Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 272

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die oggendmaaltyd en die wegstuur van die geseënde armes. Henog se afskeidswoorde tot Lameg en sy skielike verdwyning

272 Na sonsopkoms begewe almal hulle op aanwysing van Henog na die stad en daar weer na die woning van Lameg.

2. Na die aankoms laat Lameg dadelik sorg dra vir `n goeie oggendmaal, waar alle gaste, armes en vroeëre gevangenes van beide geslagte by was. Terwyl hulle God loof en Hom hoog prys, neem hulle daaraan deel.

3. Na die oggendmaal lê Henog in die Naam van die Heer alle armes en vroeëre gevangenes die hande op en dra hulle op om uit te gaan sover as wat die aarde bevolk was deur die kinders van Kain en oral getuienis af te lê van wat hulle alles gehoor en gesien het; maar die vrouens moes tuis bly en hulle huise versorg; want dit was nie die bestemming van die vroue van die dieptes om in die Naam van die Heer te profeteer nie, behalwe aan hulle kinders.

4. Na hierdie opdrag sê Henog vir Lameg: "Maar jy, my geliefde Lameg, my broer en ampsgenoot, jy ken die wil van die Heer al en het nou niks meer van my nodig nie!

5. Maar hou bowenal in jou hart vas dat jy God, die mees liefdevolle Vader, altyd en bo alles liefhet en al jou broers en susters uit die stamvader Kain dubbel soveel as jouself, dan sal jy steeds in God se lig wandel, en Sy heilige vaderstem sal jou ten alle tye leer om op die wonderbaarlike weë van God te gaan!

6. Bou die tempel op die berg soos dit aan jou opgedra was; en wanneer dit voltooi is, dan sal ons, volgens die belofte van die Heer, weer in groter getalle van die hoogte na jou huis toe kom. Ons sal dan die nuwe tempel seën en jou ook na die hoogte lei, sodat jy daar die seën van Adam mag ontvang, wat nog leef en die eerste mens was op aarde en sodoende die oerverwekker van alle mense wat nou lewe. Daardeur mag die vloek oor Kain dan van jou voorhoof uitgevee word.

7. Ook sal jy Eva, die stammoeder, sien, wat jou eweneens sal seën, en dan sal jy jou vroue Ada en Silla terugkry, en jou dogter Naëhme sal jy sien met die edelmoedige Hored, wat haar deur die Heer ten huwelik gegee is.

8. En as jy die Vader in jou hart innig daarvoor sal vra, dan kan dit selfs gebeur dat die nuwe en ware skoonseun ook met jou afdaal na die stad van jou vaders.

9. Ook sal jy beide jou seuns, Jabal en Jubal, weer terugkry; maar, soos gesê, moet jy die wil van die Heer baie nougeset vervul daarvoor. 

10. Al is die Heer ook die ewige, eindelose liefde Self, Hy laat tog nie met Hom onderhandel nie; want omdat Hy oneindig getrou is in al Sy beloftes, eis Hy ook volgens die goddelike en skeppende reg `n soortgelyke getrouheid van ons, na gelang van ons krag, en daarom moet ons Sy wil onvoorwaardelik vervul, al kos dit ook wat!

11. En jy kan volledig daarvan verseker wees dat Hy Hom stiptelik by alles sal hou wat Hy jou belowe het, as jy volledig sal handel volgens Sy heilige wil.

12. Maar in die teenoorgestelde geval laat Hy elkeen sit tot in die dood; en wie hom nie oor Hom bekommer nie, en maar net sorgeloos aan die wêreld hang, oor diegene bekommer die Heer hom ook nie, en laat hom die weg gaan wat hom beslis in die verderf en sodoende in die ewige dood sal intrek.

13. Laat daarom al jou sorg in God wees en laat Sy heilige wil al jou daadkrag wees, dan sal God jou getrou wees vir altyd en ewig! Amen."

14. Na hierdie woorde verdwyn Henog en die sewe net so skielik deur God se krag, dat Lameg nie geweet het hoe hy hierdie verskynsel moes verklaar nie.

15. Maar Terhad sê vir Lameg: "Omdat hulle ware kinders van die Heer is, is hulle immers ook in alles aan Hom gelyk, omdat Hy vir hulle alles in alles is!

16. Mag Hy ook vir ons, in die mate van ons liefde tot Hom, so word, dan sal ons wees soos hulle! Maar Sy wil moet vir ons gewyd wees, soos wat dit weergaloos vir hulle is!

17. Laat ons onsself dus nie daaroor verbaas nie, maar laat ons daarenteen met die werk wat aan ons opgedra is, voortgaan! God se wil geskied altyd en ewig! Amen."

18. Lameg begryp hierdie woorde dadelik en roep vir Mura en Thubal-Kain na hom toe en beraadslaag met hulle oor die bou van die nuwe tempel.

19. Mura ontwerp die plan, en reeds die volgende dag gaan duisend hande aan die werk.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205