Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se verdriet oor die feit dat die mens niks verdienstelik kan doen vir God nie. Kisehel wys op die deemoed as die begin van die suiwer liefde

207 Na hierdie woorde van Kisehel was Lameg weliswaar veel opgewekter, maar tog soos iemand wat graag baie vrolik wil wees, maar daarby nie kan verberg dat hy `n baie noue skoen aan sy voet het, wat voortdurend knel nie.

2. Weer bemerk Kisehel die toestand waarin Lameg verkeer, gaan na hom toe en sê toe vir hom: "Luister, broer Lameg, ek moet jou sê dat jy nog glad nie in jou siel vry is nie!

3. Heimlik pieker jy oor die een of ander iets en jy kan maar nie tot `n oplossing kom nie; sê my wat jou nog bedruk, en ek sal jou met graagte lig verskaf oor alles en jou met die barmhartigheid van God uit elke nood help!"

4. En Lameg wend hom heel vriendelik tot Kisehel en sê: "Magtige vriend en broer, ek loof en prys nou die Een wat ewig leef, wie se gesag geen einde ken nie, en wie se ryk en almagtige heerskappy oneindig is en ewig en ewig voortduur!

5. Ja, ek, Lameg, eer, loof en prys Hom nou, teenoor wie almal wat op aarde woon en magtig is, as suiwer niks gereken kan word nie!

6. Want Hy doen, soos wat Hy wil, met die kragte in die hemel, sowel as met die op aarde, en niemand kan Hom teenhou en niemand aan Hom vra en vir Hom sê: 'Wat doen U nou, Almagtige?'

7. Want Hy is `n enige God en kan doen wat Hy wil. Wie Hy wil straf, straf Hy; wie Hy wil verdeemoedig, verdeemoedig Hy; wie Hy wil versoek, versoek Hy.

8. Wie Hy sy sondes wil vergewe, vergeef Hy sonder voorbehoud; as Hy iemand wil dood, dan dood Hy hom wanneer Hy dit wil en Hy hoef nie vir hom te sê: 'Môre sal Ek jou dood!', maar wanneer Hy dit wil; niemand kan Hom tot verantwoording roep en niemand Hom bereg nie, - want Hy is verhewe bo alle hemele en bo alle mense van die aarde!

9. Sien broer, dit weet ek nou alles! Maar met dit alles is ek tog nie veel geholpe nie; want ek kan nou dink wat ek maar kan en wil, uiteindelik kom dit tog hierop neer: God alleen is alles in alles; ons almal tesame geneem is heeltemal niks ten opsigte van Hom nie!

10. Die enigste, naamlik dat ons Hom kan en mag liefhê, loof en prys is iets wat ons alleen aangaan; maar ten opsigte van Sy almagtige, oneindige en ewig goddelike wese beskou is dit ook niks! Want as ons, alle mense en diere van die aarde en alle kragte van die hemel, ten opsigte van Hom niks is nie, wat is ons liefde, ons lof, ons eer wat aan Hom betoon word en al ons prysing vir Hom dan eintlik?!

11. Daarom kan ons Hom in die eintlike sin ook gladnie liefhê nie, nie loof nie, nie eer en nie prys nie, - maar as ons dit doen, doen ons dit alleen terwille van ons eie tevredenheid! Want wie is in staat om God te verhoog, terwyl Hy al van ewigheid die Allerhoogste is?!

12. Wie kan God deur sy lof verheerlik, Hom, vir wie die hemel en die aarde niks is nie?! Wie kan Hom liefhê, Hom, die oneindige mag, krag en die gesag?! Wie kan hom `n passende offer bring aan Hom, wie se oerewige eiendom alles is!

13. Dus doen ons alles immers maar vanweë onsself en kan eintlik ten aansien van God onmoontlik iets doen!

14. En tog sou ek dit alles graag alleen vanweë God doen en nie op hierdie manier, noodgedwonge vanweë my eie welsyn nie!

15. Maar hoe is so iets moontlik, gesien vanuit hierdie ware standpunt?

16. Ek sien nou baie goed in dat al die versoekings alleen van God se groot barmhartigheid afhang en ons Hom alleen maar ewig dankbaar kan wees, dat Hy ons so gedenk, Hy, die oneindige, ewige God!

17. Maar dat ons heeltemal niks vir Hom kan doen nie, dit bedruk my siel nou, maak my hart bedroef!

18. O broer, dit kan jy nie in alle dieptes en uiterstes voel, soos ek, die groot skuldenaar nie! Al was jy ook `n skuldenaar, dan tog nie in die omvang waarin ek dit was nie, - en daarom kan jy, soos gesê, ook nie so ondergaan soos ek nie, wat dit beteken om `n skuldenaar te wees en vir die skuld geen genoegdoening aan te bied nie!

19. Nou weet jy alles wat my bedruk; gee my raad as jy kan en as dit vir jou moontlik is!"

20. Hierdie woorde bring vir Kisehel tot verbasing, en hy wis werklik nie dadelik wat hy daarmee moes doen nie; maar toe My Gees vir hierdie doel weer oor hom kom, troos hy Lameg met die volgende woorde:

21. "O broer Lameg, wat jy nou voel, dit voel ons almal al lank en nou des te meer, omdat jy dit met ons saam beleef; maar daarby weet ons uit die heilige mond van die Heer Self ook, dat nou juis die dank van ons kant af vir Hom die aangenaamste is, as ons ons totale nietigheid ten aansien van Hom begryp!

22. As jy geen woorde meer in jouself vind om Hom te dank nie en geen offer wat Hom volledig waardig is nie, dan is jy `n waaragtige danker, pryser en aanbidder van God, van die heilige Vader!

23. Sien, dit is die egte deemoed, en dit is die saad vir die ewige lewe in God!

24. Dit is die begin van die suiwer liefde, - en daardie laaste is die ewige lewe self!

25. Wees daarom hoogs verheug en opgewek; want juis hierin is nou die ewige gees van die ware ewige lewe wat jou ten deel geval het!

26. O Lameg! Broer! My vreugde oor jou het groot geword!

27. Bly so, dan sal jy ewig, ewig, ewig lewe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205