Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vier twyfelaars uit die streek van die middag. Henog se woorde as skynbare godverloëning en hulle uitwerking

160. Na hierdie woorde roep Abba vir Henog na Hom toe en beduie aan al die ander om ook goed te luister na wat Hy Henog nou in kort sou toevertrou.

2. En Henog spoed hom na Abba toe en al die ander spits hulle ore en open hulle harte sover moontlik.

3. Abba begin die volgende saaklike woorde tot Henog te rig en sê: "Henog, luister, en laat almal dit verneem, maar laat niemand van julle hom daarteen stamp nie!

4. Daar sal dadelik `n viertal vanuit die middag hier aankom; hulle is oneens oor Abedam. Twee beskou Hom maar swakkies as JaHWeH; maar twee beweer juis die teendeel en beskou Hom as die gees van Abel.

5. Hulle wil daarom raad inwin by jou.

6. Maar jy moet aan die kant van die loënaars gaan staan en sowel vir Abedam as JaHWeH uit hulle kop praat, sodat hulle volledig goddeloos sal word en ons dan `n nuwe gebou in hulle kan oprig; want op so `n sanderige grond kan julle nie eens `n dodehut, laat staan `n woning vir My oprig nie!

7. Sien, daar kom hulle al; versamel moed en spreek soos wat Ek het jou aangeraai het!

8. Wees ernstig, maar nie droog nie, en bedink daarby dat dit arme broers is wat ons daarom wil help!

9. Want waarlik, Ek sê vir julle almal, wie My verloën het in sy blindheid, is My duisendmaal beter as die een wat My in die louheid van sy hart enigsins bely het, maar dit nouliks die moeite werd ag om byvoorbeeld met sy broer oor My te praat!

10. Maar, hulle nader reeds ons kring; berei julle dus voor, en laat niemand My voorlopig bekendmaak nie! Amen."

11. En Henog dank die heilige Abba met `n in liefde ontbrande hart en gaan toe die viertal `n weinig tegemoet en ontvang hulle daar met vriendelike erns.

12. Toe hulle bo op die hoogte aankom, begin die stryders voor die vaders en Henog vra aan hulle die volgende:

13. "Broers, welke probleme het julle hierheen gevoer? Vertel ons kortliks die onplesierige rede daarvoor!" En onmiddellik begin een van hulle te praat en sê:

14. "Ons rede is Abedam; dit wil vir ons maar nie duidelik word of Hy JaHWeH is of nie, of is Hy maar net die gees van Abel nie?

15. Want ook Abel moes tydens sy lewe `n groot wondermag besit het en het, soos wat dit van mond tot mond oorgelewer is, voor die oë van Kain `n berg verwoes, vir sy broer Kain, om hom van sy slegte voorneme af te hou!

16. Sien, dit is ons stryd! Gee ons `n korrekte lig in hierdie saak, want ons almal beskou dit as die allerbelangrikste en allergrootste hoofsaak!"

17. En Henog open daarop in My Naam sy mond en spreek: "Broer, wat twis julle oor `n plukkie wol van `n lam?!

18. Wat is Abedam, wat is JaHWeH, as ons Hom nie in ons gemoed en gevoel kan uitspreek nie?! Hoe kan julle stry oor iets wat nie is nie, die een nog die ander?!

19. As julle op enige afstand `n hopie op die weg sien lê en julle dink dit is `n klip, terwyl jou broer beweer dat die hopie slegs `n molshoop is, sien, dit is iets waaroor julle net so lank kan stry totdat julle die hopie self tot skeidsregter maak. Maar wie wil julle dan tot `n skeidsregter maak, waar niks as leë gevoelens en gedagtes by die sus of so tot uitdrukking kom en geen ander grond het as sy eie leegheid nie, hoe julle dit ookal draai of wend?!

20. Julle twis oor die vraag of Abedam, wat ons drie dae lank met Sy wysheid vergenoeg het, JaHWeH was of nie.

21. Maar ek sê vir julle: Vra julle eers af of daar wel êrens `n JaHWeH is!

22. Wat wil julle egter doen wanneer ek vir julle sê: Daar is nêrens `n JaHWeH nie, daar is slegs `n oneindige ruimte en `n Ewige tydsduur!?

23. Dat met verloop van tye die verskillende, stom kragte in hierdie ruimte mekaar moes aangryp en daardeur ten eerste vormlose klompe voortgebring het, wat dan vir die blind werkende kragte tot noodsaaklike ondergrond geword het en ten slotte geleidelik aan, deur hulle wedersydse dwang verskillende ander produkte gevorm het, dit leer die gehele natuur ons: maar waar het dit ooit in JaHWeH tot uitdrukking gekom?!

24. Is dit daarom dan nie veel verstandiger, om die grond, wat daar duidelik voor ons almal lê, dieper te ondersoek en te wete te kom of hulle maar net deur die in ons heersende natuurkragte net so met verloop van tyd ontwikkel het as byvoorbeeld `n ydele leë droom?!

25. Wanneer daar trouens êrens in homself `n omvattende en homself bewustelike krag onder die begrip God kan bestaan, dan kan dit immers maar net uit ons voortkom, omdat ons die eerste wesens in die langdurige werking van die natuurkragte was, waarin daar ongetwyfeld, vir die eerste keer, juis hierdie kragte mag en bewussyn oor homself begin te kry het.

26. Of het julle ooit gesien dat `n klip hom in `n waterdruppel verander?! Die omgekeerde is wel die geval en `n klein klippie bestaan ook uit `n baie groot aantal waterdruppels, wat, as sy ontbind sou word, `n halwe see sou kan vorm!

27. So kan `n God ook eers uit ons voortkom as `n sentrale krag van die selfbewussyn, soos wat `n klip uit baie waterdruppels voortkom, maar nie omgekeerd nie!

28. Sien dus die ontsettende leegheid van julle getwis en besin julle oor iets ietwat beter; maar word eers `n leerling van die diep wysheid, en ondersoek eers dan waaroor julle nou stry! Begryp my woorde goed! Amen."

29. Hierop begin die viertal te bewe en hulle word wit en slegs die een sê vir Henog: "Broer, waarom het jy ons nou gedood? Wat is ons nou, en wat kan ons verwag? Niks anders as die Ewige vernietiging nie!

30. O het ons onsself tog maar in ons waan gelaat! Hoe gelukkig was ons nie daarin nie!

31. Want ons harte het ten minste nog `n grondslag gehad; maar nou het jy ons geplaas voor die afgrond van die Ewige verderf! Wat moet ons nou doen?

32. O JaHWeH, o Abedam, was U nog maar hier! Hoe ernstig was ons deur U bedrieg om nou so vreeslik onderrig te word deur Henog!

33. Henog, - bedrieg ons weer, sodat ons rustig kan wees terwyl ons lewe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205