|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 249
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die groot maaltyd. Die stryd tussen die te laat gekome armes en die dienare voor die deur van die saal. Die halfnaakte arme as die Heer Self
249 En so begeef dan die hele geselskap wat Henog gevolg het, hulle na die tafel wat reeds met allerlei vrugte belaai was.
2. Almal dank die Heer vurig in hulle harte vir so `n barmhartigheid en smeek Hom ook dat Hy verder en altyd met Sy verhewe seën en barmhartigheid by hulle sal bly en hulle sal beskerm teen elke geestelike en liggaamlike kwaad.
3. Na hierdie innige, intense bede, seën Henog die spys en die drank in die Naam van die Heer en sê daarop: "Nou dan, liewe broers en liewe susters, laat ons welgemoed ons liggame versterk en eet en drink in die Naam van die Heer!"
4. En almal neem van die vrugte, wat egter nié op die hooftafel verander was nie; maar Lameg het eerder `n groot eetlus vir die edel vrugte gehad.
5. Henog sê egter vir hom: "Broer Lameg, die Heer het baie diere geskape, wat slegs bestaan om dag en nag te vreet; maar ons mense het Hy nie die lewe gegee om maar net te eet nie, maar om ons in die gees te vervolmaak en ons moet daarom maar net met mate eet, vanweë die daartoe noodsaaklike liggaamlike lewe, maar nie om maar net in hierdie skynlewe, as dit kan, die beste en edelste vrugte van die aarde sonder doel en sonder maat te eet nie!
6. Verlang daarom nie na die edel vrugte, wat die tafels van jou gaste versier nie, maar bly dankbaar by wat die Heer vir ons toebedeel het!"
7. Deur hierdie woorde was Lameg volkome tevrede met wat daar op sy tafel gestaan het, en hy laat dit heel goed smaak vir hom.
8. Maar toe elkeen so eg vrolik en opgewek eet en drink, ontstaan daar voor die deur van die troonsaal `n woordestryd, wat dreig om steeds heftiger te word.
9. Lameg staan dadelik op om te kyk wat daar aan die gang was.
10. Toe hy by die deur kom, sien hy enkele armes daar aan wie die toegang geweier word deur enkele stewige bediendes van Lameg, omdat hulle te laat gekom het en dit nou nie gepas was om die saal binne te gaan nie, omdat die hoë geselskap hulle alreeds daar bevind het.
11. Maar toe Lameg die onbetaamlikheid van die kant van sy bediendes sien, word hy byna kwaad en sê vir die dienare: "O julle vreeslike slangegebroedsel! Dank God die Heer, dat Hy nou my geregtelike toorn in toom hou! Waarlik, anders sou daar vir hierdie daad, die diepste van al my gevangenisse julle lewenslange deel geword het!
12. As julle my dienare is, wag dan op my bevel, en handel daarvolgens soos julle hoofman Brudal dit doen; maar elke eiemagtigheid moet ver van julle bly!
13. God is nou my en julle enige God, maar Hy het julle beslis nie opgedra om die armes van my af weg te hou nie. Daarom het julle blind en eiemagtig gehandel!
14. Ek sê nou vir julle vir die laaste keer, dit is julle laaste eiemagtige optrede! Doen julle nou net weer so-iets, dan sal julle naak na die mees verlate woestyn verstoot word deur my!
15. En gaan nou na julle huise en berou julle daad, sodat God dit julle mag vergewe! -
16. Julle, my arme broers, kom saam met my en versterk julle in die saal met spys en drank!"
17. Maar een van die tien armes sien daar baie deerniswekkend uit, want hy was byna halfnaak, en hom het die bediendes die toegang ook die meeste geweier.
18. Maar toe Lameg hom sien, word hy tot trane beweeg en sê vir hom: "O my arme broer, kom hier in my arms! Jy het slegs deur my toedoen arm geword! Waarlik, aan my sy sal jy deur die barmhartigheid van die Heer die rykste word! Kom dus saam met my na my tafel!"
19. Maar die arme sê vir Lameg: "O goeie koning, ek wil jou volg; maar laat die bediendes wat my wou mishandel het, nie in ongenade val nie, maar vergeef hulle geheel en al, soos wat ek hulle ook van ganser harte vergewe het!"
20. Hierdie woorde van die arme man breek Lameg se hart heeltemal, sodat hy ween; hy stuur ook dadelik `n ander dienaar om aan die harde dienare hulle vryheid te verkondig. Lameg gaan egter met sy arme gas die saal in en gee hom sy plek.
21. Nou kom die hardvogtige bediendes, wat sagter geword het, ook en val dankbaar voor Lameg neer. En Lameg strek sy hande uit en help hulle opstaan en begroet hulle as broers.
22. Die arme staan egter op, tot trane toe geroer, omarm vir Lameg en sê vir hom:
23. "Lameg, nou het die ewige lewe jou omvat, en Ek, jou God en jou Heer, wil nie net vir jou `n Vader nie, maar ook `n ware Broer wees! En so sal Ek hierdie aarde vir ewig bewoon!"
24. Nou herken almal die Heer in die arm Broer.
|
|
|
|
|