylings op en haas die komende met oop arms tegemoet.

4. Ook die wonderlike Purista ontbreek nie en was die eerste wat haar in Henog se arms gestort het en hom byna uitasem en met groot oorweldigende vreugde van haar gemoed aangekondig het, dat die heilige Vader drie skadu-omwentelings gelede by haar in die nuwe kombuis gekom het en haar opgedra het om `n goeie liefdesmaal te berei vir Henog en die ander sewe bodes, wat die hoogte nader. Sy moes hulle dan ook meedeel dat Hy hulle in die hut van die liefde sou ontmoet.

5. Toe Henog en al die ander daardie berig uit die mond van Purista verneem het, was Henog baie verheug, groet en seën almal wat hom tegemoet kom en vervolgens ook almal wat nie in staat was om hom tegemoet te kom nie.

6. Dieselfde doen Kisehel en die ander ook. Maar wat die vreugde oor die aankondiging van die wonderlike Purista betref, moes dit eerder vrees genoem word; want die gedoente met die draak sweef hom nog so lewendig voor oë dat hy hom maar al te goed herinner hoe hy hom byna oor die bedrieglike bedrog van die draak laat jaag het.

7. Maar aangesien Henog dit merk, sê hy vir Kisehel en ook vir die ses ander wat by Kisehel was: "Luister, dit geval my gladnie dat julle harte vir die Vader bevrees is nie!

8. Kisehel, weet jy nog dat jy die Vader op die groot Sabbat vanuit jou ou, verkeerde opvattings van alle heerlikheid eiesinnig weerstaan het? Wat het daar toe met jou gebeur? - Sien, jy het maar net groot barmhartigheid en erbarming ondervind!

9. Dit sal jy tog sekerlik nog goed weet, hoe kan jy dan nou so `n vrees vir Hom hê, terwyl jy maar net deur die draak uitgedaag was, maar die vrye wil om te staan, by jou gekort het?!

10. Wees daarom `n man en `n waardige seun van Adam, maar geen dwase lafaard nie en verheug jou oor die Vader uit die grond van jou liefhebbende hart, dan sal Hy jou versterk waar jy nog swak is!

11. Maar as jy wel vrees vir Hom het, dan kan jy ook daarvan verseker wees dat die vrees by jou sal bly en jou liefde tot God sal begrawe en die Vader sal dan nie in staat wees om Hom aan jou te openbaar nie, omdat Hy jou swakheid geen geweld sal wil aandoen nie!

12. Glo my, my broer Kisehel, die Heer straf nie die ongeregtige nie, maar dit doen die ongeregtige self; want deur sy daad is sy hart vol groot heimlike vrees vir God, en die vrees is dan die skepper van die oordeel en van die straf in die eie hart.

13. Met die hart kan iemand deur sy magtige liefde tot die Vader hom die ewige, hemelse lewe berei, maar met dieselfde hart kan hy ook die skepper van sy eie doodskerker wees.

14. Wees daarom nie bevrees nie en verheug jou in die Heer, dan sal Hy jou met oop arms opneem en jou versterk vir elke stryd!

15. Laat die gebeurtenis met die draak vaar en bedink wat se gees hy eintlik is, en jy kan daarvan verseker wees dat die Vader jou geestelike oog sodanig sal open dat jy in die diepte van die dieptes die wese van die draak baie duidelik sal kan waarneem! Dit wens ek jou en almal vanuit die grond van my liefhebbende hart.

16. Laat ons nou vinnig na die hut van Purista gaan en daar met `n verlangende en liefdevolle hart die heilige, liefdevolle Vader verwag! Amen."

17. Na hierdie goeie vermaning wend die ou Uranion hom tot Henog en vra hom hoe dit nou daar in die laagte uitsien.

18. En Henog sê daarop vir hom: "Luister, die laagte bly in natuurlike opsig, dit wil sê ten opsigte van die berge, nog wel `n laagte; in die gees het sy egter `n ware hoogte geword, wat maklik bo die van ons sal uitsteek!

19. Lameg, die eens so verskriklike, gruwelike wreedaard van die laagte, het nou, net soos ek, `n pleitbesorger van die liefde van die Heer geword, en die Heer het hom, net soos my, persoonlik daartoe geseën! Meer hoef ek julle almal voorlopig nie te sê nie; in die teenwoordigheid van die Heer sal julle alles, tot julle groot vreugde, verneem!

20. Maar stuur jy, Uranion, Lamel nou na Adam, na Set en al die ander stamvaders, en dan na Sehel, die groot seun van Set, en ook na Hored, die broer van Lamel, en sy vrou Naëhme, sodat hulle hulleself almal, tesame met hulle vrouens, hierheen begewe; want hulle moet nou aanwesig wees om die skitterende resultate uit die laagte te verneem!

21. En Naëhme sal ook hoor wat daar met haar vader gebeur het, - maar eers hier! Daarom moet Lamel ook niks anders doen as om al die genoemdes hierheen te roep nie; die res sal hulle hier te hore kry! Amen."

22. En dadelik haas Lamel hom weg om te doen wat gevra is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205