Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die mooi uitsig vanaf die slangeberg. Die geestelike betekenis van die reiniging van die slangeberg

214 Toe Lameg hom nou met Kisehel heeltemal bo-op die hoogte bevind, begin hy te huil, want die wonderlike uitsig oor die wye landskap was opeens teveel vir ons arme Lameg, wat nog nooit `n voet op `n berg kon gesit het nie. Hy sien bo die laer voorgebergte oprysende hooggebergte met sy wit tint, `n belangrike deel van die môregebied van die kinders van die hoogte, in die rigting van die middag en heel in die verte `n deel van `n groot see, aan wie se oewer die stad Uvrak gebou was, en ten slotte het hy nog die uitsig oor die ander nege stede en dit oor die hele Hanoch, ook so oor die nuwe tempel, wat tot op `n klein deel van die ringmuur na, byna heeltemal voltooi was.

2. Eers toe hy so effens bygekom het van die eerste oorweldigende indruk en weer asem kry, kry hy in sy hart, wat oorvol was van salige vreugde, ietwat lug en hy verlig sy oorgelukkige gemoed deur middel van woorde, deur voor Kisehel uit te roep:

3. "O vriend, o broer! Wat `n heerlikheid vol saligste verrukking troon hier op hierdie hoogte! - O, hier is dit goed om te vertoef! Hier, hier sou ek vir ewig wil woon!

4. O julle arme stede nou in die diepte onder my, my armsalige paleis! Wat is julle ten opsigte van hierdie groot, eindelose wonderlike bouwerk van die almagtige Skepper?!

5. Niks, niks anders nie as armsalige miershope, vol stekende en bytende gespuis!

6. O vriend, o broer! Kan dit daar in God se hemele nog heerliker uitsien as hier? - Nee, nee, dit is onmoontlik!

7. Kyk nou net, daar tussen die môre en die middag, die vyf wit punte! Dit sien daar net so uit asof die aarde, of altans `n magtige, haar beskermde gees, `n hand na die hemel wil uitstrek om JaHWeH ewige trou te belowe!

8. O groot, almagtige God, hoe heerlik is U werke tog! Wat `n vreugde beleef diegene wat dit in sy hart waardeer!

9. En kyk tog net in die rigting van die aand! Wat `n gewoel van helder vlamme speel daar om die hoë top van die dampende berg!

10. En daar in die rigting van die môre verhef die na die hemel reikende toppe van die berge, elk van hulle gekroon met `n verligtende vlammesuil, en omgewe met duisende weerligstrale.

11. Wat `n onuitspreeklike wonderlike aktiwiteit en bedrywigheid aanskou my oog nou oral waar hy hom ook maar heen wend!

12. Ag, vriend en broer, kyk nou net na die heilige hoogtes, wat van hier af in die rigting van middernag geleë is! Wat is dan daar op die duiseligwekkende hoogte, wat so fel blink asof daar `n tweede son opgaan?"

13. Eers nou kom Kisehel aan die woord kom en antwoord die volgende op Lameg se vraag:

14. "Liewe broer Lameg, sien, dit is nou die beroemde grot, waarvan ek alreeds gepraat het; in `n baie kort tyd sal jy haar van naderby leer ken!

15. Maar kyk nou, my broer Lameg, op dieselfde manier as wat ons nou hierdie berg diensbaar aan ons gemaak het en hom bestyg het, kan en moet elke mens homself reinig, dan sal hy daarna ook met die geringste moeite van die wêreld in homself die ligte hoogste standpunt van sy lewe bereik!

16. Wat het ons egter gedoen om hierdie berg te reinig en van die slange te ontdoen, sodat hy ons nou so heerlik op sy hoogte verkwik?

17. Sien, met `n swak stok van die haselneut het ons eers die groot ou diere in die vuur van die vernietiging gedryf!

18. Die staf is ons geloof en ons volste vertroue op die barmhartigheid en die erbarming van JaHWeH; sewe maal slaan ons met die staf vir die berg, en die ou en growwe gespuis kom in beweging en moes vertrek.

19. Hierdie sewe slae beteken die volledige vertroue op die barmhartigheid en die erbarming van JaHWeH deur die vaste, onwankelbare geloof in Hom.

20. Maar nou was die berg nog nie heeltemal gereinig nie; want hy het nog ontelbare nakomelinge van die bose gespuis bevat. Nogmaals slaan ons sewe maal teen die berg, en jy sien `n ontelbare hoeveelheid van die jong gespuis van die berg afkruip. Wat beteken dit? 

21. Sien, wanneer die mens hom losgemaak het van sy growwe sondes, wat in sy stoflikheid bly, dan moet hy sy siel vervolgens beskou om al haar neigings en begeertes te ondersoek! As hy daarvan bewus geword het deur sy groot erns, dan moet hy nogmaals met sy geloof en vertroue teen die berg van sy lewe slaan, hom heeltemal aan JaHWeH oorgee, en al daardie slegte neigings en begeerte gespuis sal sy siel moet verlaat!

22. Maar nou is daar nog tallose eiers van die gespuis in die berg van die lewe. Dit is nog allerlei wêreldse en selfsugtige gedagtes.

23. En soos wat die jong gespuis uit die eiers uitgebroei word en dit dan spoedig uitgroei tot grof, skadelike ongediertes, word uit die gedagtes ook maklik weer neigings en begeertes gebore, en daaruit dan ook baie gou werklike dade.

24. Maar hoe word die eiers van die sonde dan in die berg van die lewe verdelg? - Deur die opwek van die innerlike vuur, wat die liefde tot JaHWeH is, deur die geloof en deur die werklike vertroue in Hom!

25. As dit gebeur het, dan is die berg ook al so goed as bestyg. So stel hierdie berg nou jouself voor, en jy kan nou hier `n woning vir jouself laat bou en daarin nadink oor God en oor Sy barmhartigheid en groot erbarming.

26. Noudat ons dit weet, het ons ook in figuurlike sin die doel van hierdie bestyging bereik en kan in die Naam van JaHWeH weer afdaal na die stad, waar baie reeds op ons wag. God sy alleen ewig die eer. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205