|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 23
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die bo-aardse skoonheid van Ghemela en Purista
23 Daar kom in die hart van sommige vaders die begeerte op om te weet welke van beide die vroulike lieflinge van Abedam wel die mooiste was. Daarom gaan die sanger Kenan na Abedam toe om Hom daar in die naam van nog enkele ander navraag te doen.
2. Abedam was hom egter voor en vra hom: "Kenan, sal jy in jou hart tevrede wees as Ek dit net vir jou sou sê?"
3. En Kenan antwoord Hom: "Heer en Vader, - wat moet ek U hierop vir `n antwoord gee? U kyk tog in my hart! So veel weet ek, dat my en ons verlange van tweevoudige aard is. Ons ook sou graag die gelaat van Purista wil sien, soos ons maar net vanuit die verte die van Ghemela sien, maar daarnaas ook `n woord van U verneem wie vir U die mees welgevallige is, want anders weet ons nie waaraan ons toe is nie, - welke van die twee tog wel meer is in U oë?!
4. Sien, ons het al byna ons koppe gebreek daaroor en ons harte gepynig en kon nie tot `n regte oordeel kom nie!
5. Die heil van die mensdom hang weliswaar nie daarvan af nie, maar om te weet wie vir U die mees welgevallige is, is waarskynlik ook geen geringe newedoel van die aardse lewe nie! As dit dus U Heilige Wil mag wees, sou U dan so barmhartig wees om die versoek in te willig!"
6. En daarop sê Abedam vir Kenan: "Laat al die nuuskieriges dan hierheen kom en ons sal sien, hoe hulle oordeel sal uitval! Amen."
7. En Kenan roep terstond diegene nader wat dieselfde wens gehad het as hy; en Abedam roep Ghemela en Purista na Hom toe en neem Ghemela op Sy linker- en Purista op Sy regterarm en vra hulle met `n sagte stem om hulle te onthul voor die vaders.
8. Beide vee dadelik hulle weelderige haredos uit hulle gesigte en kyk al die vaders vol eerbied en met lieflike vriendelikheid aan.
9. Toe die nuuskierige vaders egter hierdie twee boaardse skoonhede aanskou, word hulle, asof deur die bliksem getref, teen die aarde gewerp en geeneen van hulle durf sy oë weer ophef om beide die skoonhede nog eens te aanskou en hulle te beoordeel nie!
10. Abedam vra aan Kenan: "Nou, jy ou sanger wat My eer verkondig, wat dink jy nou: Welke van hierdie twee is die mooiste en welke lê My die naaste aan My hart? Omdat jy nou beide gesien het, kan jy My tog wel `n oordeel gee?!"
11. En oor sy hele liggaam bewend antwoord Kenan: "O Heilige Vader, magtige God! O, laat my nou in die huid van `n esel kruip, ek is `n groot sot, ek is `n dwaas! Wat het ek gedoen en wat het ek aangehaal?!
12. Ek wou as blinde op onsinnige wyse regter speel, ja `n onterende regter wees tussen twee stralende hemelse sonne, waarvan sowel die een ewe na aan die hart en verhewe is as die ander een, en beide deur die heilige hemelse Vader op Sy hande gedra word!
13. Links of regs, son in die môre of son in die middag en die aand, - welke is die mooiste, welke is die meeste `n son?
14. O dwaasheid, o dwaasheid, - wie het jou gevoed, terwyl jy so lank verborge was in my anders tog so kritiese inbors?!
15. O Heilige Vader, ewige Liefde, vergewe my jammerlike gesukkel, dwaas, nar, os, esel, wurm in die stof, blinde mol. Gee nie aan ons, varke, U heilige woord nie, waaroor ek vark, U nou net gevra het; want ons is dit nie werd om die stem uit die mees heilige mond te hoor nie, nie werd om `n heilige oordeel te verneem oor die engele van die engele uit die suiwerste hemele nie!
16. O welke glorie en watter prag! – O, U ewige sagtheid, deemoed, trou, U liefde van die Liefde, U heilige, - hoe skep U tog wesens, wonderlike kinders uit Uself?!
17. Verstom, jou onryp, duistere, koue tong; want gewyd, te gewyd is Hy voor wie jy armsalige geklets uitkraam, of kan jy in erns wyse woorde spreek. Daarom swyg maar, swyg, jou onrein werktuig van die onsin, van die dwaasheid en die grootste sotheid!
18. O Heilige Vader, vergewe, vergewe ons blindes, ons jammerlike dwase, U Heilige Wil geskied, U Amen, U Amen, U Amen!"
19. En Abedam laat beide weer hulle aangesig voor die vaders bedek en sê vir hulle: "Julle is beide vir My ewe dierbaar en die een is nie minder as die ander, en geeneen van beide van julle is meer as die ander nie; bly daarom soos julle nou is, dan sal julle My ook steeds so naby wees as nou! Amen."
20. Na hierdie woorde sit Abedam hulle weer baie saggies op die grond. Hulle sink egter beide dadelik neer voor die voete van Abedam en begin, eenstemmig van hart, Abedam met die volgende kort, innerlike woorde, wat hulle nie in staat was om uit te spreek, te dank, te loof en te prys:
21. 'Heilige, liefdevolle Vader, vol van die grootste sagtheid, aanwysinge, geduld en mededoë, hoe is ons, hoe kon ons dan so `n barmhartigheid vanuit U, meer as Heilige Vader, waardig wees?
22. U waardeer ons weliswaar, maar is ons hierdie waardering wel werd?
23. Die verhewe vaders is vanweë ons voor U en voor alle kinders tot skande gemaak; ons alleen het en dra die skuld daarvan op ons gesig, omdat U heilige barmhartigheid ons waarskynlik mooier gevorm het as miskien `n ander vrou, wat net so swak is soos ons.
24. Dog aan U, meer as heilige, allerbeste, liefdevolle Vader, sy ewige dank en al ons liefde, lof en prysinge vir alles, vir hoe en waarom U ons aldus gevorm het; want elke gawe van U is immers altyd `n hoogs wyse en allerbeste gawe!
25. Ons het nou slegs medelye met die verhewe vaders, omdat hulle vanweë ons hier op die grond lê en smag, treur en selfs ween!
26. O, liefste Vader, wat ons alleen en bo alles liefhet, erbarm U oor hulle en versterk hulle weer met U enigste bo alles heilige liefde, maar vergewe ons ook, omdat dit tog seker ons skuld is dat die verhewe vaders hier in U teenwoordigheid so treurig verkeer! U Heilige Wil geskied nou, soos in alle ewigheid van die ewighede!'
27. En Abedam sê vir hulle: "My liewe dogtertjies, moet julle nie onnodig bekommer nie! Sien, diegene wat so voor My geregverdig en deemoedig is, is beslis nie so beklaenswaardig as wat julle dink nie, maar juis die teendeel; want niemand is nader aan My en Ek is by niemand nader as juis in sy toestand van groot deemoedigheid voor My nie. Dit is nou ook die geval by die vaders, waarmee julle in julle tere hart so `n medelye het en waardeur julle julleself onnodig beskuldig omdat julle allermins skuld het.
28. Of glo julle dalk dat diegene wat Ek op My arms dra, ondanks hulle vrye wil, in staat kan wees tot `n sonde?!
29. O, wees daarom maar bly en vrolik; want dit het Ek al van die ewigheid voorsien! Daarom het julle geen skuld nie; gaan egter na die vaders toe en vra hulle in My Naam om op te staan! Amen."
30. En beide hardloop dadelik op hulle vaders af en berig die wil van die Heer aan hulle.
31. Toe staan die vaders op en loof God met `n luide stem.
32. Abedam laat beide eers teruggaan na hulle familie en vra daarop aan Kenan:
33. "Nou, - aan wie ken julle nou die lofprysinge toe?"
34. Maar Kenan lê sy hand op sy mond.
35. En Abedam sê vir hom: "Soos wat jy geen oordeel het nie, het Ek dit ook nie; want van twee liefstes sal daar wel geeneen die liefste wees nie!
36. Maar tog is daar `n verskil tussen hulle; maar die aarde het geen oog vir dergelike verskille nie!
37. Keer nou dus weer na julle vorige plekke terug! Amen."
|
|
|
|
|