|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 75
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Thuarim se droomgesig: Die vuurproef van sy liefde
75 En nou roep die hoë Abedam Thuarim na Hom en sê aan hom: “Thuarim, jy is geroep, - meer hoef Ek jou nie te sê nie; voer daarom sonder vrees of skroom My wil uit! Amen.”
2. En Thuarim gaan bedeesd na die hoë Abedam toe, dank Hom innig en begin toe dadelik sy droomgesig aan My en alle vaders te vertel.
3. Die inhoud van die visioen was as volg en so het dit geklink uit Thuarim se mond:
4. “O ons allergewyde Vader, vervul van liefde en erbarming, dit was `n harde beproewing vir my, arme, blinde sondaar ten opsigte van U, o JaHWeH!
5. U weet hoe dit met my gegaan het in die weinige oomblikke; maar die vaders weet dit nie en daarom wil ek ook volgens U heilige wil getrou weergee wat my gepynig het gedurende hierdie weinige oomblikke, wat so onverdraaglik lank skyn, as alle ewighede my reeds met hulle oneindige arms omsluit het.
6. Ek het my in die volgende afskuwelike toestand bevind: Toe ek heimlik `n bietjie vererg daaroor nagedink het, as`t ware aan myself seggend: “Wat moet dit voorstel: In myself kyk? - Lyk dit nie geen klinkklare onsin nie?! As U ons Skepper is, dan moet U tog baie goed weet waartoe U iemand oë gegee het?!
7. Tot nou toe het elkeen nog sy oë na buite gerig; hoe moet ek dit dan nou opeens heeltemal omdraai, wat vir my volslae onmoontlik is, en self na binne kyk en ervaar hoe dit binne in my liggaam daaruit sien?!”
8. Daarna het ek vir `n tyd lank werklik my oë soveel moontlik probeer verdraai, sodat daar komplete vuurvlamme soos vurige kringe uit my oë gekom het, waarvoor ek geweldig geskrik het. Maar dit was alles vergeefse moeite; want wanneer ek my oë weer in hulle gewone stand tot rus gebring het, het ek tog niks anders gesien as dit wat rondom my was nie.
9. Ek kyk toe van die een na die ander broer, kon egter aan geeneen van hulle iets ontdek, wat my besonder opgeval het nie.
10. Toe ek dus in die geheel niks kon vind nie, word ek dubbel so kwaad en dink weer by myself: “Dit is verseker niks anders as `n suiwer beproewing van my verstand nie!
11. Maar so dom is ek tog nie, soos mense miskien van my dink!
12. Daarom gee ek dit op as die kennelik meer verstandige en laat die ander ongestoord aan hulle dwaasheid oor, as hulle plesier daaraan belewe; ek egter bly by my goeie, ou orde!
13. Laat elkeen wat dit maar wil en kan in homself kyk. Ek gebruik my paar oë liewer vir doeleindes waarvoor hulle vir my deur die Skepper verleen is!”
14. En so kom ek my ergernis weer te bowe en word rustig.
15. Maar my vermeende rus duur nie lank nie, want die aarde onder my voete word baie spoedig so onvas soos los droë sand of soos vars gevalle sneeu, en voordat ek daarop bedag was, was ek reeds begrawe in die diepste afgrond van die aarde!
16. Dit word toe stikdonker om my heen en ek kon nouliks met my hande soveel ruimte voor my mond maak, dat ek nog `n bietjie kon asemhaal.
17. In hierdie allergrootste nood dink ek ewenwel aan U, heilige Vader en smeek U om hulp en redding.
18. Maar my smeking het, aan die sand, wat alle kante eindeloos omgewe het, verlore gegaan, en in plaas van dat ek gered word, het ek maar net, hoe langer hoe dieper, in die bodemlose sand van die aarde weggesink. En toe ek heeltemal vertwyfeld so sink en sink kom `n heel walglike stank my opeens tegemoet en dit was erger, ja dit was onuitspreeklik veel erger as enige aardse stank wat my neusgate ooit geruik het!
19. En sien, toe kom daar `n einde aan die sand! Daaroor was ek bly; want ek het by myself gedink: ”Nou het daar seker redding gekom!”
20. Maar hoe onuitspreeklik ontsettend was ek in my blye verwagting teleurgestel!
21. Want nou het die ellende eers goed begin; ek kon egter geen woorde vind om dit voldoende weer te gee nie.
22. Net soveel kan ek wel sê, dat ek daar waar die sand opgehou het, onmiddellik in `n hittige modder gesink het, wat steeds warmer en stinkender geword het, namate ek dieper weggesink het.
23. O heilige Vader! Ek sou onmoontlik met my tong die ontsettende nood en angs kan afskilder wat ek daar uitgestaan het toe ek merk, dat die sink nooit ophou nie, en die modder self weer in rooigloeiende as verander, en dit weer in geheel witgloeiende lawa soos dit dikwels uit die brandende berge stroom!
24. Hierdie gloeiende massa het `n onverdraaglike, brandende pyn by my veroorsaak en het my onuitspreeklike kwelling oneindigvoudig vergroot, omdat hierdie ewige gloed my nie verteer het nie, en geen enkele haar op my hoof wou of kon vernietig nie!
25. Hier kon ek nie meer bid en smeek nie, - maar my hele wese was `n vloek oor alles wat my so `n hoogs ellendige bestaan besorg het!
26. Maar hoe boser ek geword het, des te dieper het ek in die steeds warmer en warmer wordende gloeiende meer versink!
27. Toe dit dus, hoe langer hoe afgrysliker word, roep ek in my mees vreeslike, mees verskriklike vertwyfeling uit:
28. “God, verskriklik wreedaardige onding! As U êrens is, vernietig my dan; want vir dié bestaan kan ek U nie eers vervloek nie, laat staan bedank!
29. O ellendige, aller erbarmlikste God! Hoe kan U genoeë daarin skep om my vir so `n kwelling in die lewe te roep?!
30. En sien, toe ek so verskriklik roep en skreeu, hoor ek skielik `n luide gedonder en die donder roep aan my:
31. “Ellendige, onmagtige! Waarom vervloek jy My, jou Vader?!
32. Sien, Ek het jou nou in die vuur van My oneindige liefde verwek tot `n ewig onsterflike wese wat volledig soos Ek sal lyk en lei jou aan My vaderhand, sodat ook nie `n haartjie op jou onmoontlik ten gronde sal gaan nie, en Ek het hierdie liefdesbeproewing van jou in die vuur slegs drie oomblikke lank laat duur volgens aardse berekening, en daarom het jy al dadelik die verskriklikste van alle vloeke oor My uitgespreek! Wat moet Ek nou met jou doen?”
33. En ek antwoord daarop: “O meer as heilige Vader! Vernietig my; omdat ek U vervloek het, is ek nou nie meer werd om te bestaan nie!”
34. Toe verander die gloeiende meer plotseling in `n sagte lig en vanuit dié lig verneem ek weer woorde wat as volg lui:
35. “Sien, Ek, jou Vader, vloek nie en Ek wil vergeet wat jy My aangedoen het; want wat jy nou gesien het, was jou gewone gedrag op aarde teenoor My. Maar erken nou tog dat Ek dit is, jou Vader, en Ek trek jou, terwille van jou ewige bestaan deur al jou bedrieglike lewensand, deur jou wysheidsmodder en deur jou boosaardige gloed in die reinigende vuur van My vaderliefde, en ten slotte hierdeur in die suiwerste lig van die ewige liefdeslewe in My!
36. En keer, a, jy hiervan bewus, weer terug na die aarde, waar Ek op jou wag! Amen.”
37. En plotseling was ek weer hier.
38. O heilige Vader, ek is nou wel hier, - maar wat is ek nou teenoor U?
39. O, as dit tog nog moontlik sou wees, dat U my die groot smaad wat ek U aangedoen het, sou vergewe; dan sou ek wel gedurende duisend jaar die grootste kwelling van die vuur daarvoor wil deurstaan!
40. O vergewe, vergewe my, groot sondaar! - Maar, wat vra ek? - Ek is U immers ewig nie meer werd nie!”
|
|
|
|
|