Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Op die dag van die geskil of Dinsdag (Derde Dag). Die woorde van Abedam, die ander een, oor die erns van die leraarsamp.

143. Al baie vroeg begewe die vaders hulleself na die hoogte en loof en prys die meer as heilige Vader, wat hulle in hierdie kort tyd so eindeloos verryk het; selfs Adam ontbreek nie, maar was veel eerder as een van die eerstes in die geselskap van Abedam, die bekende, en Eva op die hoogte en seën al sy nakomelinge na alle kante toe.

2. Na die beëindiging van die loof en prys vra Adam aan al sy kinders: "Wat dink julle? Dit is vandag die dag van die geskil, - sal daar vandag geen twissieke wysgere uit die middag, geen piekeraars uit die aand en geen skeptikus uit middernag hulleself hier aansluit nie?

3. Tot nou toe sien ek tenminste uit geen enkele rigting iemand ons woninge nader nie!

4. Waarlik, as daar niemand vandag kom nie, dan sal dit as een van die grootste wonders deur my beskou word, wat ons blywend geskenk is deur die mees heilige sigbare teenwoordigheid van JaHWeH!"

5. Maar Abedam, die bekende, antwoord op die vraag van Adam soos volg: "Luister, eerbiedwaardige vader, die dag het nog nouliks begin; verheug jou daarom nie te vroeg nie!

6. Sien, ons gedagtes en ons woorde, net soos ons werke, is nie onopgemerk nie; want my groot Naamgenoot kan Homself ewe goed onsigbaar in ons midde bevind, soos wat Hy gister nog sigbaar te midde van ons gewandel het.

7. As julle julleself vanweë `n tydelike voordeel verheug, sien, dan is Hy byderhand om vir julle weldra al die wêreldse, waaroor julle julleself so graag verheug, te vernietig!

8. Daarom is ek van mening dat julle nie te vroeg moet juig nie; want anders skuif Hy julle juis vandag soveel twissoekers op julle dak, dat julle vandag glad nie met hulle sal klaar kry nie, en bowendien nog twissoekers van die mees spitsvondige soort, wat niks begryp nie, niks insien nie, en daarom in al hulle uitsprake die grootste gelyk wil hê!

9. Maar hoe aangenaam dit ookal is om met sulke nefies te praat, wat `n kop van klip en `n bors van yster het, - vaders, dit het ek helaas maar al te dikwels ondervind!

10. Daarom dink ek dat julle nie te vroeg moet juig nie, maar Hom, die Heer van alle twis, vra of Hy nie, vir die verdere toekoms, al die sinnelose getwis ver van ons wil hou nie en daarenteen `n ware lig vir almal sal laat skyn, sodat al die getwis tot `n end kan kom!

11. Sien, liewe vaders, dit is my mening, wat ek weliswaar op niemand wil afdwing nie en wel die allerminste aan julle vaders van die hoë midde!

12. Maar tog sê ek, noudat ek tog aan die praat is: Laat niemand homself in sy leraarsamp beroem nie en in Sy hart jubel dat die Heer hom tot leraar en tot `n profeet gemaak het nie; want die leraar en die profeet is nie geliefd nie, maar hoog geag en gevrees.

13. Ek sê egter: Abedam weier `n dergelike onderskeiding as Hy die liefde daardeur moet ontbeer! Daarom wil ek wel graag as leraar van die liefde deur dade werksaam wees, maar hou my sover moontlik uit die omgewing van `n stryd oor die wysheid! En sou ek ook deur die Gees weet wat die Heer môre met die hele aarde sou doen, wat Hy eergister met die berg in die môreland gedoen het, waarlik, ek sou Hom vra dat ek dit nie aan die mense hoef mee te deel nie, want daardeur sou ek wel hulle vrees, maar verseker nie hulle liefde opwek nie! - Ek bedoel maar, dit is ook `n wysheid!

14. Broer Henog, ek sê vir jou, jy het wel die swaarste amp gekry!

15. Waarlik, as ek jy was, dan sou ek dit eerder drie, ja sewemaal voor die voete van die Heer neergelê het, alvorens ek dit moes aanneem!

16. Glo my, liewe broer Henog, die amp sal nie eenvoudig wees nie! Jy is geheel en al liefde en sal ook louter liefde predik, - maar daardeur tydens jou lewe allermins ontvang!

17. Want dit maak geen verskil, of jy `n leraar van die wysheid of van die liefde is nie, omdat die allerhoogste wysheid juis in die liefde skuil.

18. Jy sal dus wel die grootste agting geniet, - maar slegs baie weinig broers en susters sal jou omarm!

19. Vir my is egter die omarming van een broer, en ook die van een suster, meer werd as die hoogste agting van die hele wêreld!"

20. Hier swyg Abedam. Almal verwonder hulleself oor sy wysheid en Henog haas homself na hom toe en sê:

21. "Broer, jy het heeltemal korrek gespreek! Alles wat jy gesê het, voel ek duidelik in my, maar hoe is dit nou nog te verhelp?"

22. En Abedam sê aan hom: "Broer, glo my, Hy is in ons midde, en dan is alles immers maklik te verhelp! Sien, ons het immers `n lewende, ope oog vir Hom; dit is ons hart!

23. Laat ons daarom alles wat ons bedruk, aan Hom voorlê in ons hart, en Hy sal daar wees en versag wat ons bedruk!

24. So dink ek daaroor en ek glo dat dit reg is!

25. Of dink jy dat dit anders is?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205