Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg en die deur hom nog steeds nie herkende heilige Vader in die troonsaal. JaHWeH as die sleutel en die deur

226 Toe hulle nou voor die deur van die troonsaal aankom, gaan Lameg vinnig na die vreemde Man toe en sê vir Hom:

2. "Vriend, nog veel magtiger is jy as Kisehel en sy broers, en selfs magtiger as die hoëpriester Henog, hier is die troonsaal, waarin jy op die troon die mees heilige Naam van God sien!

3. Omdat jy so buitengewoon aangrypend magtig oor hierdie Naam, soos uit God se mond, tot die volk gespreek het, sal dit sekerlik ook aangenaam wees om hierdie mees heilige Naam te besigtig!

4. As jy dit graag wil, nog voor ons `n oggendmaal tot ons sal neem, dan laat ek die saal oombliklik open! Want sien, daar op die agtergrond wag honderd diensbare mense van beiderlei geslagte; ek hoef hulle maar te wenk, dan sal hulle dadelik byderhand wees en die swaar ysterdeure vir ons open!"

5. En die Heer antwoord Lameg: "Waarom die volk onnodig lastig val?! Sien, dit kan ons tog ook doen en wel baie makliker as die arme, swak volk!"

6. Maar Lameg sê daarop: "Dit is wel waar; maar die sleutels moet ons tog laat bring ?"

7. En die Heer antwoord Lameg: "Luister, Lameg, Ek Self is die sleutel en die deur! Met My kan jy alles wat maar gesluit is, open, en deur My kan jy in die vertrek van die ewige lewe kom!

8. En dat Ek ook die sleutel is waarvoor geen enkele deur veilig is nie, daarvoor moet jy maar net na hierdie deur kyk! Wanneer Ek vir haar sal sê: 'Open jou!', dan sal sy ook sonder sleutel oopgaan!"

9. Daarop spreek die Heer tot die deur: "Open jou!" en dadelik spring die twee swaar deure so vinnig soos vleuels oop, dat Lameg gladnie kon waarneem hoe en wanneer dit gebeur het nie.

10. Hieroor verbaas Lameg hom in `n hoë mate. Daarom haas hy hom weer terug na Kisehel en sê vir hom: "Luister, broer, dit is ietwat te veel vir my!

11. Ek word bevrees en bang vir hierdie mens, want ek glo dat hy ook berge sou kan versit met sy woorde!

12. Sê vir my: Sou jy dit ook met die mag van jou wil en jou woord tot stand gebring het?"

13. En Kisehel antwoord Lameg: "Sekerlik! Maar slegs, soos alles tot nou toe, met die mag en die barmhartigheid van JaHWeH, want buite Hom bestaan daar geen mag nóg krag, nóg enige barmhartigheid nie!

14. En so is elkeen met die Heer tot alles in staat, maar sonder die Heer tot niks; want alleen die Heer is almagtig en is vanuit Homself tot alles in staat en niemand behalwe die Heer is vanuit homself tot iets in staat nie!"

15. En Lameg vra weer vir Kisehel: "Dus moet hierdie merkwaardige jong man tog baie veel barmhartigheid van God ontvang het, omdat hy dit teweegbring en hom so baie onderskei van julle almal?!"

16. En Kisehel antwoord: "Inderdaad my liewe broer Lameg! Hy het die hoogste graad van barmhartigheid uit God en daarom is Hy ook die allermagtigste en die allerwysste!"

17. Waarop Lameg wederom sê: "Dit kom my tog wel hoogs merkwaardig voor dat God nou juis hierdie jong man meer barmhartigheid, wysheid en mag verleen het as julle hoogbejaarde, ervare manne! - Vind jy dit ook nie vreemd nie?"

18. En Kisehel antwoord hom: "Gladnie; sien, so-iets doen JaHWeH soos wat Hy dit wil! Pryk en ruik `n klein blommetjie ook nie selde veel sterker as die grootste sonroos nie? Waarom? Dit weet JaHWeH alleen!

19. Maar kyk nou, die jong Man kom by die plaat; laat ons daarom oplet wat Hy daarmee gaan doen!"

20. Maar die Heer bekyk die plaat net en verrig heeltemal geen verdere seremonies nie, maar keer dadelik weer terug en sê toe aan Lameg:

21. "Nou, My vriend, laat ons weer gaan, en laat jy vir ons `n oggendmaal opdien!"

22. Lameg was vinnig byderhand en sê vir die jong man: "My allerhoogste gewaardeerde vriend, vol egte mag en wysheid! Ons hoef ons maar na die saal te begeef en alles sal reeds in orde wees!"

23. En die Heer antwoord: "Laat ons dan gaan!"

24. Hierop loop die Heer vooruit, aan Henog se sy, en Kisehel en Lameg met die ander ses volg Hom.

25. Onder die loop uiter Lameg homself as volg teenoor Kisehel: "Broer, dit kom my alweer hoogs merkwaardig voor, dat hierdie man wat deur God so hooggeplaas is, nie die allerminste buiging voor die tafel gemaak het nie, maar haar baie vlugtig bekyk het en haar toe die rug toegekeer het!

26. Ek sê vir jou, dit verwonder my nog die allermeeste!"

27. En Kisehel sê daarop vir Lameg: "Liewe broer, trek dit nie vir jou aan nie; want alles sal binnekort vir jou sonhelder word!

28. Doen nou maar presies wat Hy gesê het, dan sal dit vir God baie welgevallig wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205