Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg laat `n broederlike feesmaal vir die armes en gevangenes berei. Die verwondering van Brudal, die kombuismeester, en sy gevange gehoue familie

246 Na hierdie woorde, wat Lameg werklik stig en hom van die groot waarheid van die saak oortuig het, gaan hy na sy kombuismeester in `n sykamer en bestel `n matige, eenvoudige maal.

2. Die kombuismeester, heeltemal oorbluf deur hierdie bestelling, vra aan Lameg of hy dit wel werklik bedoel het.

3. Maar Lameg antwoord hom: "Waarom vra jy dit vir my? Ek sal tog goed weet wat my te doen staan!

4. Ek sê egter vir jou: Vra nou nie verder nie, maar doen wat ek jou opgedra het, dan sal jy `n goeie dienaar wees van hom wat nou deur God as `n goeie leier oor jou gestel is!"

5. Hierdie woorde verbaas die kombuismeester, en hy sê saggies by homself: "Is Lameg dan geen koning meer nie? Wat beteken dit wanneer hy sê: 'Die goeie leier wat deur God oor jou gestel is'? Laat die wat kan, dit begryp, maar ek begryp dit nie!"

6. Maar Lameg merk baie goed wat sy kombuismeester in sy baard gemompel het, hy wend homself tot hom en sê: "Luister, Brudal! Wat jy nie begryp nie, kan immers vir jou uitgelê word! Sien, tussen Lameg die koning, en Lameg die leier, is die volgende onderskeid:

7. Lameg as koning, sou jou dadelik laat vasgryp en vermoor het vir hierdie kritiek; maar Lameg as die leier wat deur God aangestel is, stap na jou toe, omarm jou en sê vir jou: My beste Brudal, gaan en doen soos wat ek jou opgedra het; want so wil die Heer dit immers hê, die groot, ewige, almagtige God van Farak!

8. Maar as jy reeds `n oorvloed aan spys en drank byeengebring het, laat dan die armes en alle gevangenes in die troonsaal saamkom en bedien hulle asof hulle almal my broers en kinders is!

9. Stuur ylbodes deur die hele stad en sê vir hulle dat hulle elkeen wat hulle ook maar aantref, in my huis moet bring! En alle gevangenisse moet geopen word, en nie één gevangene sal agter hoef te bly nie, - ook nie my ergste en grootste vyande nie, wie se voedsel tot nou toe uit groot gebraaide moerasinsekte bestaan het; hulle sal nou met my koninklike voedsel versadig word!

10. Van nou af aan wil ek vir my volk geen veroordelende koning meer wees nie en `n meester wat oor lewe en dood oordeel nie, maar wil maar net vir almal `n wyse leidinggewende broer in God se orde wees.

11. Sien, my beste broer Brudal, dit is nou die verskil tussen die koning Lameg en die leier Lameg! - Maar gaan nou dadelik en voer uit wat ek, nou as `n broer van jou, jou opgedra het!"

12. Brudal spring op van uitbundige vreugde en sê hard: "O groot, almagtige God! Slegs vir U was dit moontlik om die ysterhart van Lameg in `n warm broederhart te omvorm!

13. O God, o God, hoe eindeloos gelukkig het U my meteens gemaak! Ek sal vandag nog my getroue vrou, my twee broers en my sewe kinders sien - drie seuns en vier volwasse dogters - wat ter dood veroordeel in die gevangenis is, omdat hulle Lameg nie as God wou aanbid het nie!"

14. Toe haas hy hom weg, sorg vir alles, en na verloop van `n uur was alle gevangenes reeds in die troonsaal en ook `n hele boel ander armes.

15. En Brudal sit al die hofpersoneel flink aan die werk en bedien alle armes en gevangenes; hulle loof die groot God van Farak, dat Hy hulle so wonderbaarlik verlos het en hulle eet en drink.

16. Maar die familie van Brudal wou nie eet alvorens hulle nie gesien het dat Lameg werklik so verander het nie; want hulle dog dat dit wel net `n grap van die koning kon gewees het.

17. Lameg kom nou na `n geruime tyd weer by Brudal aan en vra hom: "Brudal, waarom het jy nog geen spys vir ons aangereik nie! Sien, die hoë gaste uit God se hoogte is immers by ons! Wat sal hulle wel van ons dink, wanneer ons hulle so verwaarloos! Sorg tog daarvoor dat ons spoedig iets te ete kry!"

18. En Brudal wys Lameg op sy angstige familie en sê toe vir hom: "O broer Lameg, verhef tog ook hierdie armes, sodat hulle kan glo welke barmhartigheid aan jou deur God gegee was!"

19. En Toe Lameg hierdie armes sien, was hy tot trane beweeg, hy buig hom oor hulle heen, laat hulle opstaan en sê vir hulle: "Kom na my toe! Ek het julle gekwel, ek het my ernstig aan julle besondig; maar ek sal nou ook al die krenking sodanig goedmaak, dat woorde tekort sal skiet as julle daaroor wil spreek!

20. Volg my nou in my eetsaal in, sodat julle aan my sy kan sit en nou en altyd aan my tafel sal eet!"

21. Hierop begin die armes byna van vreugde te huil, hulle loof en prys God en volg Lameg na die eetsaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205