Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die terugkeer van die geselskap in die stad en in die huis van Lameg. Die volksoploop. Henog se goeie raad en Lameg se doeltreffende verklaring aan die volk

244 Na hierdie woorde van Henog begewe alle aanwesiges, soos Lameg, Thubal-Kain, Mura, Cural, die sewe bodes en dus ook Henog hulleself uit die ruim voorhof na die stad en na die huis van Lameg.

2. Maar toe die geselskap die Hof van God verlaat (so was die voorhof van die tempel later genoem) om hulle na die stad te begewe, sien, daar word hulle deur die volk opgehou!

3. Want hulle mis die voorheen gesiene mooi, jong man en omdat hulle hom vroeër nie uit die tempel sien kom het nie, en hom ook nou nie te midde van die geselskap sien nie, dag hulle dat Lameg en sy geselskap hom miskien in die tempel opgesluit het, waar hy dan sou moes verhonger en ten gronde gaan.

4. Omdat Lameg sien dat die volk steeds onstuimiger en opdringeriger word en roep: "Lameg, jou ou wreedaard, jou ou tiran, gee ons die voortreflike man terug, anders skeur ons jou in stukke!", word hy so bang, dat hy na Henog roep:

5. "Henog, magtige vriend van die Heer! Sien jy dan nie in wat se noodsituasie ons onsself bevind nie?!

6. Moet ek dan nou ten gronde gaan? Ek vra jou, gee my raad hoe ons onsself hier uit die hande van die woedende volk kan red!"

7. En Henog wend hom daarop tot Lameg en sê vir hom: "O, jou kleingelowige! Het jy dan nie die sleutels in jou hand nie?! 

8. Sê vir die dwase volk dat hulle saam met jou moet gaan om die jong, man uit die tempel te haal! Wanneer hulle daarvan oortuig is dat daar geen man meer aanwesig is nie, dan sal hulle wel rustig word en sal ons ongehinderd na die huis kan gaan: Doen dit dus! Amen."

9. Nou skep Lameg weer moed en sê vir die hardste skreeuers: "Luister, die jong, voortreflike Man laat Hom in die geheel nie opgesluit word deur ons nie; want Hy is die almagtige, enige God!

10. Alleen Sy heilige Naam het lewend in hierdie tempel gebly. Nadat Hy ons Sy heilige wil te kenne gegee en vervolgens op die mees wonderbaarlike wyse die altaar en die hele tempel geseën het, het Hy tot ons groot verdriet, onsigbaar geword!

11. Dit het werklikwaar gebeur, en die magtige lewende gerubs op die verligtende wolke aan beide kante van die altaar, waarop die mees heilige Naam van hierdie Man rus, getuig daarvan, soos ook die groot verligtende wolk bo die altaar!

12. As julle my woorde nie wil glo nie, hier is die sleutels dan! Neem hulle, gaan daarheen, deursoek die tempel, en bring Die wonderlike Man hierheen, en Hy sal Hom dan voor julle oë Self op my wreek! As julle Hom egter nie vind nie, dan sal julle tog glo dat dit is soos wat ek julle nou vertel het, en dan kan julle niks meer teen my hê nie?!

13. Maar sien toe dat julle hart suiwer is, - anders sal dit baie sleg met julle gaan by die nader van die tempel!"

14. Toe die skreeuers dit nou van Lameg verneem het, was hulle hoogs verbaas en geeneen van hulle het die moed om die sleutel aan te neem nie, en ook het geeneen van hulle iets om Lameg te antwoord nie.

15. Maar Lameg vra nou heel ernstig: "Nou, waarom talm julle nog? Is dit dan nie `n voldoende bewys wanneer ek julle die eie reg tot ondersoek gee nie?!"

16. Hierop wyk die skreeuers terug en sê: "Nou glo ons dat dit so is soos wat jy gesê het! Vergeef ons egter ons growwe opdringerigheid; want die jong man het ons harte immers so ingeneem!"

17. En Lameg antwoord die woordvoerder: "Maar ek sê vir julle ook nog die volgende: Bly almal altyd in hierdie lewende stemming vir die jong Man, dan sal julle die regte weg bewandel; want hierdie Man is God van die ewigheid, - Hy is die God van Farak!"

18. Hierop deins die hele volk terug, en ons geselskap trek, soos wat reeds by die begin aangedui was, ongehinderd die stad binne en ook die huis van Lameg.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205