Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 253

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die twyfel en opvattings van verskillende gaste omtrent die geheimsinnige Arme

253 Na hierdie woorde van die Vader gaan almal vol eerbied aan tafel sit en eet en drink. Maar aan tafel durf niemand iets sê nie; want die eindelose wysheid van die Vader, wat Hy voor Henog uitgespreek het, het elkeen die moed daartoe ontneem.

2. Maar onder die orige gaste word heelwat gesprekke gevoer. Sommiges kon die verandering by Lameg nie begryp nie en bespreek hierdie verskynsel onder mekaar; hulle kon egter nie veel sin daaroor sê nie, want hulle wis in die algemeen heeltemal nie wat daar in hierdie kort tydjie alles met Lameg gebeur het nie.

3. Diegene wat hulle in die onmiddellike nabyheid van ons vername geselskap bevind het, merk die Arme en Sy groot wysheid op en hulle wis ewemin wat hulle van Hom moes dink.

4. Sommige sê saggies: "Dit moet `n siener wees!"

5. Ander sê weer: "Dit is tog sekerlik `n slangebesweerder; want so lyk diegene wie die slange en adders gehoorsaam!"

6. En weer ander merk daarenteen op: "As dit so iemand was, dan sou hy tog `n towerstaf moet hê en ook geheime tekens! Ons meen daarom dat hy `n wyse sterrewiggelaar is. Daarvoor spreek veral ook die feit dat hy deur almal `n 'vader' genoem word; met so `n benaming eer mens immers gewoonlik `n soortgelyke wyse!"

7. Weer iemand anders voer daarteen aan: "Dit is ek heeltemal nie met julle eens nie! Ek kan my nouliks vergis; want ek sien skerp en durf daarom heel stellig te beweer, dat juis hierdie Arme niemand anders is as die nou verklede wonderlike Man, wat hom vandag omstreeks die midde van die dag aan die sy van die wyse grysaard van die hoogte bevind het, toe Lameg die plaat met die Naam van die God van Farak die tempel ingedra het. Sy trekke is op een haar na dieselfde; jy sien dit net byna nie meer deur die buitengewone skamele kleding nie."

8. Iemand anders vind dit ook; alleen begryp hy nie waarom so `n wonderlike man hom so sou verklee het, omdat daar tog geen rede daarvoor te vinde was nie.

9. Nog `n ander merk op: "As hy Die Een is wat my ook so lyk om te wees, - dan moet hy hom alleen ter wille van die verrassing so geklee het! Want Lameg het hom buitengewoon lief en hy skyn hom in die tempel heimlik uit die voete te gemaak het, soos ek in die verbygaan verneem het want daar skyn daarna `n ware opstand te gewees het; om nou Lameg en die ander des te meer te verras, het hy hom so verklee!"

10. Maar `n ander bring weer in: "Dit sou vir almal korrek kan wees; maar ek kan nog steeds nie begryp waarom hulle, wat veel ouer is as hy, hom dan voordurend 'vader' noem nie! Want `n onderskeiding kan dit tog nie wees nie, omdat hy `n wyse is; want dan moes die ander wyses van die hoogte ook hierdie erenaam gedra het! Dit sou gewoon sy naam moet wees, - anders sou ek dit waaragtig nie kan verklaar nie!"

11. Maar een van hulle, wat hom die naaste aan die spreker bevind, sê vir hom: "Dit sou vir almal korrek kan wees wat jy dink; maar ek het daarby één omstandigheid opgemerk, en dit is van buitengewone belang! Het jy dan nie `n rukkie gelede gesien hoe die hele verhewe geselskap voor hom neergeval het en geween het en hom letterlik aanbid het nie?!

12. As hy maar net `n groot wyse sou wees, soos byvoorbeeld die groot leraar Farak eens was, en soos die groot wyses uit die hoogte, wat selfs wonders kan doen, - dan sou hulle en ook Lameg nie so-iets gedoen het nie!

13. Daar moet dus iets buitengewoon met hierdie man aan die gang wees! Maar om daaragter te kom waaruit dit sou kan bestaan, sal vir ons twee, soos vir elkeen van ons, wel seldsaam moeilik word!

14. Laat ons daarom maar mooi stil en rustig wees en ons nie met dinge bemoei waarvan ons geen kennis het nie; maar laat ons daarvoor in die plek liewer na die vrugte gryp! Begryp julle my?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205