Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se dwase vrees vir die toorn van die Heer. Die Heer spreek verhelderende woorde oor die 'toorn' van God

231 Na hierdie woorde verbaas almal hulle, behalwe die mense van die hoogte, en veral Lameg, want hy dink nou by homself:

2. "Hy sien daar weliswaar buitengewoon goed uit, sodat mens, wanneer mens na Hom kyk, steeds weer nuwe moed kry om weer `n gesprek met Hom aan te knoop; dit kom deur sy oë.

3. Maar volgens hierdie woorde te oordeel, kan jy tog nie heeltemal staat maak op Hom nie, daarom sal dit seker die wysste wees om my van praat te weerhou!

4. Want jy kan tog nie weet hoe Hy ten slotte `n enigsins dom uitspraak sal opneem nie, - en jy sou dit by Hom uiteindelik soseer kan bederf, dat daar in alle ewigheid niks meer aan te doen is nie!

5. Sy toorn moet iets onuitspreeklik verskriklik wees!

6. Mens hoef maar net aan die toorn van `n almagtige God te dink!

7. Dit sou tog oneindig veel beter wees om in die geheel nie te bestaan nie, as langs `n toornige God!

8. Wees dus maar stil, stil my dom tong, jou hoogs ellendige stukkie vleis in my mond! Jy sou ons mensdom `n mooi lot kan berei! `n God vertoorn? Om God se wil!

9. Nee, nee, ek mag heeltemal nie meer aan so-iets dink nie; want `n gedagte aan die moontlike toorn van God is al verskrikliker as alles wat die hele menslike verstand ooit maar sou kan bedink!

10. En ek, dom dier van `n mens, het dit gewaag om met Hom, net soos met `n gewone mens te praat en al my domhede vir Hom uit te stal!

11. Nee, hoe langer ek nou nadink en bowendien nog bedink wat se booswig ek was, des te ontsettender vind ek my voorbarige dwaasheid met elke oomblik!

12. Ek maak daarby asof ek Hom, God, die Almagtige, oor die uiting van Sy wil wou onderrig!

13. Sou Hy uiteindelik heimlik al kwaad wees? Om God se wil, wat het ek, ellendige, dom esel, eintlik gedoen?!

14. En Sy ernstige blik nou! Ja, ja, dit is soos wat ek eers by myself gedink het! Hy is heimlik vertoornd!

15. Wie sal my nou voor Hom beskerm wanneer Hy miskien Sy toorn oor my laat losbars?

16. O, as Hy my nou hierdie keer maar mag spaar! Dan sou ek my hele lewe stom wil wees!

17. Hy spreek ook nie meer nie, nóg met Syne nóg met iemand van ons!

18. Dit is reeds `n sekere teken dat Hy geweldig kwaad is!

19. Wees nou ook stil, my hart, en wag met groot vrees, angs en bewing op die verskriklike uitbarsting! - O, ek is verlore, is vir ewig verlore!"

20. Hier kom die Heer na Lameg toe, kyk hom baie vriendelik aan en sê toe vir hom:

21. "My liewe Lameg, met wat se ellendige, aller onwaardigste gedagtes oor My, verskeur jy jou hart?!

22. Hoe stel jy `n toornige God dan wel voor?!

23. Sien, liefde en toorn is die grootste teenstellings wat `n allerdiepste nadenkende gees hom ook maar ooit kan indink!

24. Liefde is die alles ewig instandhoudende beginsel, en toorn die alles ewig vernielende beginsel.

25. Sou daar dus ook maar enigsins toorn in My moontlik wees, dan sou dit immers alle liefde vernietig en daarmee alles wat deur die liefde geskape word, - ja uiteindelik selfs haarself!

26. Sien, alles is nou nog daar; waar sou My toorn dan wees?!

27. `n Mens kan wel vertoornd word; want sodat sy vryheid op die proef gestel kan word, is daar `n verwydering tussen hom en My, en is hy tydelik `n teendeel van My. Daarom kan hy hom ook slegs deur sy liefde tot My weer met My verenig, - maar Ek, as die allersuiwerste Liefde, is absoluut nie tot toorn in staat nie!

28. Ja, eens was die Liefde in My ook deur die toorn omgewe; maar toe was die oneindigheid ook nog leeg, sonder enige skepsel, sowel geestelik as materieel!

29. Maar die Liefde het Haar bedrukkende toorn gegryp en hom as `n liggaamlike wese buite Haarself geplaas.

30. En sien, uit hierdie toorn is toe al die tallose geeste, sonne en wêrelde, hierdie aarde en alles wat op haar is, geskape!

31. Wil jy dus in waarheid God se toorn sien, kyk dan na die geskape dinge; dit is die toorn van God!

32. Hulle is egter nie net toorn nie, maar My Liefde is allerweë die magtigste Wese daarby.

33. Sy onderhou en dra nou alles, en buite Haar is daar geen enkele mag wat sterker is as Sy nie.

34. Daarom moet die mens ook nie aan die wêreld hang nie, maar hom heeltemal van haar losruk, sodat hy nie ten slotte daardeur verslind word nie en dus ook nie in My toorn raak nie! Want die wêreld is immers My ontketende toorn; wie met die wêreld is, die sal ook ewig deur haar aan die dood gekluister wees!

35. Maar wat jy by My as 'toorn' aangesien het, sien, dit is slegs My goddelike, allerlewendigste liefdesywer, wat in feite My erbarming is!

36. Daarom kan jy teenoor My wel sê wat jy wil, en Ek sal nie kwaad word vir jou nie, maar jou wel onderrig as jy dwase gedagtes het!

37. Deel My dus openlik mee wat jy nog op die hart het, dan sal Ek vir jou byderhand wees; spreek dus! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205