Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die verklaring van die verskriklike visioen van Thuarim: Die groot stryd tussen kop en hart

76 Toe Thuarim na die beëindiging van sy verhaal begin te huil, uit groot berou weens die vermeende ernstige onreg wat hy My sou aangedoen het, neem Ek, as die hoë Abedam, sy hand en sê aan hom:

2. “Luister en begryp goed, My Thuarim: Wat jy in jou droomgesig gedoen het, word jou net so min as sonde aangereken as dat dit `n klip aangereken sal word wanneer hy van `n berghoogte na benede val en die een of ander onheil word deur sy magtige val aangerig.

3. Daarom kan jy wel gerus wees; want jou visioen het nie `n dergelike betekenis nie, en die woorde wat jy in jouself gehoor het gaan in feite nie net vir jou aan nie, maar dit het alles `n algemene betekenis en die woorde geld vir elkeen.

4. Jy was egter maar net deur My geroep om dit in jou gees te aanskou, maar nie om jou `n fout, ten opsigte van My, te laat begaan nie.

5. Omdat jy `n dergelike droomgesig aanskou het om tot nut vir die hele nageslag te wees, moet jy luister en begryp, en ook julle almal, wat dié gesig wil sê! Die sin daarvan is as volg:

6. Jou uiterlike poging om met jou liggaamlike oë in jouself te kyk, stel die dwase inspannings van die wêreldse verstand voor, om geestelike dinge te deurgrond, terwyl dit tog van niks anders leef as suiwer materiële voorstellings nie, dit wil sê, dit is niks anders as `n opname-orgaan van die siel waardeur dit in staat is om die uiterlike wêreld te aanskou.

7. As die verstand maar net dit is, hoe sou dit dan geestelike dinge kan sien en die hoedanigheid van die geestelike kan bevat?!

8. Die vurige kringe, wat nou ontstaan het deur die verdraai van jou oë, staan vir die sogenaamde spitsvondighede van die wêreldse verstand, wat vir die geestelike kyk eweveel nut het as die vuurkringe vir die natuurlike oë, - dit wil sê, die verstand word daardeur net so min skerpsinniger en gesonder as die natuurlike oë dit word deur allerlei inspannings en kwetsings.

9. Sien, dit is die begin van jou droomgesig en dit slaan nie op jou in hierdie na binne gerigte toestand nie, maar op die hele wêreld, daarom gee Ek jou nou as `n profeet aan die wêreld soos jy dit aan en in jou ervaar het.

10. Daarby was jy vererg en wel `n keer dadelik toe Ek jou die opdrag gegee het om alles in jou innerlike te bekyk en daarna toe jy `n paar pogings gedoen het en dit tog nie geslaag het nie.

11. Sien, ook hierdie ergernis was geen natuurlike ergernis meer nie, maar het jou oorgekom sodat jy daarmee die hoogmoed van die wêreldse verstand kon sien, wat nooit `n gevangene wil wees in die waarheid nie, maar altyd vry wil wees en `n heerser, ondanks alle gebrek aan lig, en hom alleen as gelukkig waan as van alle kante aan sy domheid hulde bewys word, en alleen dan rustig word as dit hom op `n neerbuigende manier, met spot en hoon oor die hoofde van sy broers verhef!

12. Sien, dit gaan jou ook nou nie meer aan nie; want Ek het jou tot `n profeet gemaak, omdat jy geen skuld in jou hart het nie!

13. Dit het jou droomgesig dus alles versimboliseer, tot by die punt waar jy in die sand begin versink het; maar wat het die toestand daarna beteken, toe die nag van die sand jou in hom gegroef het en jy, hoe langer hoe dieper, weggesink het, in asemnood geraak het en om redding gebid het, wat jou egter nie ten deel geval het nie? 

14. Sien, hier het jou innerlike insig reeds begin te werk en op te lig!

15. Die sand staan vir alle spitsvondighede, as dit begin om die hart van die siel gevange te neem, waardeur dit dan in groot angs en verwarring raak, vanweë die druk en die nag, - wat die verstand daardie arme hart alles aandoen.

16. Dan verweer die hart haar ook uit alle mag en du die sand van haar mond af weg en verskaf haar `n beperkte ruimte om te asem en verlang smekend na redding.

17. Maar die ryk wêreldse verstand, wat nooit aan iets gebrek het nie, laat hom nie meer sy reg ontneem nie, en laat die hart maar net nog, hoe langer hoe meer, versand.

18. Maar omdat die hart ongeduldig word en begin te vertwyfel en die verstand insien, dat dit vir hom onmoontlik word om oor die hart te seëvier, laat die verstand die hart uiteindelik versink in die modder van die begeertes wat dit self reeds, lank voorheen, in die hart gelê het.

19. Eers op die punt ervaar die hart die volslae ontoereikendheid en die suiwer skandelikheid van alles waarmee die wêreldse verstand dit verryk het.

20. Die hart begin in opstand te kom aan die so bedrieglike verstand en word kwaad. Sien die gloeiende lawapoel!

21. Maar omdat die oomblik van skeiding baie bitter is, van die kant van die hart, sowel as sekerlik ook van die kant van die wêreldse verstand, raak die hart in die grootste raserny daaroor, omdat dit nou die lig geheel kwytraak, net soos die verstand sonder die hart alle warmte en brandstof kwytraak vir sy bedrieglike lig.

22. Sien, hier het jy teen My begin losbars in jou hart en My vervloek met jou verstand!

23. Ek het jou egter gesê dat Ek nooit na die werk van die verstand kyk, as die hart daarvan afstand gedoen het nie! 

24. Oor die hart giet Ek dan egter My genesende liefdeslig uit, sodat die verwonde, na My toe terugkerende hart, spoedig sal genees vir die ewige lewe, dit wat jy duidelik deur die innerlike stem gehoor het.

25. Maar ook dit alles slaan nie op jou nie; want jou maak Ek daardeur tot `n profeet om voortaan te getuig van alles wat van die wêreld is, en aan die wêreldse wysheid. Wees daarom gerus en vrees nie meer nie; want Ek het dit in jou te voorskyn geroep, sodat jy altyd vanuit My sal getuig teen alle dwaashede van die wêreld! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205