Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 229

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg stel vrae oor die liggaamlike uitdruk van gevoelens. Wat die suiwer liefde doen, is vir God geregverdig

229 Na hierdie woorde van JaHWeH skep almal meer moed en loof en prys God in hulle hart vir Sy onmeetlike goedheid, barmhartigheid en erbarming.

2. Lameg skep meer moed as die ander en vra nou aan JaHWeH: "O God, enige, groot God van hemel en aarde, enig ware, allerbeste Vader van die mense, U is gewyd, meer as gewyd! Is dit dan werklik `n sondige fout as `n mens deur sy gevoelens gedwing en gedryf deur sy deemoed en magtige liefde tot U, byna onwillekeurig ook al vir U enige mees heilige wil en Naam sowel geestelik asook liggaamlik voor U neerval en U so innerlik sowel as uiterlik in die stof van sy totale eie nietigheid aanbid en hom so heeltemal aan U opoffer?

3. Want van my kant af sien ek dit as volg: Ten opsigte van U eindelose goedheid en erbarming kan die mens tog onmoontlik ooit teveel doen!

4. Die gees van die mens kan hom wel volgens U heilige orde en U mees heilige wil onafgebroke met U, o heilige Vader, besighou dit sal vir hom seker ook ewig alleraangenaam wees -.

5. Maar op sommige oomblikke, as hy te veel van U liefde en barmhartigheid deurdring word, wanneer berou, liefde en vreugdetrane uit sy oë stroom, wanneer hy U, o heilige Vader, duisend en duisend keer met sy vurigste liefde sou wil omarm, dan, meen ek nou vanuit die diepste van my hart, kan `n mens nie anders as ook met sy liggaam sulke bewegings te maak wat heeltemal ooreenkom met die van sy gees nie!

6. Vriende, broers en geliefdes omarm mekaar immers ook wanneer hulle besonder daartoe beweeg word. Deur hulle liefde gedwing, omarm klein kinders hulle ouers gereeld krampagtig. Uself het immers U groot, wonderlike skepping so geordend ingerig, dat in alles besondere oomblikke te sien is waarop nou eens meer bewoënheid heers, en dan weer oomblikke waarop van minder bewoënheid sprake is.

7. Die son skenk weliswaar steeds dieselfde lig; dit kom my voor asof hy onafgebroke besig is met U, waarna U netnou verwys het.

8. Maar dit is nie die geval met die skenk van warmte nie; daarby lyk dit asof die son verskillende graderings toepas en lyk soms meer en soms weer minder aktief te wees!

9. Die bome bloei nie regdeur nie en het ook nie voortdurend vrugte aan hulle takke nie, - en tog volg hulle steeds U orde!

10. Die lug self neem gereeld kragtig toe en trek in groot en magtige hewigheid oor ons heen.

11. Ook die berge brand nie ewig nie, terwyl hulle tog altyd U orde volg; slegs by tye word hulle steeds heftiger werksaam en dit lyk asof hulle U dan met hulle vurige arms met heftige liefde wil vasgryp!

12. Daarom sal U, o heilige Vader, ons ook nie so kwalik neem, as ons U deur ons liefde gedryf, met die bewegings van ons liggaam, saam met die van die gees, eer, loof, prys, dank en aanbid nie?!

13. Selfs `n klip laat hom immers in die magtige vuur smelt, dit wat ook `n krag is vanuit U; waarom sou dan ook nie ons lewende en gevoelige liggaam soms, as ons liefde vir U baie intens is, saamgesleep en in die vuur van die liefde enigsins saamgesmelt word deur ons gees, wat U regdeur liefhet?!"

14. Die Heer lê vir Lameg Sy hande op en sê vir hom: "Lameg! Jy was `n seun van die wêreld, en destyds het jy niks geweet van alles waaroor jy nou met My gepraat het nie.

15. Hoe is dit dan, dat jy nou net so praat soos `n priester van die hoogte wat met My Gees gesalf is?!"

16. En Lameg antwoord vol eerbied: "O God, ek spreek soos wat my hart en my liefde tot U dit nou vir my ingee!"

17. En die Heer sê daarop vir Lameg: "As iemand My bo alles liefhet, en sy hart sê, terwyl dit in so `n groot liefde tot My ontbrand, vir hom: 'Doen dit!' of 'Doen dat!', laat hy dit dan doen, en Ek sal alles met tevredenheid aansien wat die suiwer liefde tot My sal doen!

18. Laat die liefde julle aller lig en enige wegwyser wees in My Naam, ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205