|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 147
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die strydvraag oor die bestaan van die geoordeelde en van die vrye mens. Henog se verleentheid.
147. Na hierdie wedersydse opmerkings tussen Abedam en Henog, wend die onbekende spreker Homself weer tot Henog en vra vir hom:
2. "Luister, liewe Henog, jy, wat tot opperdienaar van die Heer aangestel is: Ek en hierdie broer naas My is dit in één saak oneens, dit wil sê, in ons hart is ons dit nie oneens nie, maar slegs `n bietjie in die verklaring; jy is as opperdienaar van die Heer die allermeeste met die lig begaaf, as gevolg van jou liefde vir Hom en daaruit tot al jou broers, gee ons daarom `n verligtende antwoord oor dit wat ons oneens is.
3. Dit is die punt wat ons in die lig skei: Ek sê in Myself, dat ook die geoordeelde mens leef; maar dit is `n gedwonge lewe, terwyl die vrye, ongeoordeelde mens `n absoluut, ongedwonge lewe lei.
4. En so is `n geoordeelde lewe `n lewe van die sonde, `n ongeoordeelde lewe egter `n lewe van die liefde; en sodoende bestaan daar dan immers geen dood nie, maar slegs `n verskil van lewe!
5. Sien, dit sê Ek in Myself; maar die broer sê:
6. '`n Geoordeelde lewe is in geheel geen lewe nie, maar slegs suiwer die dood! Want `n geoordeelde lewe lyk heeltemal soos `n opgewerpte klip, wat weliswaar ook soos `n voël deur die lug vlieg, maar slegs solank die krag van die gooi hom dra; hou dit egter op, dan val hy onmiddellik weer volkome dood na die aarde terug, terwyl die voël homself vry na alle rigtings kan beweeg!'
7. Ja, hy voeg nog daaraan toe: 'Laat ons aanneem, dat die klip so geweldig hard omhoog gegooi word, dat hy homself ewig voort sou moet beweeg in die oneindige ruimte; dan kan ons onsself afvra of die klip as gevolg van die ewig voortvlieëndheid leef of in homself tog volkome dood is!'
8. Sien, liewe Henog, dit is dus waarin ons lig verskil en wat jy vir ons mag ophelder, maar wel so, dat dit vir elkeen van ons volstrek duidelik word, wat jy daaroor vir ons sal sê!"
9. Nou dink Henog na in sy hart en vind na `n lang soeke geen antwoord nie. Want ondersoek hy die een stelling, dan vind hy dit volkome reg, - en doen hy dit met die tweede stelling, dan was ook hierdie wederom onweerlegbaar reg; en so kon hy, ondanks al sy gepeins en vergelyking, geen antwoord vind nie.
10. En wend hy homself, soos altyd by sulke geleenthede, in die liefde van sy hart tot JaHWeH, dan klink dit daar so, dat die een stelling ewe korrek was soos die ander.
11. Hierdeur kom Henog in groot verleentheid en wis nie watter antwoord hy moes gee nie.
12. Die vreemdeling wag rustig op die antwoord, wat maar nie wil kom nie. Maar Abedam trek vir Henog na homself toe en sê tersluiks aan hom: "Broer Henog, as die Hoë Abedam dit vir ons gedurende die tyd dat Hy in ons midde verkeer het, nie met opset `n bietjie moeilik gemaak het met die toebedeelde ampte nie, dan weet ek nie!
13. Neem nou eers hierdie twee, nota bene; nogal uit die aand! - en my, as `n sogenaamde waarlik skrander leier in hulle midde!
14. `n Halwe vraag van die aard is vir my immers reeds by al my sogenaamde skranderheid meer as toereikend, om my totale vertwyfelde wysheid vir alle ewige tye die mond te snoer!
15. Gestel dat hulle hulleself met hierdie twee beslissende vrae tot my gewend het, - o Heer, wat sou daar met één klap van my geword het?! Waarlik, ek sou immers vergaan het soos `n vuil waterdruppel wat in die vuur van die son val!
16. En my het hy, soos jy self gehoor het, as hoofleier oor die broedervolk uit die aand gestel!
17. Broer, - ek weet by my arme siel nie hoe mens iemand nog meer in moeilikhede kan laat beland as wat ons nou te beurt geval het nie!
18. Hy het ons almal immers so dikwels gesê: Dit kom alles op die liefde neer; uit die liefde kan ons alles put!
19. Broer, ek is en het God altyd lief uit alle mag, en ek sou alle mense van liefde wel aan my hart wil druk, - en tog is ek daarby so dom, soos iemand maar dom kan wees!
20. Wat sê jy daarvan? - Ek glo heimlik by myself, dat JaHWeH ons almal in Abedam `n nuwe toetssteen gegee het, waaraan ons ons standvastigheid moet meet; want anders sou my blywende domheid in my geroep immers nog minder te verklaar wees as `n ster wat nog nooit opgegaan het nie! - Wat dink jy dan, liewe broer, in die opsig?"
21. Hierdeur raak Henog nog meer in die klem en wis ten slotte niks ander om te sê as hierdie weinige woorde nie:
22. "Broer, glo my, jy is in jou eenvoud gelukkiger as ek met al my veronderstelde wysheid!
23. Daarom wil ek ook maar net die liefde verkondig, en dergelike knippies van die wysheid altyd onopgemerk laat verbygaan!
24. Want hier in hierdie twee stellings sou elkeen basies gelyk hê, - en tog is daar tussen beide `n belangrike verskil; hoe om dit egter insigtelik te maak, is `n ander vraag!
25. Wat is `n gedwonge lewe en wat daarteen die dood?
26. Die beslissing sal ons na beter tye verskuif! Daarom sal ons die twee ook daarmee afskeep; want oor dit wat ek nie begryp nie, kan ek ook nie spreek nie! - Jy verstaan my tog?"
|
|
|
|
|