Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die besoek aan die tempelplek. Die deur God geseënde ywer van die goudbewerkers van Thubal-Kain. Besigheid as middel tot instandhouding en versterking van die lewe

209 By die aanbreek van die volgende dag en nog ver voor sonsopkoms gaan almal na die troonsaal en bring daar aan God die eer.

2. Almal eer en aanbid die mees heilige Naam totdat die son heeltemal opgegaan het. Daarna begeef almal hulle weer na die eetsaal waar `n ryklike oggendmaal reeds op die gaste gewag het.

3. Dit word na `n ontroerende lofsang genuttig.

4. En na die dank vir hierdie goeie oggendmaal sê Kisehel: "Nou, my broers, laat ons na buite gaan, na ons arbeiders om te sien wat hulle almal reeds tot stand gebring het!

5. Laat die vroue en meisies na `n ruk `n aantal mandjies vol voedsel bring, as `n goeie versterking vir die aankomende arbeiders."

6. Hierna gaan almal na die werkterrein. Daar aangekom, verwonder Lameg en Thubal-Kain hulle baie, omdat hulle ten eerste nie net `n hoop glansende goudklonte ontdek het nie, byna so hoog soos `n berg, maar ook sien hulle `n massa plethamers wat reeds in volle werking was en voorts `n groot hoeveelheid van die mooiste, sterk glansende plate van bladgoud, - en ten tweede kon hulle wyd en syd geen enkele spoor meer van die plasse en moerasse ontdek nie !

7. Nadat hulle dit gesien het, wend Lameg hom tot Kisehel en vra aan hom: "O magtige vriend en broer, - vertel my tog hoe dit moontlik was! Want met menslike kragte is so-iets onmoontlik!

8. Met die allergrootste moeite kan ek daardie erts nog vir my voorstel; maar die opdroog van die plasse, modderpoele en moerasse, wat hulle verskeie ure (`n afstandsmeting) na alle kante uitstrek, is volkome onbegryplik vir my!

9. Sê tog vir my: Hoe is dit in werking gestel?"

10. En Kisehel antwoord vir Lameg: "Lameg, weet jy hoe was dit in werking gestel sodat dit vandag weer dag geword het?

11. Jy sê dat so iets onbegryplik is vir jou; en tog sê dit oneindig veel meer as die uitdroog van die poele, - en na daardie groter een sal niemand vra nie!

12. Weet jy dan nie dat by God, alle dinge moontlik is nie?!

13. Sien, op die hoogte het die groot nagtelike storm in die nag voor die Sabbat `n hele kristalberg van groot heerlikheid, nagenoeg tot stof verbrysel!

14. In die oggend het alle hewig beproefde bewoners met groot verdriet gesien dat die groot prag van die hoogte heeltemal vergaan het tot `n nog dampende hoop puin; verskeie reste het verwoes en heeltemal versplinter gelê op die uitgestrekte berggrond en in wanorde verstrooi.

15. En sien, dit het die Heer één enkele gedagte gekos, nouliks `n sug, één woord, en die heeltemal vernielde en tot stof vermorselde grot, een van die wonderbaarlikste, grootste, mees verhewe en pragtigste paleise op aarde het in één oomblik weer orent gestaan, asof dit ook maar nooit deur die kleinste suggie wind beroer was nie!

16. Kyk nou, my broer Lameg, wanneer iets so maklik vir JaHWeH is, dan sal iets anders sekerlik nie minder moontlik vir Hom wees nie!

17. Vir Hom wat die aarde kon skep, sal dit tog nie te moeilik wees om die poele droog te maak, as Hy dit wil nie! Dit het Hy gewil, - en sien, daarom is dit soos wat Hy dit gewil het! Is jy nou tevrede met hierdie opheldering?"

18. En Lameg antwoord: "Vriend en broer, - volkome; maar nou wil ek jou nog iets vra, en dit is die volgende:

19. Hoe is dit dat die almagtige God graag wil hê dat sy skepsels met verskillende dinge moet besig wees, terwyl Hy hulle dienste nie in die minste nodig het nie?!"

20. En daarop sê Kisehel vir Lameg: "Dit gebeur alles oor die eindelose wyse rede, dat al die van Hom uitgaande lewe op die een of ander wyse voldoende en noodsaaklike oefening van sy kragte sal vind, waarsonder dit sou ophou om lewe te wees!

21. Aktiwiteit is die instandhouding en die voortdurende versterking van die lewe; daarom is alle dinge aktief, en die mens moet in die besonder aktief wees, omdat hy die meeste deur God met lewe begiftig is.

22. En omdat die mens veral `n geestelike lewe het, moet hy dit ook veral oefen in die liefde tot God, sodat hy dit nie sal verloor nie!

23. Sien, daarom laat die almagtige God ons werk!

24. Maar sien, daar kom die arbeiders al van alle kante aan vir die bou van die tempel; wees daarop voorberei sodat jy vir elkeen sy werk kan toewys!

25. Maar voor die begin van die arbeid moet hulle eers eet en drink!

26. En so laat ons nou die werk begin! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205