Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woorde van Adam oor die wese van die Satan en die liefde vir vrouens

105 Na die woorde van Abedam gaan ook Adam, om gevolg te gee aan Sy geheime wil na Horadal toe en sê aan hom: “Horadal, staan op volgens die wil van JaHWeH en luister na my!”

2. Horadal staan op en Adam spreek verder:

3. “Sien, daar bruis in al jou are en in die are van die aan jou ondergeskikte volk, asook in die are van al my kinders op die hoogtes geen ander as slegs my bloed nie, omdat ek as eerste mens deur God op aarde geplaas was, - soos my vrou, wie uit my voortgekom het, as die eerste moeder van die hele mensdom wat nou lewe.

4. Slegs `n vader en slegs `n moeder sal die mense in liggaamlike opsig hê, soos daar slegs `n God, `n Skepper en `n oneindige, ewige, heilige Vader vir die gees is.

5. Omdat ek dus die eerste mens geword het en derhalwe in liggaamlike opsig ook die vader van die hele mensdom, kan jy jou goed voorstel hoe groot jou sonde was toe jy my `n monster genoem het.

6. En God, ons aller heilige en mees liefdevolle Vader, die almagtige Skepper van alle dinge, `n ou, swak, wurmagtige god!

7. Maar hoe het dit dan gebeur dat die nakomelinge van Kain so blind en ten slotte so boosaardig geword het?

8. Kyk, luister en begryp! Toe Kain, my eersgebore seun, sy broer Abel uit bitter afguns gedood het, waartoe die bose slang, die Satan of gevallene, wie in die vlees van elke mens, asook in alle materie woon, hom verlei het, - was hy deur God bereg en het hy dag en nag geen rus meer gehad nie. Die aarde het vir hom te klein geword en die uitgestrekte gewelf van die uitspansel te laag, soseer selfs, dat hy nouliks vry kon asemhaal.

9. Hy het geweldig gesug en geween en het so kwaad vir die slang geword dat hy ewige vyandskap vir haar gesweer het. 

10. Maar die slang het hom daarna opgesoek en het ywerig haar bes gedoen om hom weer vir haar te wen. 

11. Maar Kain het gesien dat hy meester oor die slang geword het, omdat sy selfs in die gedaante van sy broer nie teen hom opgewasse was nie.

12. Maar omdat die slang al lank waargeneem het dat Kain `n groot swakkeling was wat die vlees betref, neem sy onmiddellik die gestalte aan van `n baie bekoorlike vrou en benader die swakke met so `n kuise skroomvalligheid, dat hy nie in staat was om sy oë te verbied, om hulle aan die verlokkende vorm van haar bedrieglike wese te verlustig nie.

13. Eers toe dit te laat was, sien hy in welke val die slang hom gelok het; daarop gee hy met sy eie mond die getuienis oor haar, dat sy mettertyd oor al sy kinders, net soos oor God se kinders, sal seëvier. En daardie getuienis leef nou nog by al sy nakomelinge voort.

14. Begryp jy nou waar jy jou in jou gees bevind?

15. Sien, dit is die vreeslike klip waarop julle almal skipbreuk gely het!

16. Volgens daardie getuienis het julle almal dienare van die vlees geword en soos die vlees vir Kain, wat uit myself voortgespruit het, verlei het, so het dit julle almal ook verlei.

17. Die slang het julle dogters getooi met die mooiste vleeslike vorm en niemand kon dit weerstaan nie; daarom het julle, in stryd met elke goddelike orde, die veelwywery ingevoer, terwyl ek tog volgens die goddelike orde as `n man, en Eva as `n vrou, ontstaan het deur die oneindige liefdeskrag van die Een wie nog in ons midde vertoef, en jou so-ewe driemaal die liefde aanbeveel het, omdat alle vleeslike liefde moet oorgaan in die lewe van die siel, vervolgens al die lewe van die siel in die gees en as die verenigde liefdeslewe uit die vlees sowel as uit die siel in die gees vanuit die gees in God moet oorgaan!

18. Maar hoe kan julle dit met julle veelwywery doen?!

19. As julle in die mag van die vlees bly, sal julle dan ook nie daadwerklik bly laster nie, soos julle woordeliks al lasterend hier op hierdie heilige, suiwer hoogtes aangekom het?!

20. Want as die goddelike orde slegs een vrou aan die man gegee het, sodat sy stryd eenvoudig sal wees en hy des te makliker die vyand kan oorwin wat deur die wellus van Kain veroorsaak is, - hoe dink julle dan ooit om volledig te kan seëvier oor hierdie ergste vyand, as julle julleself so geheel en al in haar vet arms werp?!

21. Ontdoen jou daarom van veelwywery en tree terug in God se ou orde, dan eers sal julle die dood heeltemal kan oorwin, wat as `n allergiftigste slang in julle vlees woon as die ou Satan, wat nie na my wou terugkeer nie, maar hom in die vlees van my afgeskei het en leef nou self in alle vlees as `n ou vors van alle leuens!

22. Horadal, neem dit ter harte, as jy as oorwinnaar tot die ware lewe wil kom!

23. Neem daarom ook hierdie onthulling tesame met my seën met jou saam in die land wat die Heer vir jou ingeruim het; dan sal die drie mees heilige woorde jou tot lewe strek, maar anders tot jou ewige dood! Begryp dit goed! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205