Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg en Ghemela deur die Heer bymekaargebring

3 Na hierdie woorde roep die hoë Abedam vir Lameg na Hom toe, stel hom aan Ghemela voor en vra haar:

2. "My geliefde Ghemela, kyk na hierdie man, sy naam is Lameg; net soos jy is hy vol intense vlammende liefde vir My. Sien, hierdie man wil Ek vir jou gee; want Ek weet dat hy jou nie sal aanraak voordat Ek hom na jou toe sal lei nie.

3. Daarom het jy niks te vrees nie, want net so rein en so vol kuisheid soos wat jou hart is, is ook syne. Soos wat jou hart nie na hom verlang nie, maar slegs na My, so is dit ook met hom gesteld; soos jy van hom af sou wil wegvlug, sien, net so sou hy dit ook wil doen!

4. Hy is in alles geheel gelyk aan jou; net soos jy, het ook hy die warmste liefdestrane aan My bors geween!

5. En sien, so jonk as wat hy is, is hy tog vol van die hoogste wysheid wat `n vry mens ooit kan bevat en hy besit nou `n groot mag en krag, wat hy verkry het deur sy ewe magtige liefde tot My!

6. As jy jou egter wil oortuig van die ware wysheid in hom, wat voortkom uit sy liefde tot My, dan staan Ek jou toe om hom `n willekeurige vraag te stel, sodat hy jou dan vanuit sy eie hart kan antwoord.

7. Stel dus `n vraag aan hom, net soos wat jy `n vraag aan My sou stel!"

8. Maar Ghemela was vol skugterheid vir Lameg en durf hom nie aankyk nie en sy sê vir Abedam:

9. "O, my bo alles beminde JaHWeH, kyk, ek kan niks uitbring nie; want ek is baie bang vir hom!

10. As ek U moet gehoorsaam, bevry U, my enigste mees geliefde JaHWeH, my hart dan van hierdie groot angs!

11. Ek, U Ghemela, wat net vir U bemin, vra U dit, maar net as U dit wil!"

12. En Abedam raak haar aan en spreek tot haar: "Ghemela, jou reine, aan jou geskied dit volgens jou liefde tot My. Amen."

13. En terstond gaan `n sagte stroom deur Ghemela se bors; sy word van haar angs bevry, rig haar op, kry moed en vra dadelik aan Lameg:

14. "Lameg! Ek is `n arm maagd vergeleke met jou hoë oeraf­stamming; kan jy naas jou liefde vir JaHWeH, ook nog vir my bemin?

15. Is jy in staat daartoe? Want sien, ek wil niks anders as net my JaHWeH liefhê nie en vanuit Hom eers al die ander, vir sover hulle Sy liefde en erbarming in hulle dra en my kan dien as wegwyser na Hom! - Wil jy my nou antwoord op hierdie vraag van my hart?"

16. En Lameg werp hom teen Abedam se bors en sê snikkend: "O, my mees heilige, deur my bo alles geliefde Abba, EmmanuEl, Abedam!

17. Vergeef my, kyk, my hart is so vervul van gloeiende liefde tot U, dat dit tot geen ander liefde meer in staat is nie as slegs die soetste, reinste, mees heilige liefde tot U!

18. O, my heilige, goeie, liefdevolste Vader, dit weet U immers ook; het ek dan gesondig voor U, sodat U my nou wil straf?

19. Wie hierdie Ghemela ookal mag wees, sien, ek het tog immers nooit na haar verlang nie, ook na geen enkele wese van haar geslag nie! My hart was tog altyd slegs na U toe gewend; dit weet tog al my voorvaders van Set af tot my liggaamlike vader Metusalag!

20. O Abba EmmanuEl! Wees barmhartig en barmhartig, indien ek, miskien onbewus in U alsiende, mees heilige oë, `n misstap begaan het en verontskuldig my van hierdie straf, wat vir my so verskriklik groot skyn, ja in alle waarheid kom sy my bomatig groot voor; staan my toe om nie te antwoord op hierdie vraag nie, ofskoon sy vol is van die reinste verlange en uit een mond kom soos ek nog nooit gesien het nie! O Abba, EmmanuEl! U Heilige Wil geskied! Amen."

21. En Abedam neem Lameg onder Sy arm en hef hom `n weinig van die grond af op, sit hom toe weer saggies neer en sê daarop vir hom:

22. "Hoor hier, Lameg, jy is `n eienaardige mens; jou liefde vir My is groter as jou vertroue! Jy bemin My met al jou krag ja, jy hou van My met soveel gloed in jou hart, as wat jy maar kan verdra; maar wat jou vertroue betref, dit staan in geen enkele verhouding tot jou gloeiende liefde nie.

23. Hoe kan dit by My Liefde vir jou en by jou liefde vir My, selfs ook maar in die middel van die nag by jou opkom dat Ek jou `n straf sou wil oplê, omdat Ek vir jou vanuit die hemel `n allersuiwerste loon bestem?!

24. Sou jy aan `n van die wêreld afgewende mens, wat jou bo alles liefhet, iets dergeliks kon aandoen?

25. Hoe kan jy dan so iets van My dink? En wel uit suiwer swakheid van jou vertroue in My, wat juis sterk sou moet wees?

26. Sien, wie My kan nader soos hierdie Ghemela, `n allerreinste dogter van Zuriël, en daarom sekerlik My Liefde ten volle waardig is, - wat Ek op My hande gedra het, - hoe sou so iets vir jou ooit `n straf kon wees?!

27. Dit sê Ek nou vir julle, sodat dit goed in julle gemoed kan deurdring en julle dit goed kan oordink welke waarde `n gawe het wat julle uit My hand ontvang!

28. Sien, haar hart het, behalwe haar vader, nog nooit `n man leer ken nie, daarom gryp `n groot angs haar aan, reeds by die noem van jou naam, laat staan nog by die sien van jou persoon!

29. Toe Ek haar vra om jou `n vraag te stel, het sy oor haar hele liggaam gebewe oor die groot verleentheid vir jou, maar in haar groot angs het sy gedink dat sy My gehoorsaamheid verskuldig is, daarom het sy My vir krag gebid, om My te kon gehoorsaam.

30. Het jy dit dan nie by haar opgemerk nie?! Hoe kan jy dan My wil, deur haar tot jou gerig, as `n straf beskou?!

31. As Ek jou nie in jou reinheid en groot liefde tot My sou geken het nie, dan sou jy nou die loon verloor het! Maar die suiwer vlam van jou hart spreek vir jou; daarom het jy geen skuld teenoor My nie, maar slegs `n kleintjie teenoor die rein Ghemela.

32. Gee aan haar daarom wat sy, deur My wil gedrywe, van jou verlang; sodat jy ook hierdie skuld kan delg. Amen."

33. Lameg sien sy vergissing in, vra die bewende Ghemela om vergewing en gee haar toe `n waaragtige versekering, wat My waardig is, van sy suiwer liefde vir haar, waarop hy, sy en alle omstanders tot vreugdetrane geroer word.

34. En so word sy, sy enig geliefde vrou; hulle het egter beide kuis gebly tot op die laaste, toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud was en toe vir Noag, eers op My versoek, verwek het.

35. Sien, dit was `n huwelik wat waarlik in die hemel gesluit was! So moet alle huwelike gesluit word, nou en ook later!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205