|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 185
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Lameg erken en prys God se vaderlike liefde en goedheid. Hoe die berou en die liefde van die bekeerde die vuil van die sonde in suiwer goud verander
185 Toe Lameg dit van Kisehel hoor, kniel hy en spreek met opgehefde hande: “O God, o God, hoe groot moet U liefde wel wees, dat U vir `n sondaar so barmhartig en vol medelye kan wees!
2. Die op hande synde werk waarvoor ek my nou in my hele wese te onwaardig voel om eiehandig te verrig, het U van my laat afneem en ander hande opgedra om dit in my plek te doen; U het my, die alleronwaardigste, daardeur veel te waardig bejeën!
3. O God, o God, hoe goed moet U wees, dat U die mees verworpe sondaar in die nietigheid van sy grofste gruweldade aansien, asof hy so goed soos nooit teenoor U gesondig het nie!
4. O allergelukkigste vriende van my hele wese en van my waaragtig arme volk, welke armoede, alleen deur my veroorsaak, wat vir my helaas nou eers in haar diepste wese duidelik begin te word, wat se gevoel moet daar in julle harte gloei, soos julle bedink en in julleself sonklaar insien, dat God die almagtige God! - die allerhoogste liefde, julle Vader is!
5. O groot en magtige kinders van die almagtige God, sê dit vir my, soos julle dit kan, sê dit, wat voel julle dan telkens as julle hart julle sê: “God is my Vader!”
6. Wat `n oneindige kloof tussen my en julle! Julle, gebore uit God se ewige lig en vir ewig tot lewe gewek deur Sy oneindige vaderliefde, - ek, `n kind van die gebroedsel uit die slyk van die aarde, `n seun van die slang, soos vader Kain dit was!
7. O vriende, nou sien ek eers heeltemal in waarom slange hulle so graag in die son baai! Die warm lig van die son doen hulle verseker net so goed, soos dit my nou goed doen om in die teenwoordigheid van julle te wees, kinders van die ewige lig in God, julle meer as heilige Vader!
8. Ja, ja, ook die kinders van die aarde verheug hulle in die heerlike strale van die son; netso verheug die groot sondaar Lameg hom nou ook in julle heilige, ewige lig, wat julle vol lewe omstraal uit die hart van Hom, wie se Naam gewyd, gewyd, gewyd is! - hier, waar ek nou kniel en ween, wat allerskandeliks deur my ontheilig is!
9. O kinders van die ewige God, hier, hier, waar ek kniel, hier het ek al my gruweldade met die grootste daarvan bekroon; hier is die mees heilige Naam deur my op die kliptafel begrawe!”
10. Toe begin Lameg geweldig te huil, en Kisehel gaan dadelik na hom toe, gryp hom onder die arms, tel hom op en sê toe aan hom: “Geliefde broer, broer Lameg! Sien, ek en ons almal noem jou nou `n broer; hoe kan jy dan van die groot kloof tussen ons en jou spreek?!
11. Sê my, geliefde broer Lameg: voel jy `n groot en oorweldigende liefde tot God in jou hart?”
12. En Lameg antwoord ontroerd: “O vriend uit die verligte hoogte! Was my hart en my hele wese nie so deurdring van `n soortgelyke liefde, wat my hart ewenwel hoogs onwaardig is, hoe sou ek dan kon vermoed wat julle soos waaragtige kinders moet voel wanneer julle bedink dat God julle Vader is?!”
13. En Kisehel neem gloeiend van vreugde Lameg by die hand en sê met luide stem: “O broer, ons heilige Vader vir ewig alle dank, alle lof, alle eer, al my liefde en alle prysinge, omdat hy my die groot geluk toebedeel het om weer `n geliefde broer, wat verlore was, te vind!
14. Broer Lameg verheug jou grootliks met my; want glo my, ons is nou kinders van een en dieselfde Vader in die hemel en daar is nou geen kloof meer tussen ons en jou, soos wat jy gedink het nie, maar, soos gesê, ons is kinders van een en dieselfde Vader!
15. Want as dit nie die geval sou gewees het nie, dan sou ons nie na jou toe gekom het en God sou nooit met jou gespreek het nie!
16. Maar omdat ons na jou toe gekom het om jou en jou hele volk van ondergang te red, is dit tog volkome duidelik, dat jy, net soos jou volk, in ewigheid en sedert alle tye ons broers is!
17. Verheug julle daarom; want julle was verlore en julle is nou weer gevind!
18. Daar is immers altyd groter vreugde gewees oor dit wat mens verloor en weer teruggevind het, as oor alles wat mens altyd besit het.
19. Daarom verheug ons onsself nou ook honderd keer meer oor jou, as oor al diegene op die hoogte wat altyd daar voor ons oë gewandel het!
20. Die tafel het jy al uitgegrawe en met jou trane van liefde en berou gereinig. Sodoende het jy die vuil waarin jy die tafel bewaar het, in louter goud en kosbare edelstene verander!
21. Laat die arbeiders daarom hierdie plek hier open, dan kan jy sien waarin jou berouvolle, liefhebbende hart die vuil verander het!”
22. En Lameg sê daarop aan sy knegte: “Aangesien dit die heilige wil van die groot God is, kom hier en maak hierdie plek oop!” En die knegte kom nader en begin in die aarde te grawe.
23. Hoe verbaas was alle omstanders nou saam met Lameg, toe hulle na die oopmaak van die aarde op suiwer goud en edelstene afkom, wat van `n onskatbare waarde was!
24. En toe hulle eers na `n uur se grawe by die tafel self kom en dit aantref soos `n helder verligte karbonkel met die stralende teken van JaHWeH, val hulle almal ter aarde neer en aanbid die mees heilige Naam.
25. En Lameg slaan hom op sy bors en roep: “O God, wees my barmhartig en betoon medelye aan my!”
|
|
|
|
|