Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 216

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg ken homself. Die liefde as die regte weg tot God. Lameg se versoek om nog `n gelykenis en Kisehel se wyse, afwysende antwoord

216 Toe Lameg dit van Kisehel verneem het, word hy soos deur `n felle vlam deurlig en verwarm en hy roep na `n kort tyd uit:

2. "O my liewe broer en vriend! Met wat se buitengewone belangrike en onuitspreeklike heerlikheid het jy my nou bekend gemaak deur die wysheid, wat God jou verleen het!

3. Ja, nou sien ek eers volledig in waaraan dit die meeste by my en by ons almal geskort het! Ons soek God weliswaar in alle hoeke en gate in die sogenaamde geregtigheid, en wil van daaruit tot `n bespiegelende wysheid kom en ons daardeur vir God aanskoulik maak, maar daarby het ons reeds in die begin as `n stilswyende voorwaarde die volgende op die agtergrond opgestel:

4. 'As God Iemand is, dan moet Hy Hom op hierdie manier laat vind en wel sigbaar; laat Hy Hom egter op hierdie manier nie vind nie, dan bestaan Hy gladnie, of Hy is die een of ander swakkeling!

5. En sowel die een as die ander gee ons dan die reg, om onsself tot gode te verhoog!'

6. Ek het eens, nadat ek in my hoogmoed, waarin ek my as `n halfgod gewaan het, en my broers gruwels laat ondergaan het, wel in alle waarheid `n goddelike woord gehoor wat my baie verontrus het oor die begane gruweldade; maar omdat daardie woord so sag en so buitengewoon goedaardig na my toe oorgekom het, het my wysheid ten slotte tot die baie ergerlike slotsom gekom: Daar bestaan dus weliswaar `n God, maar Hy moet `n swakkeling wees, want Hy is bang vir my en Hy durf my nie nader nie!

7. Hierdie gevolgtrekking was toe die grondslag van al my afskuwelikhede, wat goed aan jou bekend is.

8. Jy het my weliswaar al soveel vertel, maar so glashelder was nog geen van jou woorde soos juis hierdie nie, waaruit ek so sonhelder kon insien welke verhouding daar tussen God en die mens moet bestaan!

9. Nou eers deursien ek die volle omvang van my dwaling!

10. Wie dus maar `n klein bietjie van God gehoor het, kan Hom ook reeds liefhê en kan hom oefen om hierdie liefde steeds meer te versterk, sodat sy weldra die magtigste grondslag van sy lewe word.

11. En as sy dit geword het, dan het die mens ook op die enigste korrekte wyse die almagtige God benader, en God sal Hom aan hom bekend maak volgens die geregtigheid van die enige liefde wat in staat is om die hart, die siel en die gees van die mens slegs vir God te laat lewe!

12. Noudat ek dit duidelik uit jou woorde begryp het, wil ek jou tog nog op vriendelike wyse as broer vir nog so `n voorbeeld vra, om die heilige leer des te stewiger in my te laat word en ook nog meer sulke wonderlike stof te hê om die baie arme sondaars te onderrig, wat ten dele deur my, maar ook ten dele deur hulle eie wil op dwaalweë geraak het!" 

13. En Kisehel antwoord Lameg die volgende daarop: "Liewe broer Lameg, jy het my een van die allergrootste vreugdes berei deur hierdie versoek uit jou opregte hart, soos ook verder deur jou huidige gedrag!

14. Ek sou jou daarom nog wel duisend sulke voorbeelde wil gee; maar sien, so iets is nou nie vir jou nodig nie!

15. Jy het die waarheid in die diepte deursien; al die ander sal jou liefde tot JaHWeH jou sondermeer in oorvloed bied! Wees volledig daarvan verseker!

16. Maar sien: As dit by jou nog nag sou gewees het, dan sou jy die grondslag van die waarheid moeilik kon deursien het!

17. Want of daar nou in die aand nog enkele sterre meer of minder aan die uitspansel skitter, daarvan word dit op aarde nie ligter nie, en by so `n lig sal jy moeilik kan onderskei wat daar op die grond lê.

18. Maar wanneer die een son opgegaan het, dan is daar geen sterre of `n tweede son meer nodig nie; want die lig van die een is sterk genoeg om alles meer as voldoende te verlig!

19. Wees jy daarom voorlopig maar tevrede met die een son, totdat die ware, lewende son in jouself sal opgaan!

20. In die strale van die son sal jy dan sondermeer alles in hoë mate aantref wat jy sal nodig hê!

21. En laat ons dan nou na die stad gaan, want daar wag al baie op ons! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205