Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die oproep aan Horedon om sy visioen bekend te maak

81 Toe Rudomin dit nou alles gehoor het en elke woord diep in sy hart gegriffel het, dank hy die hoë Abedam uit die diepste van sy hart, buig toe sy groot liggaam vooroor en daarna gaan hy, na `n liefdevolle wenk van Abedam, na sy vorige plek terug, maar ook rugwaarts om die heilige Vader maar nie uit die oog te verloor nie; want dit het gedurende die beskrywing van sy droomgesig reeds buitengewoon donker geword, ten eerste, deur die tydstip van die aand, maar ten tweede nog meer deur die skielike toetrek van die hemel, - iets wat in so `n gebergte baie algemeen was, waarom niemand dan ook veel aandag daaraan bestee het nie.

2. Want as die berge rondom vlytig vuur gespu het, was daar selde sprake van `n helder nag.

3. En so was daar nou geen ander natuurlike lig meer aanwesig nie as net die sagte weerskyn van enkele verafgeleë brandende berge.

4. Maar desondanks roep Abedam vir Horedon na Hom toe, en wel met die volgende woorde: “Horedon, as jou oë jou nou nie meer goed van diens is nie, volg dan slegs My stem en vertoon jou aan ons; want in die toekoms sal jy altyd net die stem moet volg, omdat jy My nog baie dikwels in jouself sal hoor, maar My op die aarde nie meer verder sal sien, wanneer die tyd van My huidige aanwesigheid hier afgeloop is nie!” Horedon verlaat weliswaar onmiddellik sy plek en begewe hom na Abedam, maar omdat Sy stem hom nie voortdurend laat hoor nie, dwaal hy `n tydjie tussen die vaders rond en kon hy nie op die plek kom waar Abedam hom bevind het nie.

5. Maar baie spoedig laat Abedam Homself weer hoor deur na Horedon te roep, en Horedon, wie `n heeltemal ander rigting gevolg het, draai toe dadelik weer om en skrik ten seerste omdat hy die weg kwytgeraak het.

6. Hy gaan vinnig na die plek waar hy die stem gehoor het; maar omdat hy, dan hier, dan daar, teen iemand stamp wie hy kennelik moes ontwyk om voorwaarts te kan gaan, gebeur dit in `n dergelike stikdonker nag maar al te maklik dat hy weer die regte rigting verloor en sodoende weer op `n heel ander plek beland as waar die hoë Abedam Homself bevind. En dus roep Abedam hom weldra weer.

7. Maar Horedon meld hom oombliklik vanaf `n heeltemal teengestelde punt en sê wenend:

8. “O heilige, liewe Vader! As U nie na my toe kom in so `n donker nag nie, dan is ek so goed as geheel verlore; want deur uit te wyk verloor ek steeds die rigting en kan daardeur nie by U uitkom nie!”

9. En weer roep Abedam: “Horedon, hierheen, hierheen, agter My in verste verte sien jy immers `n vurige berg!”

10. En Horedon gaan dadelik weer op die Stem af; maar omdat hy weereens nie regdeur kon gaan nie, maar opnuut nou eers vir hierdie, dan vir `n ander groep moes uitwyk, help die kyk na die brandende berg ook nie, sodat hy weereens nie die doel bereik nie.

11. Toe Abedam Hom nou egter weer meld en sê: “Horedon! Hoe lank sal Ek nog op jou moet wag?” word Horedon bedroef, verwens die nag en sê:

12. “Vervloek is hierdie duisternis, omdat sy my hinder op my weg na die heilige doel en die Een wie ek soek en wie my hart bo alles bemin, wat Hom vir my verskuil, sodat ek maar nie by Hom kan uitkom nie!

13. O Vader, laat dit lig word en wees so barmhartig om hierdie nag te laat wyk, sodat ek U kan sien en na U toe kan yl, o heilige, liewe Vader!

14. Of kom na my toe, waar ek vol verlange en bedroef oor so `n bose nag nou rustig op U wag; laat dit geskied volgens U heilige wil!”

15. Abedam sê daarop aan Horedon: “Omdat jy My werklik nie kon vind nie, kan jy in jou hart in My Naam sê: “Jy, berg daar aan die grens waar die kinders van die môre woon, ontbrand en verlig hierdie plek!”

16. En as jy vertrou en in jou woord vanuit My glo, dan sal ook weldra gebeur wat jy hardop in My Naam uitgespreek het! Amen.”

17. Van liefdesvuur vervul, dank Horedon nou vir Abedam in sy hart en spreek toe die woorde wat hom voorgesê is uit met die grootste geloofskrag.

18. Toe beef die aarde geweldig en met `n ongehoorde hewige knal breek die vurigste vlamme uit die hoë top van die berg en ver in die omtrek word die streek met helder daglig oorgiet.

19. Horedon sien vir Abedam direk langs hom staan, dank Hom in alle liefde van sy hart en sê toe:

20. “O heilige, liewe Vader, hoe eindeloos magtig is U tog, en hoe goed! Want nou eers sien ek in, dat U my deur die ronddwaal die moeite van praat wou bespaar het!

21. Want soos dit met my, vanaf U eerste oproep tot nou toe gegaan het, het dit immers ook voorheen met my gegaan!

22. En so is alles wat ek in my gesien, gehoor, gevoel en gedoen het op die heerlikste manier bekend gemaak!

23. Aan U, o heilige Vader, alle lof, alle liefde, alle dank en prys daarvoor vir ewig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205