Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die volkome godsbegrip van die vier twyfelaars. Die wysheid as vrug van `n lewende hart

164 Daarop lei Henog die viertal self na die heilige Abba en sê daar vir hulle: "Broer, sien, hierdie vir julle nog volkome onbekende, is Hy oor wie ek julle so flussies vertel het dat Hy julle eers die hoëre wysheid oor JaHWeH en dan ook oor my sal meedeel! - Luister na Hom en volg Hom! Amen."

2. En dadelik tree Abba na hulle toe en vra hulle: "As die verlies van JaHWeH deur die woorde van Henog julle so in die war gebring het, dat julle hart selfs vyandig gestem was jeens die hoëpriester, sê My dan welke voorstelling julle van JaHWeH het!"

3. En die eerste van die vier neem onmiddellik die woord en sê taamlik moedig:

4. "Goeie man, vriend en broer, dit is wel buitengewoon moeilik om `n korrekte antwoord te vind op dit wat jy vra, - maar dit is nie so moeilik om jou oor algemene idees oor JaHWeH mee te deel nie, dit wil sê, soos wat dit by ons en onder ons algemeen gangbaar is; verneem dit dan!

5. Onder God verstaan ons die Oerkrag wat die gehele oneindigheid vul en ewig bo alles volkome is, en Hy van Homself allerweë uitermate bewus is.

6. Hierdie Krag kan Haar oral uiter, daar Sy in feite die geheel volmaakte, absoluut vrye wil is, wat volgens die idees werk wat in Homself ten grondslag lê. Die idees ontwikkel hulle in hierdie wil en in Sy eie, uit voortdurende werksaamheid ontspringende lig, in eindelose volheid en grootste helderheid.

7. Sien, dit is ons algemene voorstelling van God. Wat origsins die substansiële wese van hierdie eindelose, Ewige oerwilskrag betref, dit gaan ons begrip dermate te bowe, dat ons onmoontlik `n geldige uitspraak daaroor kan maak.

8. Vermoedens kan en mag nooit as leerstellinge opgegee word nie!

9. Aan die ander kant kom dit altans vir my en sommige ander voor, dat hierdie eindelose wilskrag hom nagenoeg dieselfde as ons liefde moet uiter, omdat alles wat ons ook maar beskou, die onmiskenbare getuienis in hulleself dra.

10. Selfs die klip, die lewelose, swyg nie op die punt nie, maar spreek in `n sekere sin as volg deur Sy wese: 'Omdat my dele vir my kosbaar is, hou ek hulle vas aan my magtige sentrum!'

11. En as `n klip dit al onmiskenbaar laat sien, dan is alle ander dinge tog nog sprekende getuies daarvan en ons, mense met `n selfbewussyn, het die allermeeste, aangesien ons almal in wedersydse liefde verwek was!

12. Volgens die grootse vermoede durf ons dan ook te beweer, dat God in Homself die suiwerste en mees heilige liefde is en Hom vanuit hierdie liefde kan uiter as JaHWeH of as die goeie, wyse en almagtige Skepper van alle dinge in die mens en ook daarbuite eweneens as `n mens weliswaar altyd slegs in die mees volkome sin, en wel in die mens as die suiwerste liefde tot Sy goddelikheid en buite die mens as `n magtige werkende krag oftewel in `n sigbare, menslike gedaante, waaraan Hy egter, soos wat aan te neem is, natuurlik nie gebonde is nie.

13. Sien, liewe, goeie man, vriend en broer, dit is in Sy algemeenheid dan ook alles wat ons oor die wese van God weet! Nou is dit aan jou om ons mening goed te keur of te laak!"

14. En Abba sê daarop vir die viertal: "Jou antwoord was volmaak; want dit is werklik soos wat jy dit hier meegedeel het!

15. Maar tog het al die wysheid geen enkele nut vir julle as sy `n werk is van eie nadenke of van dit wat aan julle onderrig is nie!

16. As so `n wysheid werklik vir julle tot nut sal wees, dan moet sy tot `n lewende, duidelik gevoel in die hart word, of wat natuurlik die allerbeste is, sy moet uit die bewussyn van die hart voortkom.

17. Is die een of die ander die geval, dan sal die daardeur gewekte eie lewenskrag as `n voortdurende getuie optree en sal aan iedereen duidelik verkondig dat God die suiwerste en mees heilige Liefde Self is, waarin geen enkele wese, en wel die allerminste die ware kinders van hierdie liefde, ooit ten gronde sal gaan nie!

18. Vir diegene wat God nie op hierdie wyse gevind het nie, is God so goed as geen God vir hom nie, omdat Hy geen God van die lewe is nie, maar slegs `n God van `n spekulasie van die menslike vernuf; die spekulasie bly vir so lank orent, totdat sy deur `n ander een verdring word.

19. Maar wie God in en vanuit Sy lewensgrond gevind het, die het Hom wesenlik gevind en geen enkele mag sal ooit nog in staat wees om Hom te verdring nie!

20. Sien, so is dit in werklikheid! Gee My nou julle mening oor Abedam en oor die hoëpriester Henog te kenne, sodat Ek julle ook in die opsig kan korrigeer! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205