Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die angsvervulde bodes word opgebeur deur Abedam en Adam. Garbiël se groot liefde vir Abedam

48 Na `n baie kort tydjie van nouliks enkele oomblikke sê die eerste spreker met `n enigsins verleë stem weer vir die ander:

2. "Broeders en vriende! So waar as wat ons almal van Adam afstam, - as my oë my nie sodanig bedrieg het dat ek `n molshoop vir `n berg aangesien het nie, - waarlik, ek wil geen tand meer in my mond hê as ja, nou is dit duidelik, - herken julle hulle dan nie? - Ja, dit is nou volkome duidelik: Die twee is Adam en die onbekende man!

3. Laat diegene wat ons kan en wil help, ons nou help! Daar is nou geen tyd meer om weg te hardloop nie en dit kom my ook voor dat so-iets nouliks moontlik kan wees.

4. Wel, dit sal nou `n merkwaardige aangeleentheid word! - Broeders, weet julle wat? - Laat ons onsself maar dadelik op die grond werp, anders sal dit heeltemal sleg gaan!

5. Want Adam laat nie met hom spot nie. Dit sal tog ten minste `n tien jaar lange verbanning oplewer!

6. En laat iedereen van ons sy uiterste bes doen om uit volle bors te smeek, anders, - dit sê ek vir julle, - is dit klaarpraat met ons!

7. Waaragtig, kyk, reg op ons af! Hulle is al baie naby; val julle nou plat!"

8. En dadelik val almal vooroor op die grond en begin te roep: - "O, verhewe vader Adam, wees ons sondaars barmhartig en betoon medelye! O, verhewe aartsvader, verskoon ons van u woede! O, bo alles magtige, ongebore, eerste mens van die aarde, laat u groot toorn nie oor ons kom nie!

9. O, ewebeeld van God, Seun van JaHWeH, wees toegeeflik in wat ons oneindige groot dwaasheid betref!"

10. En so bly hulle maar roep terwyl die hoë Abedam en Adam lankal by hulle staan.

11. In stilte vra Abedam aan Adam: "Luister, hoe geval die geroep jou?"

12. En Adam antwoord: "O Vader! Dit is `n vreeslike gekerm; die gekerm het ek self veroorsaak!

13. Gisteroggend sou dit my nog goed geval het; nou wil ek egter huil van medelye!

14. Die armsaliges vrees my, - en ek weet nie wat ek alles uit liefde vir hulle kan doen nie!

15. O heilige, liefdevolle Vader, wees my ook hier wederom barmhartig en wees vervul van erbarming en maak weer `n dwaasheid van my hart goed."

16. En Abedam sê vir hom: "Kyk en glo My, dit is nie die laaste dwaasheid wat jy teenoor My begaan en wat Ek weer moet goedmaak nie; want jy het My soveel werk gegee, met die blindheid waaraan jy self skuldig is, dat Ek tot aan die einde van die tye pal besig sal wees om alles weer na die oorspronklike orde te bring!

17. Kyk dus, soos hulle hier smag, smag daar nog heelwat van die wat om ons heen gelaer is!

18. Laat die familie Garthilli `n duidelike bewys vir jou wees. Uranion en sy nakomeling, hoe het hulle op die hoogte aangekom? En tog is dit sy huis wat in die môre die helderste straal.

19. Maar alles wat jy gedoen het, kom op geeneen van jou rekeninge meer voor nie; want sien, Ek het dit op My eie rekening gesit en weet baie goed wat Ek daarom vir alle tye van die tye sal doen.

20. Maar nou is jy nog effentjies aan die beurt; roep hom, wat die naaste aan ons op die grond lê, by sy naam en beveel hom met `n kalm stem om op te staan en ons sal dan sien wat ons te doen staan. Amen."

21. En toe buig Adam hom vooroor na ons eerste spreker en aanvoerder, gryp sy hand en roep in sy oor:

22. "Garbiël! Staan op, - en maak `n einde aan jou sinlose geskreeu!"

23. Maar Garbiël sê dadelik, terwyl hy nog op die grond lê, vir die ander: "Broeders, hou nou op met roep, dit help niks meer nie, - maar staan saam met my op en laat iedereen voorbereid wees op die strengste vonnis; want julle weet immers almal, dat as die verhewe vader die een of ander smekeling aan sy linkerhand pak en vir hom sê om op te staan, dat dit dan soveel wil sê as: 'Verdwyn onmiddellik vir twintig jaar lank ver verby middernag volledig uit my sig!'

24. O wee ons, wee ons! Dit word ons dus nie eers toegestaan om ons vrouens en ons liewe kinders saam te neem nie! O wee, wee oor ons almal; want nou is ons verlore!"

25. Daarop sê Adam vir Garbiël: "Garbiël! Jy is `n groot dwaas; dit is nou vir alle tye van die tye verby!

26. Vrees nie; niemand van julle sal ooit weer verban word nie, want die man, wat nog vir julle onbekend is, en ek het nou nie na julle toe gekom om julle te onderdruk nie, maar om julle almal heeltemal op te rig en, as dit moontlik mag wees, ook volkome tot lewe te wek. Staan almal daarom op! Amen."

27. Toe Garbiël hierdie woorde uit die andersins so streng mond van Adam verneem het, spring hy dadelik soos `n jong hert op en weet van opperste vreugde nie wat hy moes doen nie. Onmiddellik omarm hy Adam en kus sy bors sewemaal; toe omarm hy ook die man wat nog vir hom onbekend was en sê:

28. "Wie jy origens ookal mag wees, - kortliks gesê, my onbegrensde liefde is nou vir jou verseker werd! JaHWeH bemin tog selfs die vlieë; waarom moet jy, my origens nog onbekende broeder, van my liefde wat nou onbeperk brand, uitgesluit wees?!"

29. En Abedam kry dus ook sewe stewige kusse op sy bors.

30. Toe hy beide so gekus het, roep hy vir die ander wat ook opstaan: "Broeders, kom hier! Ag, wat het ek nou aan die bors van hierdie onbekende ondervind!

31. Daar is geen woorde voor nie! - Kom, kom, broeders en voel almal hoe buitengewoon goed die iemand in sy nabyheid is!

32. Nee, broeders, vriende, - ek wil in my eie hart byt en my huid laat stroop as hierdie wonderlike vreemdeling ooit êrens op aarde gebore is!

33. En aan hierdie hemelse man het ons voorheen so `n antwoord gegee!

34. Is daar nou nêrens `n hongerige tier wat ons almal daarvoor sou wil opvreet nie?!

35. O kom, kom en ervaar wat hier is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205