Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 235

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woorde van die Heer oor die swaar las van die wet. Waarom `n mens `n goddelike wet nooit heeltemal kan vervul nie. Die gebod van die liefde en die deemoed van die hart

235 Nadat die Heer Sy asem oor die tafel laat gaan het, wend Hy Hom tot Lameg en sê vir hom, asook vir sy landgenote:

2. "Luister nou, Lameg, en ook julle almal, kinders van Kain! Jy, Lameg, het My oor wette aangespreek, en sien, Ek het julle geen wet gegee nie, sodat daar geen oordeel oor jou en jou hele volk sal kom nie!

3. Hoe swaar `n wet van My is, het jy, Lameg, aan die plaat ondervind, Toe jy die wou optel sonder My!

4. Sien, Ek Self het jou beveel om die plaat te gaan haal! Jy het My wil onmiddellik stiptelik uitgevoer; want jy het dadelik weggegaan om die plaat te gaan haal.

5. Maar kon jy dit ook self hierheen bring ?

6. Nee, sê jy; want hy was oneindig keer te swaar vir jou!

7. Sien, so sal ook baie mense, in die besit van My wette, die redelike wil hê om dit te vervul, solank hulle nie teen probleme daarby sou stuit nie, wat hulle op die proef sou stel!

8. Maar as hulle die probleme sou kry, wat dan, as Ek My nie, soos nou, sigbaar in julle midde sou bevind nie, en by die latere nakomelinge ook die vaste, onwankelbare geloof aan My verlore mag gaan en met daardie geloof die noodsaaklike liefde tot My. Dan sou ook niemand soos jy nou, na My toe kan kom en sê: 'God, nou sien ek in dat mens sonder U tot niks in staat is nie; kom daarom en help my met die dra en verplaas van die groot, swaar las!'

9. Ek wou jou daarmee laat sien dat `n mens `n goddelike gebod nooit volledig kan vervul nie; en wie vanuit sy vaste wil al die moontlike gedoen het en dan sou sê: 'God, sien, ek het U wet tot op die laaste letter vervul!', sou `n groot leuenaar wees en `n growwe boosdoener!

10. Want `n goddelike wet kan niemand volkome nakom nie, behalwe God! Maar waarom dan?

11. Omdat die wet goddelik is - komende van God - en daarom oneindige voorwaardes in hom berg!

12. Maar wanneer die mens alles volgens My geopenbaarde wil gedoen het en geregverdig wil wees teenoor My daarvoor, dan moet hy in sy deemoedige hart sê:

13. 'O God en Vader, wees my luie niksnut van `n kneg barmhartig en betoon medelye!

14. Want ek het wel aan die kors geknaag, maar die hout en die murg van die wet het deur die tande van my wilskrag nog volkome onberoer gebly!'

15. Wanneer iemand My wil so doen, moet hy dit doen asof hy dit op eie krag doen, weliswaar steeds in die volste vertroue op My kragtige ondersteuning; maar as hy iets uitgevoer het volgens My wil, dan moet hy wel besef dat hy niks nie, maar alleen Ek alles, deur middel van hom, uitgevoer het!

16. Wie werklik daarvan bewus sal wees, sal deur My geregverdig wees deur sy deemoedige besef.

17. Maar wie sy dade aan homself sal toeskryf, sal ook eens oneindig swaar rekenskap voor My moet aflê, waarin hy verseker nooit heeltemal sal slaag nie, - behalwe soos wat so `n rekenaar nog vroegtydig genoeg sy toevlug neem tot die rekentabel van die deemoed en dan sonder meer sal beken dat hy die grootste skuldenaar teenoor My is!

18. Om egter vir jou en jou volk soveel moontlik van die oordeel te spaar, omdat die vervul van My wet te swaar is, ja vir julle geheel en al onmoontlik is, gee Ek julle ook geen gebod nie as net die van die liefde, wat eintlik geen gebod is nie, omdat die liefde eintlik elkeen se eie lewe is, - en dat julle My Naam nie ydel sal gebruik nie - want dit is die Naam van God, wat ewig gewyd, gewyd, gewyd is!, - en dat julle altyd sal glo dat Ek alleen die enige God en Skepper van hemel en aarde is en van nog tallose sonne en wêrelde in My oneindigheid!

19. Dus bemin en eer My altyd bo alles, en glo dat Ek julle God en allerbeste Vader is, wat dit nou aan julle bekendmaak; dan het julle meer gedoen as wanneer julle tienduisend wette tot in die fynste detail sou vervul het!

20. Laat hierdie plaat julle altyd aan My herinner en julle hart vul met liefde, eerbied en geloof aan My, dan sal Ek ook altyd in die gees by julle wees en julle sal in My die ewige lewe hê en vind!

21. En laat ons dan nou hierdie plaat optel en hom na die plek van sy hoë bestemming dra tot julle ewigdurende heil! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205