Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die wese van die ware deemoed

11 Toe Kisehel egter hierdie bevordering van Abedam verneem het, kyk hy Hom weemoedig aan en wil begin praat; maar Abedam is hom voor en sê vir hom:

2. "Kisehel, Ek het reeds in jou hart gelees wat jy aan My wil sê en wat jy My wil vra!

3. Jy sou graag die minste wil bly; jy wil geen leier van die ander wees nie, maar jou liewer deur die ander laat lei.

4. Die strewe in jou is so, dat jy liewer wil hê dat die ander vir jou moet sê wat jou te doen staan as dat jy dit vir die ander moet uitmaak; jy wil liewer gehoorsaam wees as om gedragsreëls aan ander voor te skryf.

5. Jy wil liewer My laaste as My eerste kneg wees en jy sou graag die sterkste wil wees om almal te dien, maar jy sou tog ook weer die swakste wil wees om op niemand `n strepie voor te hê nie!

6. Sien, so prys Ek jou nou eers ten volle; jy het vir My `n baie dierbare man geword. Dit is die grootste: Wie waaragtig die laaste en die geringste wil wees, die is vir My die grootste; want niks anders as die ware deemoed maak jou werklik groot voor My nie!

7. Omdat jy so waaragtig vanuit die diepste van jou hart deemoedig is, omdat jy selfs uit groot liefde tot My in alles ten aansien van jou broeders en kinders die allerminste wil wees en jy daardeur in jou hart nie die heerlike woorde van Sethlahem verag het nie en jy dit in jouself deur die daad vir My lewend gemaak het uit liefde tot My, - sien, daarom is jy ook die eerste van al die uitverkorenes!

8. Want sy het geen leidsman in die wysheid nodig nie, daar sy almal in ruim mate van wysheid voorsien het; sy het geen leidsman nodig in die liefde nie, - want sy ken My en het `n voldoende ruim hart om My bo alles te bemin; sy het geen leidsman nodig in krag nie, - want die het sy net soos jy ontvang; sy het geen leidsman nodig in mag nie, - want Ek het niemand `n kleiner deel gegee nie.

9. Ook het sy geen leidsman nodig in gesag nie, - want iedereen van julle het die korrekte aandeel van My ontvang; en sy het geen leidsman nodig in My Barmhartigheid nie, - want julle is immers almal vir een en dieselfde doel deur My uitgekies.

10. Maar sy het `n leidsman nodig in die standvastige deemoed! Want elkeen kan alles van My ontvang en kan uit My oneindige voorraad put, soveel as hy maar wil: Hy kan liefhê soveel hy maar wil; hy kan dit volgens sy wens sodanig deur die geloof versterk dat dit vir hom, deur middel van sy wil, maklik word om berge te versit; hy kan sy wil selfs so magtig maak dat duisende en nogmaals duisende sy woord sal moet volg; hy kan in die beslistheid van sy spraak so `n gesag sy eie maak dat alles hom blindelings sal moet gehoorsaam. Maar dit is nie die geval met die deemoed nie; dit is die eiendom van elke mens self.

11. Dit kan en mag Ek niemand gee nie, maar soos jy dit nou net self van My gehoor het, kan Ek julle maar net leer om haar te begeer. Dit is die akker waarop Ek wil oes, terwyl Ek nie saai nie, nóg die eintlike saad in die aardryk strooi, en tog wil Ek oes!

12. Die deemoed is die enigste wat julle My kan gee, sonder om dit eintlik vooraf van My te ontvang het.

13. Die eintlike allergrootste vryheid van die lewe bestaan in die ware deemoed en daardeur ontstaan ook die grootste volkomenheid van die lewe. Deur die deemoed kan julle selfs in My die onaantasbare gewydheid van My goddelikheid nader, - ja, die ware deemoed is die grootste wysheid van die mens, die grootste liefde, die grootste krag van alle lewe, die mag en die hoogste gesag, waarvoor die hele oneindigheid vol eerbied beef!

14. Die deemoed is die innerlikste, allerhoogste krag, mag en die gesag in Myself. Alles wat die gehele oneindigheid vul, het deur die deemoed ontstaan en het daaruit voortgekom.

15. Begryp jy nou, My geliefde Kisehel, waarom Ek jou tot leier van die res benoem het?

16. Sien, omdat jy waaragtig vanuit die grond van jou hart volkome deemoedig is!

17. Dit is egter ook dit wat min of meer by al jou mede-uitverkorenes ontbreek.

18. Al die gewydheid wat deur Myself aan julle gegee is, kan egter tot verderf, in plaas van seën word, as die korrekte deemoed ontbreek en as hierdie hoogste krag in julle nie baie groter is as al die ander nie.

19. By jou egter is sy nou die belangrikste oorheersende eienskap in jou lewe; daarom sal jy, en by hierdie geleentheid sê Ek jou selfs: Moet jy vir hulle almal tot `n toonaangewende voorbeeld wees en tot `n leefreël waarna hulle hulleself kan rig as hulle seën aan die aarde wil bring, oral waar sy so verskriklik ly deur die ou vloek van die hoogmoedige en leuenagtige slang.

20. Julle almal raai Ek aan om onmiddellik in die voetspore van Kisehel te volg, anders sou julle wel eens daar, waar julle beroep is, in plaas van seën, slegs nog groter verderf kan bring.

21. Oordink hierdie woorde van My goed en handel daarvolgens, anders sal julle tot `n val kom en dit wat deur julle geseën moet word, eweneens!

22. Luister en begryp dit goed! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205