Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hoe mens moet bid. Die Wese van God en van die lewe.

46 Met groot liefde vervul, hardloop almal nou op Abedam af. Hy omarm hulle almal, seën hulle en druk hulle vervolgens teen Sy bors en sê toe vir al die omstanders: "Kinders, laat almal wat hier is, hierna kyk: Soos Adam en hierdie familie Garthilli nou reeds aan My bors `n ewige lewe adem in die gees van hulle groot liefde en allergrootste deemoed en soos eweneens Henog, Jared, Lameg, Set, Metusalag, Enos, Kenan, Mahalaleël, Abedam die bekende, Sethlahem, Kisehel en sy broers, Jura, Bhusin, Ohorion, Zuriël, Uranion, Gabiël en sy broers Lamel en Hored, en met hulle ook hulle vroue en kindertjies en kinders dit inasem, so sal almal `n ewige lewe inasem in die gees van die liefde tot My en in alle waarheid wat daaruit voortkom!

2. Want waarlik, Ek sê dit vir julle almal: Daar is niemand wat nie deur My geroep is nie! Maar tog sê Ek nogmaals vir julle almal: Van alle geroepenes sal daar nie één aan My bors kom, voordat hy nie uit homself in alle liefde en deemoed sal kom en dan in sy hart vir My sal beken dat Ek sy Vader is nie!

3. Waarlik, Ek sê vir julle almal: Wie My nie vanuit sy hart as Vader sal beken nie, hulle sal nie aan My bors kom nie!

4. Wanneer julle sal roep: 'Abba', roep dit dan in julle hart, in deemoed, in liefde en in alle waarheid vanuit die liefde; dan sal Ek julle verhoor!

5. Diegene van julle, kinders, wat voortdurend sal roep: 'Heer, Heer, God van alle geregtigheid, God van barmhartigheid, God van liefde en alle erbarming!', die sal Ek weliswaar nie verwerp nie en Ek sal hom die lewe gee, - maar dit sal baie moeilik vir hom wees om ooit hier aan te kom in die oord van die volkome salige vrye lewe.

6. Want God laat Hom nie omvat nie, en die Heer van alle geregtigheid kan op grond van Sy eindelose oop gewydheid nooit `n soortgelyke toenadering duld nie, maar slegs die Vader, wat in Sy eindelose liefde vir Sy kinders alles in Hom berg, sodat hulle Hom almal so volkome en in die gees nog onuitspreeklik inniger as wat julle dit hier sien, sal kan nader en ook moet nader om daar aan Sy vaderbors ewig te geniet van alles wat maar van die Vader is.

7. Onthou dit dus vir alle tye van die tye, dat slegs die Vader die lewe het en die lewe gee; en slegs die Vader is die ewige lewe in God.

8. God Self is nie die lewe nie; maar Hy is slegs die lig van die Vader, soos slegs die Vader die lewe is in Sy lig. Die Heer het ook geen lewe nie; maar die lewe is van die Vader alleen, - want die Heer is maar net die oneindige mag van die Vader, wat alleen Hom ewig eie is! Wie hom dus nie volledig tot die Vader wend nie, waarlik, die sal ook nie tot die Vader kom nie; wie egter nie tot die Vader sal kom nie, sal weinig lewe in hom ervaar! Want daar is `n eindelose verskil tussen lewe en lewe!

10. Ook die klip lewe omdat hy bestaan; want bestaan en lewe is een en dieselfde, - want alle gegewe lewe is `n voortdurende stryd tussen twee magte, waarvan die een strewe vir die vernietiging, die ander daarenteen vir die bestaan, waarby geeneen van beide egter ooit êrens anders die gewenste rus kan vind nie, as slegs in My, die Vader.

11. En so lewe ook die klip; maar wat vir julle`n ondenkbare verskil is tussen die lewe van `n klip en die lewe van `n eenvoudige myt, - en wat se groot verskil dan wel in vergelyking met die lewe van `n in die liefde volkome, allersaligste, mees vrye engelegees!

12. Gevolglik sal weliswaar ook almal `n lewe hê in God en in die Heer; maar die enige ware, homself volkome vry bewustelike lewe is slegs in die Vader; vergeleke met hierdie lewe is al die ander lewe julle reinste dood!

13. Onthou dit alles goed en wend julle daarom tot die Vader as julle waarlik wil lewe!

14. Julle almal is geroep vir die lewe in My; kom daarom almal en neem dit van My aan en laat julle uitverkies deur My, sodat daar nie later gesê sal word: 'Van die geroepenes is daar slegs weiniges uitverkies nie!'

15. Bewaar dit alles diep in julle nog baie koue harte! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205