|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 35
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Hored se stille inkeer en selfbeskouing in die Adamsgrot
35 Na hierdie woorde van Abedam val Hored op die aarde neer en bid vurig tot Abedam dat Hy sy hart sal omvorm, omdat hy hom nou te magteloos voel en goed insien dat hy vanuit homself tot niks in staat was nie; daarom versoek hy Abedam om hom barmhartig te wees en medelye te betoon!
2. Maar Abedam sê vir hom: "Doen wat Ek jou opgedra het, dan sal jy gehelp word; want op die aangeduide plek het Ek `n geneesmiddel vir jou berei! Gaan dus en pak dit vinnig as daar iets aan jou lewe geleë is aan My Barmhartigheid, liefde en erbarming! Amen."
3. Toe staan Hored op, dank My met `n bewende hart en gaan onmiddellik daarna na die grot, wat van hier af so `n tweeduisend treë verder geleë was.
4. Toe hy nou daar aankom, kyk hy `n tydlank na die groot kleureprag van die gesteente en begin oor die oorsaak van so iets heerlik na te dink; maar daar skiet hom niks te binne wat hom kon bevredig nie.
5. Maar eindelik kom hy tog op `n goeie gedagte en sê as gevolg daarvan vir homself: "Wanneer die kragtige straal van die son gebreek word in die welgevormde, gladde en die oral eindeloos verskillende gekleurde, deursigtige vlakke van die edelgesteentes, dan ontbrand hierdie kleure weliswaar so lewendig vanuit die gesteente in hulle onuitspreeklike prag en majesteit.
6. Maar is dit daarom die gesteente se eiendom? - O nooit as te nimmer! Wanneer die son agter die gebergte ondergaan, dan gaan ook al jou groot prag in die diepe nag onder!
7. Wat se verskil is daar dan tussen jou en die mees gewone sandsteen, waaroor selfs die mier vinnig wegtrippel om nie deur die groot onvrugbaarheid leeggesuig en ten slotte morsdood gemaak te word nie?!
8. Word alles nie maar net so deur die lig verheerlik nie? - Ja, ja, deur die lig; maar, wat is nietemin die prag van alle dinge in die lig? `n Leuen, `n klinkklare leuen!
9. Abedam, soos hy deur die vaders genoem word, het my vroeër immers iets gesê oor `n halwe waarheid; sien, sien, - daar begin by my `n wonderbaarlike lig opgaan! Ja, ja, daar kan waarlik in alle erns `n halwe waarheid wees!
10. Wie kan die skoonheid van die vorm van die dinge bestry, soos byvoorbeeld van die blomme, die edelstene, die vrugte, die diere en ook van die mense en nog van tallose ander dinge? Maar sonder die lig is hulle skoonheid net `n halwe skoonheid!
11. Wat is die heerlike lig egter op sigself, wanneer die strale hulle in die leë eindeloosheid sou versprei sonder om êrens `n vorm te tref en dit te verheerlik?
12. Of is die sigbare vorm van die lig op sigself iets waaragtig kenmerkend moois?
13. Wie sou die son, die maan, of alle sterre of die lig van `n fakkel op sigself, wat die vorm betref, mooi kan noem? Dit is hulle waarlik nie en reeds die eenvoudigste blommetjie het van homself meer skoonheid as die baie eenvormige ronde, skynbare skyf van die son, van die maan en die wel heeltemal weinig seënende sterrepunte!
14. Ja, ja, dus oral slegs `n halwe waarheid; die vorm het slegs `n halwe waarde sonder lig en die lig `n halwe waarde sonder vorm!
15. Dus, so sal dit ook met die mens wees, as sy hart hom sonder liefde en vorm wend en draai.
16. Net soos die son, laat die verstand sy strale wel van hom uitgaan; maar wat se nut het dit vir die leegte? Waar niks is, wat se effek het die straal dan wanneer hy op die dorre vlakkes van die niks val?!
17. Ja werklik, in my hart is niks; daar heers heeltemal niks, geen liefde, geen berou, geen droefheid, geen vreugde, geen lus, - ook is daar selfs geen sprake meer van `n begeerte nie.
18. Het ek dalk lewenslus? O nee, vir my is die lewe wat die bont strale is vir die klip! - Het ek miskien honger of dors? Ook daar voel ek nie een van die twee nie!
19. Ek moet my dwaasheid berou; ja, maar welke dan? Omdat my hart leeg en die lig van my verstand nutteloos is, omdat dit deur geen enkele vorm in my opgeneem word nie?
20. Die berou is immers `n armsalige dogter van die liefde; maar as die moeder haar nog êrens in die verre veld bevind, waar moet ek dan die dogter vandaan kry?
21. Ek is `n dwaas, - dit het Abedam JaHWeH vir my gesê. Ek is ook stellig daarvan oortuig dat ek een is; want Hy, die Ewige Waarheid, het my dit verseker, - dus moet ek wel `n dwaas wees!
22. Maar waarom is ek dan `n dwaas? Omdat my hart sonder vorm en liefde is! Indien dit egter leeg is, waarvandaan moet dit dan gevul word?
23. Deur die lig sekerlik nie; want waar die straal niks tref nie, daar deurloop hy die oneindigheid en keer in ewigheid nie meer terug nie!
24. Dus, waar kan ek iets vandaan kry om die niks daarmee te versadig? – Maar - stil, stil! Wat is dit? Wat klink daar so oorweldigend heerlik? O God, - U groot, heilige JaHWeH, laat my nou vergaan! Nee, nee; laat my nou juis lewe!
25. Ek verneem klanke, `n toon, ag `n heilige toon! Daar is geen woorde nie, - ek begryp dit nie; maar dit is, sonder om haar te begryp, heerliker, ja oneindigmaal heerliker as die mees begryplike woord!
26. O God, iets word vir my nou al ietwat duideliker! Naamlik, - dat ek `n groot dwaas is!
27. Is die woord nie die vorm van die klank nie? En tog is die enkele klank hier heerliker as sy vorm!
28. My wysheid is nou ten einde; hierdie verskyning het al my grondbeginsels weggevee.
29. Heer, hier lê die sondaar bloot voor U in die stof en kan niks anders meer sê as: O liewe Vader, wees ook my arme sondaar barmhartig en het erbarming met my! U Heilige Wil geskied! Amen."
|
|
|
|
|