|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 33
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Hored se inkeer, sy bekentenis en sy nuwe vergissing
33 Toe Hored die Heer nou herken, begin dit ook by hom op te kom, sodat hy as volg by homself begin te dink:
2. "Wat om nou te begin? Ek, `n armsalige swak, onmagtige wurm in die stof, wat nou nie eens meer in staat is om `n boompie, wat so dun is as `n arm, op te tel nie: Hy, `n God, `n ewige God, die oneindige oermag, krag en die gesag Self! Ek, `n afskuwelike sondaar; Hy, die allerhoogste gewydheid!
3. Ek bestaan uit suiwer eiegeregtigheid, eieliefde, eiebelang; Hy, vervul van die allergrootste liefde, barmhartigheid, en erbarming!
4. Ek is vervul met naywer, toorn, afguns, nyd en wraaksug; Hy, vervul met mildheid, aanwysinge, toegewendheid, geduld, vrygewigheid!
5. Kortom, hoe en waar ek myself ookal bekyk, ek sien myself as `n skrille teenstelling van Hom!
6. Wat moet ek en wat wil ek nou hê, wat moet ek begin doen?
7. Hy het my weliswaar gelas om na die grot te gaan om te bekyk of my hart nog wel tot berou in staat is; maar wat het ek daaraan?
8. Ken ek dalk nie my slegte hart nie, wat ewe weinig tot berou geneig is as `n klip tot die opneem van `n druk, waaraan hy weerstand bied solank hy `n harde, ongevoelige klip is?!
9. O Naëhme, Naëhme, jy skuldlose skuldig aan my harde, egoïstiese hart; nou eers word dit vir my duidelik dat niemand as slegs die Heer, jou God en Skepper, jou ongestraf kan nader nie!
10. Ja, nou word vir my alles opeens duidelik, helder en geheel deursigtig: dit word my immers slegs as straf toebedeel, omdat ek in die armsalige laagte opsien wou baar met die aan my verleende mag, krag en gesag!
11. Ja, ja, so is dit; en gedurende die taamlike lang tyd wat ek as enigste in die ongestoorde besit van hierdie straf was, was ek blind genoeg om nie in te sien en gewaar te word dat hierdie verhouding wat vir my soet geskyn het, eintlik maar net `n ontsettende bitter verhouding as straf was!
12. Ek was immers altyd al so hittig/geil soos `n stinkende bok en `n bronstig hert en het my daarby laat voorstaan op my groot en kragtige gestalte; wat was daar nou natuurliker as dat die Heer, vir wie my onverbeterlike dwaasheid te veel geword het, my uiteindelik welverdiend en tereg daarvoor moes straf?!
13. Moes ek nie smag na Naëhme, en sy wou my nooit verhoor het as ek voor haar gebrand het soos `n ryp, sappige olyftak nie?!
14. En tog moes ek haar onuitspreeklike bekoorlikheid gadeslaan, totdat dit dikwels heeltemal donker voor my oë geword het!
15. Haar gesig, as die mooiste môrerooi; haar oë soos twee opgaande sonne; haar mond soos `n fris ontluikende roos wat juis pragtig mooi uit die vol knop tevoorskyn kom; haar wonderlike hare wat so pragtig glinster soos `n heerlike stralekrans; haar arm, wat so wit is as sneeu en so teer, sag en week soos jong wol; haar boesem, welke verhewe bekoorlikheid, wat met niks te vergelyk is nie! Ja, in my oë is daar op die hele wêreld niks ooreenkomstig te vind nie, haar hele wese moes ek aansien sonder om iets te mag geniet! Ja, ek mag haar selfs nie omarm het nie; en toe ek my wenend voor haar gekronkel het, het sy my nie verhoor nie, maar my slegs leringe en vermanings gegee wat uit die mond van Kenan of Henog sekerlik nie sou teruggestaan het nie. Waardeur ek haar ook nie eens kon verlaat om my op haar te wreek nie, maar maar net gedwing was om steeds meer van haar te hou!
16. O jou straf van alle straf! Jou wrede straf! O vader Adam, nou eers sien ek dit duidelik in: Omdat jy in tweedrag geraak het met God, was jy self deur God in twee gedeel, Hy neem die helfte van jou en vorm vir Eva daaruit en gee haar vervolgens as hulp aan jou, wat jou steeds mateloos straf, wat jou vroeëre kosmiese krag tot die swakheid van `n wurm in die stof gemaak het en julle beide selfs, sonder enige weerstand, aan die leiband uit die hoë paradys gevoer het, - en jy het die straf nie opgemerk soos wat ek nou opmerk nie!
17. O God, U groot, magtige, Heilige God! Wie kan U stokslae vryspring?
18. U het my swaar getugtig en ek het die hardheid van U roede nie gewaar geword nie; U het erbarming met my gehad, die groot las van die wrede straf van my afgeneem, - en ek, groot, dwase esel, treur daaroor!
19. Dog nou eers deurgrond ek my dwaasheid geheel en al en dank ek U in my hart, soos nog geen sterfling U bedank het nie, vir U groot erbarming vir my, arme dwaas!
20. Dank, dank, dank U! U alleen het my bevry en ek is nou werklik vry en behoort nou weer geheel slegs aan U en myself volledig toe.
21. Maar laat my aan die einde van my dankbetuiging `n versoek toevoeg, naamlik dat U my in die hele verdere toekoms van dergelike straf ewiglik sal verskoon! Wil en moet U my nou eenmaal straf of moet die mens volgens U ordening gestraf word, straf ons dan tog liewer met vuur, met gif en skerpioene; maar straf ons nooit met Naëhme's nie, anders sal die aarde onder ons voete ten gronde gaan!
22. Oorlaai ons daarby nie met wurms nie en kry tog eens genoeg van die ewige straf! Amen."
|
|
|
|
|