Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel se woorde oor JaHWeH as Mens

10 En nadat Sethlahem hierdie woorde gespreek het, wat goed in ag geneem moet word, skep Kisehel ook moed, gaan by Sethlahem staan en rig die volgende ontroerde woorde tot hom:

2. "Broeder Sethlahem, jy weet wel waaruit die onderrig, of baie meer, die insig wat ons nog hier kry, bestaan!

3. JaHWeH het aan ons op `n manier verkondig wat selfs ons grootste gedagtes oor Hom geheel tot niet maak.

4. Ons weet wel van Sy oneindige grootte, mag en krag, ons spreek dikwels baie oor Wie en Wat Hy nou eintlik kan wees, - maar wie van ons almal het toe ook maar durf dink dat JaHWeH, die ewige Heilige Vader, `n mens was soos ons, al is hy dan die aller oneindigste volkome mens?!

5. Omdat ons almal egter deur ons verkeerde voorstelling van JaHWeH, Hom nie as mens voorgestel het nie, maar as `n so ondenkbare groot wese, van wie ons selfs nie die geringste voor­stelling vir onsself kon maak nie, was dit enersyds dan ook vanselfsprekend dat ons inderdaad sulke dwase idees gehad het oor wat God behaag; dit kon immers nie baie anders gebeur as die voorstelling wat ons van Homself gehad het nie.

6. Dus kyk, beste broeder, ons harte was wel voortdurend met God besig, maar jy het die barmhartigheid dat jy `n meer korrekte beeld gehad het van JaHWeH as ek, - wie kon en moes daar egter tussen ons as skeidsregter optree?

7. Welke tasbare bewys kon jy vir jou opvatting en jou geloof gegee het, waardeur ons kon ingesien het dat jou idee meer korrek was?

8. Kyk, ook jy het niks anders as slegs jou geloof, soos wat ek vir my opvatting helaas ook niks anders het as maar net my onware geloof nie.

9. En so leef jy weliswaar in die lig, maar jy was blind en vermoed slegs die lig, omdat die verwarmende straal daarvan jou in `n sekere sin van naby gewaar laat word.

10. Ek het my oë weliswaar oop, maar bevind my in digte duisternis en sien daarom ten eerste niks en kon daarom ten tweede geen vermoede hê van die lig nie, omdat daar deur die diep nag van my gedagtes geen goeie straal wou kom om dit enigsins te verlig nie.

11. En daarom glo ek nou, my beste broeder, dat ons onsself nou nie meer moet beroem op wat verby is, of dit nou naby of ver weg van die waarheid was nie; want welbeskou het niemand dit aan die regte kant nie, - en ook al was dit die geval gewees, waarmee sou hy dit dan kon bewys het?

12. Dat ons alle Heilige Vader `n mens is soos ons en `n enigste God, - kyk, dit het nie een van ons geweet nie. Die vergissing lê nie by ons wil nie, maar slegs by ons voorstelling. Ons was almal sonder uitsondering arme dwase, en ek wel die grootste. Maar Hy, wat nou in die middel van ons is en wat gewyd, bo alles gewyd en goed, meer as goed is, ons ewige Vader vol van liefde, het ons almal uit ons groot nood, blindheid en armoede gehelp. Hy staan sigbaar voor ons en ons almal herken in Hom die ewige Heilige Vader en die almagtige ewige Skepper van alle dinge; daarom wil ons en al ons kinders Hom ook alle dank, lofprysing, eer, roem, liefde en aanbidding laat toekom.

13. Daar het weliswaar, my beste broeder, baie van jou profesie uitgekom, veral wat betref die uiteensetting oor die deemoed, nederigheid en onaansienlikheid, wat slegs vir die Vader en Heer welgevallig is. Maar dat JaHWeH ook `n mens is, dat Sy liefde en barmhartigheid so eindeloos is en Sy erbarming so onbegryplik groot, - broeder, dit het geeneen van ons ooit kon droom nie. En as iemand van ons al so `n voorstelling van Hom gehad het, dan was dit die steeds stil en swygsame Zuriël met sy dogters; maar hy het hom steeds op die mees verborge plekke teruggetrek en dit was moeilik om ook maar een woord uit hom te kry.

14. Die res weet, alles bymekaar gereken, niks! Dit het jou immers eers gister deur die liewe Henog duidelik geword, hoe ver ons dit met ons wysheid en voorsê gebring het!

15. Ek self, afgesien van die feit dat jy ietwat nader aan die waarheid was as ek, dink nou as volg:

16. Ons moet ons op geen enkele wyse meer laat voorstaan op ons vroeëre toestand nie, maar liewer slegs dan Hom, wat onder ons is, alle eer betuig en alle roem laat toekom.

17. Die goeie in jou bly goed, vir sover dit vanuit Hom goed is; op sigself en net vanuit jouself, is dit egter geen haar beter as die totaal verkeerde wat ek vroeër in my gehad het nie.

18. Maar ek sê jou nou, my broeder, ek dank die Heer vir my toenmalige duisternis, want dit was immers die oorsaak van my huidige deemoed en was daardeur immers ook `n groot, weens die verskuilde daarvan, barmhartigheid van Hom.

19. Dat dit egter `n barmhartigheid was, kyk, dit sien ek aan die feit dat ek my nooit daarop sal kan beroem nie.

20. Jy het nou die lig en dit bring jou hart daartoe om jou op hierdie barmhartigheid te beroem! Waarlik, broeder, jy is dan wel net soos ek uitverkies, - maar as jy nou jou vroeëre lig vir my vroeëre nag sou wil gee, dan sou ek my sekerlik lank moet bedink om met jou te ruil!

21. Daarom raai ek jou in jou eie belang aan om in die toekoms nie meer baie woorde daaraan te wy nie; - maar bly liewer geheel my liewe, deemoedige broeder! Want sien, in die oë van Hom wat ons nou nader, is ons immers beide ewe bloot en naak; bly daarom my liewe broeder nou en vir ewig! Amen."

22. Na hierdie laaste woorde het die hoë Abedam ook reeds by hulle aangekom, Hy lê Sy hande op beide se skouers en sê: "Op die Amen spreek Ek ook My magtige Amen uit.

23. Waarlik Kisehel, jy het sterk geword en is die magtigste van almal; daarom moet jy ook `n leier wees vir die res! Maar jy, Sethlahem, sal bly profeteer; hoewel, so waar as jou woorde ook was en hoe goed getref elke beeld ook was, die woorde van Kisehel was vir My dierbaarder, omdat hy die ware deemoed meer as jy predik.

24. Sien, jy het jou woorde verhef, Kisehel word egter deur syne verlaag! Wie, dink jy nou, was nader aan My?!

25. Sien, dit is goed om so te praat soos wat julle netnou gepraat het; maar dit is nie goed om oor jouself te praat nie! Want as iemand ooit iets waars sê, waar het hy dit dan vandaan gekry?

26. Julle moet julle daarom nie eers sigbaar verheug dat Ek julle meer gee as julle broeders nie, omdat jou broeder jou andersins sou kon roem in plaas van My, terwyl julle tog slegs swak werktuie is van Die Een wat julle beroep het en alle roem slegs aan Hom toekom!

27. Laat julle allergrootste roem egter julle deemoed wees en julle ware, innerlike liefde tot My; dan sal julle lewe!

28. Sien, dit is wat Ek wil hê! Jou woord is waar en goed, omdat dit vanuit My is; sorg dat julle heeltemal daarvolgens leef, dan sal julle ewig lewe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205