|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Ongehoorsaamheid uit Liefde
15 Nadat die hoë Abedam dus vir Abedam, die bekende, die sake in orde gestel het en hy daardeur bewus geword het dat hy met al sy deemoed nog lank nie op die regte spoor was nie en dat die Heer hom nou eers teruggevoer het op die ware grondslag van die diepste diepte van die lewe in liefde; begin hy Abedam ook eers waaragtig te bedank. En Abedam versterk hom en wend Hom na Henog en sê die volgende vir hom:
2. "Henog, soos jy self sien, moet daar voor die middel van die dag nog anderhalf skadu-omwenteling deurloop word; één skadu-omwenteling voor die middel van die dag moet die offer egter ter wille van die volk aangesteek word, - daarom bly daar vir ons nog `n halwe skadu-omwenteling oor!
3. Met wat dink julle kan ons die res van die tyd nuttig deurbring?"
4. En Henog, geheel ontbrand in suiwer liefde tot My, sê:
5. "O Abba, U het dit al beslis en U het al vroeër in my gees gespreek: 'Henog, sien, die kinders uit die môreland het hulle Vader nog nie te siene gekry nie!
6. Gaan daarom na die klein skare toe en roep almal op om na My toe te kom, sodat hulle My kan sien en Ek hulle kan seën!'
7. Omdat ek dit van U, Abba, verneem het, watter noodsaak kan ek dan nog bedink, as om dit te doen wat U Heilige Wil verlang?"
8. En Abedam spreek verder tot die liewe vrome Henog: "My beste Henog, as jy dit al vooraf in jou hart verneem het, waarom het jy dan nie dadelik My wil ten uitvoer gebring, toe jy dit in jouself gewaar geword het nie?"
9. En Henog antwoord: "O Abba, wie kan hom van U losmaak solank hy U werklik in lewende lywe voor sy oë, ore en al sy sintuie het, te meer wanneer hy U in sy hart bo alles bemin?
10. Gewyd, ja mees gewyd is elke woord wat U, o Abba, heimlik in ons hart spreek, - maar nog meer gewyd is U Self!
11. Want as U mees heilige woord hom in my hart laat hoor, dan het U, o Abba, ons dit so gegee dat ons onsuiwere harte die vuur van U oneindige gewydheid kan verdra, wat uit al U woorde, soos `n groot lig en vuurstroom in ons harte uitgiet, wat van onuitspreeklike liefde en eerbied bewe.
12. As U, o Abba, egter wesenlik in ons aanwesigheid handel en spreek, dan is elkeen van U mees heilige en allerlewendigste woorde `n onmeetlike, verligtende vuursee!
13. As U maar net een vonkie van die woorde wat net U heilige mond vermag om uit te spreek, so geheel sonder omhulling in my hart laat kom, wat sou dan van my word?!
14. En daarom sien, soos U reeds ewighede gelede gesien het: Die oorsaak van my ongehoorsaamheid ten aansien van U mees heilige woord in my is immers U Self, mees heilige Vader en ook my liefde tot U, wat my geboei en my innig aan U, o Abba, gebind het.
15. Ek leef immers geen natuurlike lewe meer nie, wat al lankal, deur U groot erbarming, in my gesterwe het, maar U alleen is nou die hele lewe en alle liefde in my, sodat nie meer ek nie, maar slegs U alles in alles in my is.
16. En daarom was dit ook U wil dat ek bly, solank U my uiterlike nie gemaan het om deur werksaamhede U mees heilige wil te voltrek nie.
17. Nou het U my egter gemaan en dit is die heilige teken om daadwerklik te handel en sien, o Abba, my voete wag op U wenk, ofskoon ek baie helder in my beskouing is, dat U, o heilige, liefdevolle Vader, my armsalige diens nooit nodig het nie. Maar dat U, deur U eindelose vaderliefde, my slegs iets te doene gee en dan my nietige daad in U barmhartigheid so beskou, asof dit iets vir U werd was, terwyl tog net U dit is, o liefdevolle Vader, wat in Sy oneindige liefde en erbarming so onbegryplik diep neerdaal en deur middel van die swak werktuig so verborge magtig handel asof die werktuig vanuit homself handel.
18. Daarom gee ek U my hele eindelose liefde sover as ek daartoe in staat is, nou sowel as in alle ewigheid van die ewighede! Amen."
19. En Abedam sê daarop vir Henog: "Henog, jy het My waarlik `n geheel en al ware antwoord gegee, waar volstrek niks op aan te merk is nie, - die eerste en diepsinnigste gerub (engel) in die hemel sou selfs nie meer daaroor kon sê as wat jy My nou net geantwoord het nie. Maar nietemin skuil daar tog nog iets in, wat ter wille van die ander nog wel sterker belig moet word, - en dit is, dat jy My nou net as oorsaak van jou ongehoorsaamheid genoem het!
20. Jy mag dan wel die volle waarheid gespreek het; maar sodat dit jou nie as fout aangereken en die ander tot aanstoot sal word nie, mag jy nog wel iets meer daaroor sê vir jou vadere, broeders en kinders! Amen."
21. En Henog sê vol blye eerbied vir Abedam en vol innige liefde tot Hom: "O Abba, vir my is dit as volg, en so sou ook almal dit moet begryp:
22. As iemand byvoorbeeld `n geliefde bruid het, vol innige liefde vir haar, en die bruidegom kom op `n keer by haar in die tuin; as sy hom nou sien en enkele dinge oor die hemelse liefde met hom bespreek en daaruit uitmaak, hoe erg die bruidegom haar ook bemin; as die bruidegom dan so heel stilletjies en ongemerk vir haar sê: 'Luister, my geliefde bruid, daar in die rigting van die môre groei `n wondermooie blom in die tuin! Wil jy nie terstond daarheen gaan en dit na my toe bring as `n teken van jou liefde nie?'
23. As die bruid daarby egter die bruidegom aankyk, is sy nie in staat om van hom te skei nie, as gevolg van die oorweldigende liefde vir hom en dink nie weer aan die onskuldige, mooi blom nie, maar eers wanneer die bruidegom, nogmaals vol liefde, die blom onder haar aandag bring.
24. En so was immers die bruidegom deur sy liefde die oorsaak van die soet skuld, waardeur die bruid byna die blommetjie vergeet het!"
25. En Abedam vra daarna nog aan Henog: "Henog, weet jy egter ook wie jou nou die beeld gee? Of het dit op jou bodem ontspring?"
26. En Henog antwoord: "Ja, Abba, dit het waarlik op my bodem ontspring; want U, my liefdevolle, Heilige Vader, is immers my enigste, ewige grondslag!"
27. En Abedam sê met `n luide stem: "Luister, julle almal! So spreek hy wat lewe altyd vanuit die ware grondslag; want Ek Self is die ewige grond van al sy woorde!
28. Streef daarom almal na dit waarna Henog altyd gestreef het, dan sal julle ook die vaste grond van Henog vind!
29. Jy Henog, gaan nou en bring vir My sewe blommetjies uit die môreland en laat die res die sewe volg! Amen."
|
|
|
|
|