Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer maan tot liefde en vrolikheid. Die belofte van die dag van die groot verlossing en die groot tyd der tye. Die liefde as bevryder van die juk van die vlees en die dood.

137. Deur hierdie woorde hoogs ontroer, val enkele beterweters en muggiesifters voor Abedam neer en vra Hom om vergewing.

2. Maar Abedam gebied hulle om onmiddellik op te staan en hulleself geheel in die gees te verhef.

3. En almal staan toe op van die grond af en loof en prys Hom vanweë Sy groot goedheid en barmhartigheid, wat Hy nou nogmaals betoon het.

4. Maar Abedam wend Homself tot hulle en sê: "My liefde is met julle en in julle! Bemin mekaar in My liefde en wees vrolik en blymoedig onder mekaar, en wees voorkomend en gedienstig vir mekaar, dan sal julle daardeur altyd laat blyk dat julle waaragtig My geliefde kinders is, aan wie die heilige Vader vreugde ervaar en altyd sal hê; want die dag van die groot Verlossing het naby gekom!

5. As Adam nog sewemaal so lank op die aarde sou lewe, as wat hy al geleef het en nog sal lewe, dan sou dit voor sy liggaamlike oë plaasgevind het.

6. Handel daarom volgens My wil, sodat die dag julle nie verkeerd sal aantref nie, wanneer Hy sal kom!

7. Maar eers nog sal die groot tyd der tye kom. Wie daarin opgeneem word, sal ook deel hê aan die groot dag van verlossing in Sy tyd; maar wie nie opgeneem sal word nie, vir hom sal die groot dag van verlossing `n dag van oordeel wees, en wel `n oordeel wat dan met vuur en in die vuur van My toorn gehou sal word!

8. Dit egter, sal diegene in die diepte van hulle lewe, begryp wat volkome uit en in die gees van My liefde is en met gevolg ook in alle Wysheid van die Liefde.

9. Wees daarom ook vrolik, want nou weet julle immers dat alle harde bande eens losgemaak sal word!

10. Maar wat sou dit die mens baat om `n meester van sy lewe te word?!

11. Ek het julle almal nou getoon hoe julle dit kan word en dit dan volledig kan wees. Daarom moet julle ook vrolik wees, want daarom toon Ek julle nou immers die weg van die suiwer liefde, wat elkeen in hierdie heerlikheid van die lewe lei!

12. Kan iemand egter nog sê: 'Hoe kan ek dan `n meester van my lewe wees, as ek maar steeds moet lewe as `n gehoorsame kneg?'

13. Maar Ek sê vir julle: Solank julle dienaars is van die wêreld en van julle vlees, solank dra julle ook die juk van die slaafse gehoorsaamheid! Wanneer julle egter dienare van My liefde sal wees, dan sal julle van elke juk bevry wees en sal julle juis daardeur volkome meester van julle lewe wees, want slegs die Liefde sal en kan julle volledig vrymaak.

14. Waarom sou die liefde dit ook nie kan doen nie, aangesien sy `n lewende en die kosbaarste spesery is van die eie wil?!

15. Waarvoor sou iemand nog aan `n gebod moet gehoorsaam, as hy die liefde het wat alle gebooie in haarself bevat en `n meester is van alle wette?!

16. Of is dit nodig, om iemand tot `n daad te dwing wat hy vanuit homself van ganser harte maar al te graag wil doen?!

17. Daarom is immers die Liefde, omdat Sy verhewe is bo alle gebooie en wette, net soos die lewe self, ook `n volkome Heer van die eie lewe! - Sê my of dit nie so is nie!

18. Wees dus bomate vrolik omdat dit so is; want Ek, julle heilige Vader, het julle nou immers die Liefde, ja My Liefde self en daarmee alle heerlikheid van die lewe, geheel en al gegee.

19. Daarom moet julle nie die wêreld en die vlees aanhang nie en met gevolg die diensbaarheid en die knegskap as middel tot die doel verkies nie!

20. Want dit alles het nie uit My liefde voortgekom nie, maar is verwek uit My Wysheid, wat is en bestaan in die oneindige ligkringe van My goddelikheid, wat nou so gevorm is dat dit kan dien as basis waarop julle liefde tot My beproef kan word.

21. Sê daarom nie onder mekaar: “Die stukkie van die aarde is van my, en die boom is my eiendom, en met my liggaam kan ek doen soos wat dit my geval nie!”, want dit sal julle steeds meer van My liefde verwyder, en julle sal daardeur knegte van die wêreld word en derhalwe ook van die dood, en julle sal julle moeilik en na `n lang tyd eers weer van die wêreld kan losruk, en eers sal daar baie vuur oor julle moet kom om julle los te smelt van die ysterbande van die dood.

22. Wees ook daarom bomate vrolik, omdat julle erken het dat daar slegs één God, één Heer, één eienaar van alle dinge en één heilige Vader van julle almal is en julle almal is kinders en onder mekaar niks anders as broers en susters is, aan wie Ek dit almal in gelyke dele gegee het nie; want daardeur weet julle nou dat julle nie aan die wêreld nie, maar aan My behoort in alle volheid van My liefde en groot barmhartigheid.

23. Skenk dus veral aandag daaraan en wees net soos teenoor My ook onder mekaar vol liefde; dan sal ook die heerlikheid van die lewe julle aandeel wees, en julle kan dan hoogs vrolik wees en dit ewig bly!

24. En laat nou My Jared na My toe kom, want Ek het iets belangrik om met hom te bespreek! - Jared, Ek sê jou, kom na My! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205