Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die maaltyd in die eetsaal. Thubal-Kain kies sy bruid. Die huweliksvoltrekking

202 En daarop begeef almal hulle na die eetsaal. Toe hulle daar aankom, was alles feestelik versier. Op nege ronde tafels, met mooi vlegwerk getooi, staan sierlike, goed gevulde kosmandjies.

2. In die middel van die nege ronde tafels is daar nog twee tafels met `n ietwat langgerekte vorm; op sierlike wyse was die goed gebraaide vleis daar neergesit, soos wat dit die gewoonte daar was.

3. En die gaste gaan aan die tafels sit, dank en loof God en eet en drink welgemoed. Toe hulle na behoefte van die vrugte geëet het, staan Kisehel op, wend hom tot Thubal-Kain en sê:

4. "Nou, broer Thubal-Kain, soos afgespreek, is dit jou beurt, om uit hierdie mooi en sierlik getooide meisies en vroue `n bruid en eggenoot na jou tevredenheid te kies, as jy tenminste nie van gedagte verander het nie!

5. Want sien, die bruid en huweliksmaaltyd is bestel; `n lam vir jou vader Lameg en `n kalf vir jou en jou bruid!"

6. Hierdie aankondiging beval Thubal-Kain baie goed en daarop sê hy: "Eers nou sien ek volledig in dat die versoeking `n volkome leë drogbeeld was; want Naëhme, die ware Naëhme, lei beslis `n beter lewe as `n lewe wat volkome in teenstelling tot God staan, wat sy reeds hier in die geheim soseer toegedaan was!

7. Ja, - as sy in `n soortgelyke teenstelling teenoor God sou gestaan het, dan sou haar voet beslis nooit die hoogte, die woonplek van God se kinders, bereik het nie en sou Hored haar ook nie aangeraak het nie. En dit het tog alles gebeur. Hoe kon dit dan gewees het dat daardie drogbeeld die godvrugtige Naëhme sou wees?!

8. Daarom is ek nou bly en vol vreugde en wil ek jou raad sonder enige bedenkinge opvolg!

9. Want nou sien ek in dat julle geen verraaiers is nie, maar waaragtige vriende en magtige afgesante van God! Daarom sal ek, ter wille van julle, God ook altyd loof en prys, omdat Hy so barmhartig en vol medelye is; en daarom geskied julle wil uit God tot my heil!"

10. Toe staan Thubal-Kain op en gaan na die meisies, bekyk hulle almal goed en vind één onder hulle wat hom goed beval, hy kies haar uit en lei haar na Kisehel. Maar toe hy vir Kisehel met haar nader, staan die uitverkorene skielik stil en wou nie verder gaan nie.

11. En Thubal-Kain vra haar: "Jy het jou tog deur my laat kies. Waarom wil jy jou dan nie met my na die gesant van die almagtige God begeef, sodat hy ons kan seën nie?"

12. Maar die uitverkorene antwoord baie nors: "Waartoe sou sy seën dan wel dien?! Het baie duisende vroue nie sedert alle tye ontvang en gebaar sonder `n soortgelyke seën nie?! Waarom sal ons dan nou `n uitsondering maak?!

13. Wil jy jou egter tot `n ewige slaaf van JaHWeH laat seën, dan moet jy dit maar alleen doen; ek sal egter vry bly en jou laat sien dat ek ook kinders kan baar sonder die onnosele seën!"

14. Thubal-Kain was verbysterd oor die brutaliteit, laat die uitverkorene staan en gaan alleen na Kisehel. Hy het goed geweet wat Thubal-Kain aan hom sou voorlê en sê daarom dadelik:

15. "Broer Thubal-Kain, sien, jy het `n slegte keuse gemaak en ek ken die oorsaak daarvan, maar ek sê vir jou: Kies met God, dan sal jy nie by so een uitkom wat al baie ver verby die aantal geskiktes staan nie!

16. Sien, met hierdie uitverkorene is dit net so gesteld as met die bedrieglike Naëhme van voorheen! Gaan daarheen, spoeg haar in die gesig en kies dadelik `n ander!" En dit doen Thubal-Kain.

17. Die slegte uitverkorene verdwyn onmiddellik en `n nuwe uitverkorene volg Thubal-Kain na Kisehel, God lowend en prysend.

18. Hy seën hulle in die Naam van JaHWeH, en Thubal-Kain was verheug, loof en prys God tesame met sy nuwe, mooie vrou en nooi ten slotte almal uit om deel te neem aan sy bruilofsmaal.

19. En almal begeef hulle na die twee bruiloftstafels, seën dit en eet en drink saam met die nuwe paar.

20. En so word aan Thubal-Kain die loon wat deur hom beding is, op geseënde wyse gegee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205