|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 139
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die twyfel van die piekeraars oor die oneindige en eindige wese van God en Abedam se duidelike antwoord.
139. Met hierdie opheldering het baie saam met Jared, baie bly geword; maar sommiges het dit nog nie so goed verstaan nie, vandaar dat hulle gedagtes nog besig was met die twee hoedanighede van God se wese, naamlik, enersyds die oneindige en andersyds met die God wat voor hulle gestalte aangeneem het.
2. Die een argumenteer teenoor die ander: "Ja, ja, die oneindige kan ewemin êrens binne die grense van die eindigheid tree as wat die eindige die oneindigheid ooit totaal kan vul!"
3. "Derhalwe", sê `n ander, "moet ons daarom miskien selfs twee Gode aanneem, een eindige, dit wil soveel sê as `n goddelike wese wat gestalte aangeneem het en daarnaas `n oneindige, of wel `n goddelike wese wat geen gestalte het nie?!"
4. `n Derde merk weer op: "Maar ek dink soos volg: Omdat ons God tog noodsaaklikerwys in elke opsig as oneindig volmaak moet voorstel vir ons, kan Hy slegs Eén wees, naamlik in elke opsig `n oneindige God: Want `n wese wat `n begrensde vorm het, moet immers logies ook ander beperkings hê! Maar hoe rym dit met die oneindige volmaaktheid?"
5. `n Vierde merk op: "Ek kan my gedagtes draai en wend soos wat ek maar wil, maar dit is vir my net onmoontlik, om die oneindige van die ruimte weg te dink, - en dus ook die Ewige!
6. Want ook al laat ek êrens in die eindelose verte die ruimte deur `n eindelose ver uitgestrekte ringmuur begrens, dan dring my gees tog al weer vinnig deur die skeidings of grensmuur heen en sien niks anders vir homself as die ruimte wat homself altyd maar verder uitstrek na alle kante in oneindige dieptes nie.
7. Ek volg hierdie dieptes dan weer eindeloos ver en rig my in die eindelose verre dieptes opnuut nog `n eindeloser ringmuur op; hou die ruimte dan die een of ander tyd hier op? O, beslis nie!
8. My gees dring ook deur hierdie muur ook al het hy hom byna eindeloos dik gemaak, - en wat sien hy dan agter hierdie muur?
9. Niks anders as dat die oneindige ruimte homself net nog verder uitstrek en nog oneindiger verdiep!
10. Maar met die beskouing verrys die volgende vraag tog: Is hierdie oneindige en ewige ruimte die wese van God, of is die ruimte van God se wese vervul?
11. As dit noodwendig die geval is, laat elkeen homself dan afvra, soos wat Jared aangeraai het, wat hy in sy beeldvorm is? `n Suiwer niks!
12. Want tussen die eindige en die oneindige kan ewiglik nooit `n ander verhouding bestaan as die van die volkome oorgang van die eindige in die oneindige nie.
13. En dan het ons in die geval werklik geen God nie, deurdat ons waarlik absoluut niks ten opsigte van Hom is nie!
14. Maar het God `n gedaante soos ons en is Hy daarby tog van `n Ewige duur en is die buitengewoon sterke mag van Sy wil werksaam in die eindelose ruimte, dan verrys tog ook weer die vraag: Het Hy met Sy wil, hoewel dit reeds sedert ewighede van Hom af uitgaan, tot op hede reeds die volle oneindigheid van die Ewige ruimte deurdring?
15. Dit kom my ondenkbaar voor, omdat die oneindige tog ewig nooit geheel en al te vul is nie!
16. Maar as God se wese tog wel `n gestalte het, dan kan ons onsself weer opnuut afvra of in die een of ander verre diepte van die ewig oneindige ruimte nie `n tweede, ewe magtige Godheid homself bevind nie, wie se wese `n gestalte het, en miskien ook nog `n derde en so verder tot in die oneindige, welke Godhede ons dan tog seker niks meer aangaan nie?"
17. Na hierdie oorweginge slaan sommiges hulleself weer op die bors om dan jammerlik uit te roep: "Tribihal, Tribihal, wat het jy gesê?!
18. As dit so is, - watter stryd staan dergelike gode te wagte, as hulle mekaar ontmoet met die groot mag van hulle wil in die weliswaar eindelose dieptes van die oneindige ruimte!"
19. Hierop staan Abedam weer op, roep alle piekeraars na Hom toe en sê aan hulle: "O julle groot narre, watter onsin het julle uitgebroei?! Waarlik, Ek wil dit nie herhaal nie en wil dit ook van niemand meer hoor nie!
20. Om `n einde te maak aan julle eindelose dom gedromery, het Ek erbarming met julle dwaasheid en wil Ek julle `n ware lig gee vir julle duister harte, luister dus: Wat julle die oneindigheid van die ruimte noem, is die Gees van My wil, wat sedert ewighede hierdie eindelose ruimte geskape het en haar oral gevul het met wesens van allerlei soorte. Hierdie Gees het egter `n sentrum wat `n wesenlike gedaantevorm het, waarin alle mag van hierdie oneindige Gees verenig is om werksaam te wees en die magsentrum van die oneindige goddelike geesteswese, is die liefde, wat die lewe is van hierdie gees; en hierdie liefde is Ek sedert ewigheid.
21. Hoewel God se Gees Homself oral in Sy werke kan openbaar, kan Hy Homself egter nie in `n uiterlike vorm manifesteer sonder die liefde nie; maar waar God dan in `n gedaante sigbaar word, maak Hy dit vir eindige wesens soos julle moontlik deur Sy liefde, wat God se oorspronklike grondwese is, waar alle mag, krag en gewydheid van die oneindige Gees saamkom.
22. Sien, dit is die wese van God in alle waarheid, en dit kan slegs met die hart, maar nooit met die verstand begryp word nie!
23. Neem dit in julle hart op, dan sal die oneindige ruimte julle nooit meer in die war bring nie, en die ophande synde oorlog tussen die gode waaroor julle spreek, sal uit julle koppe verdwyn! Amen."
|
|
|
|
|