Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die mense as kinders van God, as gode (elohim)

80 Na hierdie woorde dank Henog vir Abedam in alle liefde en groot deemoed van sy hart vir die belangrike, groot, heilige leer en alle ander vaders en kinders volg sy voorbeeld.

2. Na daardie innerlike dankgebed gaan Henog weer na sy vorige plek, na Garbiël toe.

3. Abedam wend Hom daarop tot Rudomin en rig die volgende woorde tot hom:

4. "Let ook jy op, My geliefde Rudomin, en hoor en begryp goed wat jou besonderse visioen oor julle almal getuig en te kenne gee!

5. Julle weet nou almal al, soos julle julleself hier, My omringend, op die hoogte bevind, dat Ek immers God is, die Enige, die Enkele en die Ewige, terwyl Ek as Vader sigbaar voor julle oë met julle spreek en julle onderrig.

6. As die vader egter `n God is, dan sal sy kinders tog geen honde, katte, osse, koeie, kalwers, esels of iets dergeliks wees nie, maar dit wat hulle vader is, en hulle sal ook daar wees en werk waar Hy Hom bevind en werksaam is!

7. Sien, My ewige orde is sodanig, dat oral en by elke saak, by elke ding, by elke skepsel, dat die kinders net so volkome moet wees as hulle vader!

8. Op grond daarvan is in elke vrug immers al `n kern aanwesig waaraan alle volkomenheid van die vader reeds die grondslag lê.

9. En daarom moet `n saadjie, as dit in die aarde gelê word, weer tot dieselfde gras, tot dieselfde plant, tot dieselfde struik of tot dieselfde boom word as waaruit en waarop dit tot `n saadkorrel ontwikkel het.

10. Of is dit dan by die diere anders? - Ek bedoel, dat ook die vader van die leeu of sy verwekker te alle tye self `n leeu was, soos die van die voël ook maar net `n voël was, en so verder tot by die mens, waar die seun van die vader ook net soos die vader `n mens word vol groot bekwaamhede en talente en die dogter net soos die moeder en sy vir die vader `n heilige akker is vir die insaai van die vrugte van die ewige lewe, ja vir vrugte ter uitsaaiing vanuit My.

11. Wanneer dit reeds volledig so blyk te wees in die natuurlike en die liggaamlike wêreld, dan sal dit tog immers in die gees nog oneindig maal meer die geval moet wees.

12. Wanneer Ek dus aan julle sê en julle onderrig en daarvan getuig, dat julle My kinders is, - vertel My dan, liewe kinders: Wat gee dit te kenne?

13. Waartoe en waarom dan noem julle My julle “Vader” en waartoe en waarom noem Ek julle My “kinders”?

14. Waartoe en waarom wil Ek tereg en uit goeie beweegredes, dat julle niemand anders as slegs vir My as die enigste ware Vader erken en bemin, My alleen navolg, My alleen eer, loof en prys en My alleen in alles volkome sal gehoorsaam? - Begryp julle nog niks nie?

15. Maar wat en wie is Ek as julle enige ware Vader dan nog meer?

16. Nou dan, Ek is ook die enige, ewige, oneindige, bo alles magtige, ware God!

17. En as Ek, as julle enige ware Vader van ewigheid tot ewigheid `n God is met alle eienskappe daarvan, wat is julle dan vervolgens as My kinders?

18. Ja waarlik, sê Ek vir julle, julle is ook gode (elohim) soos wat Ek, julle Vader, `n God is, - slegs met daardie onderskeid (dat ook reeds op die aarde, tenminste liggaamlik gesien, iets onveranderliks bly), dat die vader, gesien die volgorde van verskyning, ewig steeds `n vader vir die seun sal bly en die seun daarom nooit `n voorvader van die vader kan wees, of dat hy aan sy vader sou kan sê: “Ek het jou verwek!”

19. Netso min as wat jy kan aanneem dat `n saadkorrel weer uit dieselfde boom te voorskyn sal kom, wat voorheen die saad self voortgebring het!

20. Daarom bly die vader steeds vader en die seun steeds die seun: Dit is `n onveranderlike verhouding.

21. Die groot afstand en die onderskeid tussen My en julle is dan ook, dat alleen Ek die Vader is, julle is egter onmoontlik iets anders as My liewe kinders, wie `n groot erfenis te wagte staan in die groot huis van die Vader!

22. En sien nou, My liewe Rudomin, dit gee jou verhewe droomgesig alles te kenne, deurdat dit jou, en deur jou ook alle ander, die duidelikste getuienis laat sien oor die eintlike wese van My kinders en dit sê tot hulle:

23. Mens, bedink goed en oorweeg diep in jou hart tot Wie jy “Heilige Vader” roep, en waarom!

24. Maak jouself ook waardig in Sy oë deur juis dit te doen wat hierdie heilige Vader van jou hier op aarde van jou verlang, sodat jy `n egte en geheel waaragtige liewe kind vir Hom word, - volkome gelyk aan Homself!

25. Ja waarlik, julle moet volmaak wees, soos Ek dit Self is, indien julle vir ewig die kindskap wil verwerf!

26. Want dit is immers die allerhoogste, dat julle My kinders is en Ek julle Vader!

27. Sodat julle hierdie grootste en mees heilige van alle waarhede nog dieper kan deurgrond, sal ons nou vir Horedon ondervra en goed hoor en sien, wat hy in hom gesien en verneem het! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205