Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel se woorde oor broederskap en die gelyke aansien onder die mense. Oor die ware koningskap

201 Kisehel buig hom vooroor, help vir Lameg en Thubal-Kain van die grond af opstaan en sê toe vir hulle: "Broers, waarom val julle voor ons neer? Is ons dan meer as julle? Is ons geen broers van mekaar nie?

2. O sien, dit moet ons, vir die hele verdere toekoms, nie meer doen nie; want alleen aan God kom alle dank toe, alle eer, al ons deemoed en liefde!

3. Maar as ons waaragtige kinders van een en dieselfde Vader wil wees, dan moet ons mekaar as gelykes beskou, geen buigings verlang van ons broers nie, maar alles wat ons wedersyds aan mekaar betoon, moet enkel en alleen daaruit bestaan, dat ons mekaar, uit liefde tot God, as waaragtige broers liefhet!

4. Alles wat meer of minder is as dit, is nie in die goddelike orde nie en dus `n sonde!

5. Dit kan julle al sien aan die hand van `n voorbeeld, waarby daar aan iemand deur alle ander mense, hoewel hy geen haar beter is as hulle nie, `n diepe agting betoon word.

6. Wat sal by diegene, wat so vereer word, baie spoedig die gevolg wees van die algemene hoogagting vir hom?

7. Sien, hy sal weldra begin te dink dat hy meer en beter is as diegene wat hom so veel eerbied bewys. Daardeur word hy hoogmoedig, baie gou oormoedig en ten slotte selfs heerssugtig! Hy sal met die waardering van sy aansienlike omgewing nie meer tevrede wees nie, maar sal met hierdie dwase onderdanige menigte ander gebiede betree en die mense daar deur sy eie onderhorige dwase met geweld dwing om voor hom te buig. En diegene wat dit nie wil doen nie, sal hy mishandel en selfs doodmaak.

8. So iemand sal selfs sover gaan, dat sy broers, wat hom baie toegedaan is en hom hoogag, selfs `n groot deel van alles wat hulle met hulle hande verwerf het, as belasting van hulle dwase hoogagting moet betaal!

9. So sal konings en wêreldse maghebbers in wreedheid ontstaan en hulle broers onderdruk, totdat die dood daarop sal volg, omdat hulle so dwaas was om hulle aanvanklik weens `n buitengewone talent as iets hoër te beskou, wat nie ooreenstem met die goddelike orde nie.

10. Daarom moet ons God gee wat van Hom is, en aan die menslike broers wat hulle toekom!

11. Eer, hoogagting, nederigheid, lof, prys, dank, liefde en aanbidding is slegs vir God bestem; ons is suiwer broers ten opsigte van mekaar en moet mekaar daarom nie meer en nie minder liefhê as wat elkeen homself liefhet nie. Want die werking van die weegbalans, wat alles orden en in ewewig bring, kom tot stand deurdat ons onsself net so teenoor mekaar gedra en mekaar net so bejeën as wat elkeen hom teenoor homself gedra en homself bejeën.

12. Waar van hierdie regte lyn afgewyk word, word ook die goddelike orde verbuig en baie maklik verbreek, deurdat die een mens die ander sal aanbied wat hy slegs aan God verskuldig is.

13. Waar dit sal gebeur, sal ook die saad gelê word waaruit alle onheil oor die hele aarde sal ontspruit.

14. Want waarlik, ek sê vir julle, geen sonde sal reeds op die aarde so bloedig bestraf word as hierdie, soos reeds baie dikwels die geval was onder julle heerskappy!

15. Daarom, my liewe broers, sal ons ook `n heel ander koningskap invoer! Onder hierdie koningskap sal die koning `n leier en `n leraar wees van sy broers, maar sekerlik geen meester en gebieder nie.

16. So `n koning sal volgens God se orde koning wees en hy sal geen wêreldlike mag nodig hê nie, maar die mag en die krag van die goddelike Liefde, Wysheid en Orde sal in sy gees woon en vanuit die gees sal hy moeiteloos voldoende mag hê om sy broers tot al die goeie en ware te lei.

17. Oordink dit goed en val dus nie meer voor ons neer nie, nog minder voor iemand anders wat aan julle of aan ons gelyk is, dan sal julle `n seën vir die volk wees; maar laat ook niemand hom voor julle buig nie, dan sal julle die volkere seën!

18. En nou gaan ons na die eetsaal, want die maaltyd is reeds heeltemal berei.

19. Dink nie aan die versoeking nie, maar wees opgewek, want die oorwinnaar sal hom verheug oor sy oorwinning, en nie droewig wees daardeur nie!

20. Laat ons daarom gaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205