Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam se belangrike vraag aan Purista

19. En so spreek Abedam verder tot Purista: "Jy het My nou net gesê: Adam het voortgekom uit die hand van die meer as heilige, hemelse Vader, wat vervul is van die hoogste liefde en vol erbarming. Wat sou jy nou daarvan sê, as Ek ten aansien van julle almal sou beweer: Adam het, soos wat hy hier leef, uit My hand voortgekom!

2. En as jy dit hom, om jou te oortuig, ernstig sou vra, hy dit jou dan volledig sou bevestig?"

3. En Purista sê: "Jy is weliswaar buitengewoon magtig, maar of jy ook `n mens en dan nog wel ons aartsvader Adam, somaar geskape het, dit sal ek wel betwyfel, - tensy die meer as heilige, liefdevolle, hemelse Vader dit so gewil het!

4. En as dit die geval is, dan is dit immers weer nie jy nie, maar is slegs Hy die verhewe, heilige Skepper van Adam en jy is slegs Sy magtige werktuig!

5. Mag jy jou daarop beroem, om self `n skepper te wees? Kyk, dit is nie heeltemal soos dit hoort nie!"

6. En Abedam: "Maar sien, my teer Purista, Ek bemin immers die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader net so en nog baie meer as wat alle mense Hom saam bemin! En as dit nie die geval was nie en as Ek nie tot in My diepste wese deemoedig was nie, sou jy dan wel staande kon bly en glo, dat aan My `n dergelike mag verleen sou gewees het, waardeur die gehele oneindigheid My op My minste wenk moet gehoorsaam?!

7. Wat sê jy dan nou hierop, - omdat Ek vanweë die noodsaaklike deemoed Myself eintlik heeltemal nooit kan, wil en mag beroem nie?"

8. En Purista, haar ouers en Uranion begin hulle nou geweldig te verbaas en die heerlike môrepêrel word daaroor nou verleë en weet nie wat sy hierop moet sê nie.

9. Eindelik vermaan sy haar tog weer en vra baie bedees vir Abedam, terwyl sy haar vader nog steeds vashou: "Is jy dan ook werklik so magtig, dat daar aan jou mag geen einde kom nie?"

10. En Abedam: "Wil jy `n teken sien van My mag, My krag en My absolute gesag?"

11. En Purista: "Vir my was die magtige bliksem met die verskriklike donderslag al `n toereikende teken van jou onbegryplike mag; wie egter so magtig is soos jy, dié is tog seker ook sterk en kragtig.

12. Of jy ook werklik eindeloos magtig is? - Deur wat se teken sou jy my, `n swak wurmpie in die stof, wel kon oortuig, omdat ek nooit, soos God, die oneindigheid sal kan oorsien nie?

13. Wat sou `n teken wat jy in die een of ander eindelose verre uithoek van die oneindigheid sou verrig, my dus baat? Sou ek dit kon sien en my daarvan oortuig?

14. Sien, so iets is immers onmoontlik! Wat sou so `n teken dan vir my baat?! Laat dit daarom maar liewer en gebruik jou groot mag vir iets beter as vir die nuttelose bevrediging van menslike nuuskierigheid!"

15. En Abedam: "Goed gespreek My liewe Purista; so rein soos wat jy is, is waarlik die son nie eens nie!

16. Ek sien al dat dit moeilik sal word om jou te oortuig, want alles wat jy My ook maar sê, is die suiwer en volle waarheid! Jy wil geen teken hê nie, My vrae beantwoord jy asof die mees wyse engelgees uit jou spreek, - en daarom is Ek vir jou volstrek ontoereikend.

17. Maar Ek sien die oorsaak al; jy vrees nog steeds dat Ek jou van jou ouers wil skei! Wees maar nie bang daarvoor nie, want sien, Ek wil vir jou ouers liewer nog `n duisend sulke dogtertjies soos jy gee, asook maar om een haar van hulle hoof te neem! Daarom moet jy nie so `n vrees vir My hê nie, maar jou daarenteen liewer vol vertroue tot My wend; dan sou jy in een oomblik meer van My ontvang as anders in baie jare.

18. Dit is waar: Jy hang weliswaar onwrikbaar aan die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader, - maar jy ken Hom nie! Daarom het Ek egter na julle toe gekom, om julle hierdie Vader, wat julle weliswaar bo alles liefhet, maar nie in die minste werklik ken nie, geheel te laat leer ken.

19. Sien jy, liewe, allervroomste Purista, hoe is dit dan dat jy My bedoeling in al My vrae wat aan jou gerig was, so geheel en al misken het?! Sien, dit was nie baie wys van jou nie!

20. Want dit moes jy tog wel ingesien het, dat God, jou Heilige Vader, sulke magtige bodes soos Ek stellig met `n liefdevolle bedoeling sal laat afdaal na julle arme, swak mense; die bodes is dan ook sekerlik nie boosaardig en sleg, soos jy heimlik gemeen het nie, maar altyd buitengewoon goed en vol van die grootste liefde en erbarming vir julle.

21. Sien, oordink dit nou in jouself en verlang dan `n teken van My, sodat julle daardeur almal die heilige, liefdevolle, hemelse Vader ook sal herken soos Hy is; want dit is Sy wil vir julle almal! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205