Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die bestaansreg van die behoefte aan kennis. waarheid, die voedsel van die Gees; Liefde, die grond van alle waarhede.

60 En toe Sehel dit, wat die tekens betref, van Abedam verneem het, word hy bly dat ook hy dit spoedig van naderby sou leer ken; maar wat die oorlog betref wat met verloop van die bose tyd sou ontstaan, kon hy nie begryp waarom hy eintlik met die onthulling van die tekens nie ook dié van die visioen van die genoemde oorlog kon kry nie.

2. Hierdie vraag neem hom so in beslag, dat hy homself daardeur geheel vergeet en uit die veld geslaan was, so erg selfs dat hy vergeet het om op passende wyse te bedank.

3. Maar die hoë Abedam vra hom na enkele oomblikke van swygsaamheid: "Sehel, watter nuttelose dinge laat jy alles deur jou hart gaan? Waartoe dien dit?

4. Word jy daar dalk meer lewend as jou onversadigbare weetgierigheid bevredig sou word?

5. As jy jou al so druk maak oor die weinige wat oor die aarde sou kon kom volgens wat jy gesien het, - wat sou jy dan wel doen as jy Kenan se visioene gehad het en jy die tien suile in jou sou aanskou het?

6. Ek sê egter vir jou: Gaan na Kenan en laat hy jou oor die tien suile vertel; let veral op die laaste! Dit sal jou baie lig verskaf; maar die lig sal jou droewig maak. Want daar sal die Vader, wat dit nou vir jou sê, tot `n onverbiddelike regter word en jou oog sal tevergeefs in die groot duisternis rondwarrel; maar My aangesig sal jy heeltemal tevergeefs soek.

7. Want waarheen jy jou oë en jou ore ook maar sal wend, jy sal niks anders vind nie as net My groot toorn.

8. As jy dus iets dergeliks nader te wete wil kom, gaan dan na Kenan toe en laat jou deur hom vertel wat hy gesien het; maar, begryp goed, as jy wil! Amen."

9. Na hierdie vermanende woorde val Sehel dadelik voor Abedam neer en begin te roep en te huil en te smeek of Ek hom tog maar vir altyd sou wil verskoon van soortgelyke onthullings; want hy wil liewer vir alle ewighede van die ewighede geheel ten gronde gaan, as om ook maar gedurende één enkele oomblik My, die mees heilige, mees liefdevolle Vader te moet mis.

10. En Ek, as Abedam sê daarop vir hom: "Nou kyk net, My liewe Sehel, so is dit immers goed! Omdat jy My liewer het as die vreeslike onthulling, bly jy ook by My; en waarlik, Ek sê vir jou, dit sal vir jou nooit nodig wees om My, jou en julle alle mees liefdevolle, Heilige Vader, te soek of My ooit te mis nie!

11. Wat jou weetgierigheid egter betref, dit wil Ek nie as onredelik en onregverdig beskou nie; want daarmee kondig jy ten eerste by elke mens `n hoër geestelike lewe aan.

12. Wie sonder begeerte is om te weet, lyk nog soos `n blok hout, waarin geen ander lewe meer is as maar net `n ontbindingslewe, wat verteer en ten slotte alles om hom heen vernietig; net soos `n vormlose poliep, wat hom in die slykerige bodem van die see bevind en daar alles om hom heen verorber met sy baie vormlose arms, wat elkeen sy eie mond het, totdat hy hom dood gevreet het en vervolgens self weer tot slyk word, wat hoogstens tot smadelike voedingsbodem dien vir so `n gelyksoortige nuwe veelvraat.

13. Ja, Ek sê dit nou vir julle almal: `n Mens sonder `n hoëre weetgierigheid is inderwaarheid nog heeltemal geen mens nie, maar slegs `n dier in `n menslike vorm wat geen ander gedagte ken as om maar net kos bymekaar te maak en, wanneer hy hom vol gevreet het en verder gesond is, dan wil slaap of sy paringslus uitoefen. En die wens dat alle natuurlike verrigtinge sonder probleme verloop en hy goed en sag lê en in sy slaap nog droom van nog meer kos of van paar.

14. Nee, by so `n mens is dit nie goed toepaslik nie; want in hom leef maar net nog `n geheel dierlike siel, wat geen afstand wil doen van haar vorige ontwikkelingstoestand nie, omdat die vreet vir haar altyd beter afgaan as die werk aan die opwek van die onsterflike gees in haar.

15. Sien, so `n mens is `n suiwer wêreldse persoon, vir wie niks gewyd is as net sy buik nie.

16. Ofskoon dit alles ten gunste van weetgierigheid spreek, het Ek ewenwel in `n ander opsig ontsettend baie daarteen en wel oor die allerbeste rede van die wêreld en van alle sterre, sonne, maan en alle eindelose hemele.

17. Hierdie goeie rede is die volgende: Kyk, by iemand wat weetgierig is, is die gees al sodanig gewek soos by `n kind wat nog aan die borste van sy moeder gesoog word! Wat wil die wakker geworde kind egter hê? Wat beteken sy gehuil en geskreeu?

18. Sien, hy wil voeding hê; hy wil versadig word!

19. Hy wil ook aan die gees wat uit die lang slaap gewek is, sy honger aankondig deur die behoefte aan kennis.

20. Vertel My egter in jou hart en beantwoord vir My die vraag: Word die kind wel versadig as die moeder in plaas van die met melk gevulde bors `n vinger in sy mond sou stop om aan te suig, of ander dinge waarin geen voedingstof is nie?

21. Ja, Ek sê vir julle, sy kan die kind, in plaas van die bors, duisende en nogmaals duisende van die allersagste vingers in die mond stop, die kind sal egter by al die vergeefse vingersuigery onvermydelik ten gronde gaan, omdat hy onmoontlik ooit so versadig sal word nie, omdat daar geen voeding in is nie en hy sal deur `n dergelike, bedrieglike kos sy lewe verloor!

22. Begryp jy so `n waarheid! - Jy trek jou skouers op; wel, jy sal dit dadelik goed begryp.

23. Is melk nie `n waaragtige voedingsmiddel vir die kind en dus `n volle waarheid vir die hongerige en begerende en na voedsel verlangende maag van die kind nie?! - Ek meen dat niemand dit sal betwyfel nie!

24. Hou die moeder die kind egter nie aan haar bors waarin haar onbegrensde liefde vir die kind soos `n oplaaiende vuur brand nie, in welke vuur hierdie soetste kos in feite berei word?!

25. Sien, nou het ons alles; die gees wil dus ook waarheid hê, die getrouste, volste waarheid wil hy tot voedsel hê!

26. As julle egter julle gees wil versadig met leë wetenskappe, waaraan dikwels nog geen doudruppel waarheid hang nie, vertel My dan net hoe ver die gees dan sal kom!

27. Soos wat die liefde by die moeder, die grondstof van die ware voedsel vir die kind is, so is ook die liefde vir die gees die basis van alle eindelose waarhede, wat `n heel ware, goeie, ewige kos vir die gees is.

28. Wie en waar is hierdie liefde egter? - Kyk daarvoor na My, hier, na My bors; sien, daar is melk in `n eindelose groot hoeveelheid!

29. Bly jy daarom maar hier; want dit is beter om hier gesoog te word, as om die dinge van visioene na te jaag en daarby in die gees te verhonger om ten slotte met die onthulde visioene ten gronde te gaan.

30. Begryp julle nou die verskil tussen ware en valse kos, en wat die behoefte aan kennis is?

31. As julle dit nou begryp het, handel dan daarvolgens, dan sal julle ewig lewe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205