Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se woorde oor die oorwinning en sy deemoedige bekentenis. Kisehel se beantwoording

198 En Thubal-Kain gaan nou met `n blye gemoed na sy vader Lameg, kniel daar neer, oordink sy hele vroeëre handel en wandel en bid daarna vol berou tot die, nou deur hom erkende enig ware God, om vergewing vir alles wat hy teen die duidelike vermanings van sy hart in gedoen het.

2. Die verheerliking van die mees heilige Naam het ruim `n uur geduur toe Lameg ten slotte versterk en vol vreugde opstaan en voor die troon uitroep: "Dit is beveg; die groot oorwinning het my ten deel geval!

3. O verneem dit, alle volkere! Die God, die oneindig magtige Skepper van hemel en aarde, die ewig groot God, teenoor wie ons almal op `n gruwelike wyse gesondig het, het ons aangesien en het terwille van ons groot blindheid die regverdige oordeel opgehef, waardeur ons almal vir ewig deur die dood verslind sou wees!

4. Daarom wil ek my lewe lank juig, omdat die Heer so barmhartig en vol groot geduld, lankmoedigheid, liefde en erbarming is!

5. Magtig groot was my boosheid, en ek wou daarmee in die hemel van die lewe deurdring; maar in my boosheid het die Heer my armoede gesien en het Hom oor my erbarm!

6. Daarom sy aan Hom alleen nou en vir ewig al my lof!

7. O God, ek wil U voortaan met duisend tonge loof, omdat U so barmhartig, teer en vol medelye is!

8. O, my armsalige troon! Jou voormalige magsetel van wette wat tot gruwelike dade gelei het, my mees getroue ewebeeld, - wat was jy?! En wat is jy nou?! - Vanaf jou het ek dit vervloek wat jy nou dra!

9. O God, hoe groot moet U goedheid tog wees, hoe groot U liefde, dat U dit geduld en dit verdra het om U mees heilige Naam deur dieselfde stoel gedra te sien, wat `n draer van so vele, ja tallose gruwels was!

10. O, my gees, loof dan nou die Heer, omdat Hy ewig so onuitspreeklik goed is!

11. God, vol regverdige liefde! Wat moet ek doen om U later nie so gruwelik onder oë te laat kom nie?

12. Wees so barmhartig om dit vir my deur U getroue dienare bekend te maak; maar slegs as dit U wil is! Van nou af aan sal daar niks meer volgens my eie wil gebeur nie; want ek is nou bewus van die onmag van my wil en al sy boosheid. Daarom walg ek nou daarvan.

13. Daarom het ek nou geen wil meer nie; daarom geskied alleen U almagtige en heilige wil!"

14. Na hierdie woorde gaan Kisehel na Lameg toe, omarm hom en sê toe vir hom:

15. "Broer, liewe broer! As jy geweet het wat `n innige vreugde ons almal oor jou het, waarlik, dan sou die lewe moeilik vir jou word!

16. As jy deurgaan soos jy nou begin het, dan kan jy seker wees daarvan dat die al so lank bestaande grense tussen die hoogte en die laagte sal verdwyn, en dan kan dit gebeur dat dit die heilige Vader welgevallig sal wees om ook vir Henog, die deur Hom Self aangestelde hoëpriester, na julle te stuur, om julle die weg van die liefde te leer gaan!

17. Broer, ek sê vir jou uit die Naam van Hom wat ons almal na jou toe gestuur het: Wanneer die tempel voltooi sal wees, dan sal jy en jou seun Thubal-Kain in ons midde die heilige hoogtes betree, waar jy die ware lewe vir jou en jou hele volk eers geheel in sy volheid sal leer ken en jou dit heeltemal eie sal maak! Volhard daarin dat die wil van die God die enigste vir jou bly. Hiermee het jy nou ook deur my die wil van die God verneem, wat jou daarmee die volgende antwoord gee:

18. 'Handel so, en Ek sal jou op die hoogtes van My kinders gewyd maak!'"

19. Deur hierdie antwoord was Lameg, asook die opgestane Thubal-Kain buite hulleself van vreugde. Vir `n lank tyd kon hy nie spreek nie; want die al te verhewe belofte het byna sy tong verlam.

20. Na `n tydjie kom hy (Lameg) weer tot homself en sê: "O vriend, o broer! Wat het jy daar gesê?! Sal die voete van die allergrootste sondaar ook eens die heilige hoogtes mag betree?! My oë wat van gruweldade byna blind geword het, sal nog eens die groot heerlikheid van die kinders van die almagtige God mag aanskou?!

21. En met my hande wat drup van die bloed van my broers en my arme volk, sal ek die soom van die kleed mag aanraak van Hom wat uit God voortgekom het?! Nee, nee nooit as te nimmer nie, broer!

22. Nooit in der ewigheid kan Lameg hierdie barmhartigheid waardig word nie, selfs nie die geringste deel daarvan nie! Gee my daarom `n ander antwoord, o vriende en broers; want waarlik, waarlik, dit deug nie vir `n sondaar soos ek nie!"

23. En Kisehel antwoord Lameg daarop: "O broer, - sien, ook ek was `n groot en growwe sondaar voor God, en in die ligte sfeer waarin ek my bevind het, sekerlik nie minder as jy in jou groot blindheid nie!

24. Maar toe ek my groot skuld teenoor Hom, die liefdevolle Vader, bely het, nadat Hy my met Sy eindelose barmhartigheid en erbarming tegemoetgekom het, vat die mees heilige Vader my met Sy almagtige hande vas, plaas die wurm in die stof voor Hom orent, vergeef hom geheel en al sy groot skuld en vervul hom toe met die krag van die ewige lewe!

25. Sien, broer, so handel die liefdevolle Vader met die sondaar wat hom vol berou tot Hom wend!

26. Bly daarom by die antwoord en wees vervul met die grootste troos; want geen jota sal daaraan verander word nie. Wat God gespreek het, sal vir ewig bly soos Hy gesê het!

27. Daarom sy Hom ewig alle eer, alle lof en al ons liefde; want alleen Hy is waardig om alle lof, alle prys, alle aanbidding en alle liefde van ons te ontvang, en Sy heilige wil geskied ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205