Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 268

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se dank vir die aanstelling van Terhad tot hoofwagter van die voorhof van die tempel. Die plan van die Heer vir `n tempel op die gereinigde slangeberg. Die Heer word weer onsigbaar

268 By Sy geselskap aangekom, deel die Heer aan Lameg mee dat Hy Terhad tot hoofwagter van die voorhof benoem het; en Hy deel dit aan Lameg mee, sodat hy baie goed sou weet tot wie hy hom moes wend, as daar nog meer wagters vir die voorhof van die tempel nodig mag wees. Dit het met verloop van tyd sekerlik nodig geword, weens die groot toeloop, waardeur Lameg en Terhad `n voorhofwag van driehonderd man moes aanstel, welke manne deur Terhad uitgekies en deur Lameg in My Naam bevestig geword het.

2. Toe Lameg die mededeling van die Heer kry, val hy uit oorweldigende dank en liefdegevoelens voor die Heer neer en loof en prys Hom uit alle mag omdat Hy hom juis op hierdie belangrike punt uit sy verleentheid gehelp het.

3. Want Lameg het steeds by homself oor hierdie punt nagedink, maar het nog steeds getwyfel aan wie hy die bewaking van die voorhof eintlik sou moes toevertrou, sodat dit vir die Heer welgevallig sou wees.

4. Maar omdat, soos nou bekend gemaak word, die Heer Self iemand vir hierdie belangrike pos aangestel het, word daar `n groot klip van Lameg se hart afgewentel.

5. Nadat Lameg die Heer op die regte wyse in sy hart sy dankbaarheid bewys het en ook al die arm gaste op die mees warmste wyse aan die lofuiting deelgeneem het, beveel die Heer weer vir Lameg om op te staan en sê vir hom:

6. "Luister nou verder, My geliefde Lameg! Alles is nou hier gereël; maar kyk, die gesuiwerde berg waarop jy My vir die eerste keer gesien het, nadat jy My stem vooraf gehoor het, is nog sonder sieraad!

7. Jy weet dat ek jou aangeraai het om ook daar `n gedenkteken vir My op te rig; ewenwel het Ek jou nie van naderby aangegee hoe die tempel daaruit moet sien nie, sodat hy heeltemal in My orde sal pas.

8. Maar nou sal Ek die vorm, waarvolgens jy hom moet bou, van naderby aangee, luister dus:

9. Tien pilare van drie manslengtes hoog moet jy uit die suiwerste marmer laat kap en wel so soos wat Ek dit aan Mura en Cural sal uitlê.

10. Die pilare moet in `n kring opgestel word en wel so dat elke pilaar één manslengte van die ander af staan.

11. Die vloer moet egter van blou marmer wees, die voetstuk van die pilare van rooi en die kapitele (bodeel) van groen marmer.

12. Bo die kapitele moet die pilare met balke, uit geel marmer gekap, vas met mekaar verbind wees, en elke dwarsbalk moet weer met die naaste verbind wees deur behoorlike stewige metaalklampe.

13. Bo die dwarsbalke moet jy eers net so `n goue dak aanbring soos by die hooftempel; die drie sfere op die dak moet net nie van gelyke grote wees nie, maar dit moet so gevorm wees, dat die onderste bal die grootste en die twee daarbo steeds die helfte kleiner sal wees as die onderliggende.

14. Wanneer jy nou op hierdie manier hierdie tempel so spoedig moontlik vir My sal bou en jy in die midde, eweneens `n brandofferaltaar van suiwer goud oprig, en jy vir My op elke Sabbataand `n offer van graan brand, dan sal Ek alle velde van die laagte seën, en sal hulle vir jou en jou volk honderdvoudig vrug dra.

15. En die berge en bosse sal Ek reinig van bose ongediertes en sodoende tussen die laagte en die hoogte opnuut `n verbinding maak, sodat ook die laagte onder Henog, as My enige hoëpriester, sal staan.

16. Sien, dit is My wens uit liefde vir julle, kinders van Kain, sodat ook julle volledig My kinders sal wees! Doen dit dus spoedig!

17. Wanneer jy hierdie werk voltooi het, sal jy ook na die hoogte van My kinders gebring word, en dan sal Henog, saam met baie ander van die hoogte, kom en sal die nuwe tempel in My Naam seën, tot julle volkome wyding as My kinders!

18. Nou weet jy alles, ontvang daarom My seën en voltooi die werk! Amen."

19. Hierop verdwyn die Heer weer plotseling. Almal soek Hom; maar Hy was nêrens meer te vinde nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205