|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 41
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die geseënde maaltyd. Die eersugtige eieliefde van Adam word deur die Heer afgekeur
41 En almal wat om die mandjie van Abedam gesit het, dank die Heer nog eens dat Hy hulle vir Sy mandjie uitgekies het en hulle daardeur die onskatbare barmhartigheid laat toekom het om met Hom uit één mandjie sulke vrugte van die heerlikheid, van die liefde van die Vader, te eet en uit een en dieselfde kruik die soet sap van die ewige lewe te drink.
2. En so loof almal Abedam gedurende `n lang tyd vir die groot barmhartigheid; en terwyl die naburige mandjies reeds vir byna een derde leeg was, het nog niemand `n vrug in die mandjie van Abedam aangeraak nie.
3. Omdat daar aan die loof en prysinge maar geen einde wil kom nie, kyk Abedam Sy gaste aan en beduie hulle dat hulle van die vrugte moes eet, net soos die gaste by die ander mandjies dit doen; maar hulle vra Hom daarop om as eerste iets uit die mandjie te neem, - wat dan ook onmiddellik gebeur, waarop almal toe met hulle hande vrugte uit die mandjie neem en dit met groot, blye eerbied eet en die met sap gevulde kruike leegdrink.
4. En so duur die maaltyd ruim een uur; maar tog raak die mandjies, net soos die kruike, nie uitgeput nie en die laaste vrugte word ook, hoe langer hoe smaakliker, soos ook die sap in die kruike steeds fyner en soeter word, sodat die einde van die maaltyd, waar niemand as laaste iets uit die mandjie wil neem nie, volledig soos die begin lyk, - waar ook niemand as eerste wil neem nie. En omdat hulle Abedam Self nog dikwels iets uit die mandjie sien neem, dink niemand daaraan om op te hou nie; slegs Adam merk dat die son haar ondergang nader en hy vra aan die hoë Abedam wat daar nou moes gebeur, omdat die tyd van die gebruiklike voorbrand naby gekom het.
5. Die hoë Abedam vra daarenteen aan Adam: "Adam, vertel My nou eers duidelik vir wie die voorbrand nou eintlik bedoel is; vir My, of die blou lug en die later sigbaar wordende sterre en die nog sigbare son en die maan, of miskien vir die volk, of slegs vir jou?
6. Sien jy, Ek weet nouliks wat jy ooit daarmee verbind het, nóg wat jy tans daarmee sou wil verbind of ook al werklik verbind het; daaroor sou Ek graag iets duideliker van jou wil verneem.
7. Vir my sal of kan hierdie dwaasheid nouliks bedoel wees; want as Ek graag so iets wou gehad het, dan sou Ek dit ook lankal van jou verlang het. Omdat Ek dus gladnie van so iets hou nie en dit nie wil en dit daarom ook gladnie vir My bedoel kan wees nie, moet jy My net vertel vir wie die verering met die sogenaamde voorbrand bedoel is en watter goeie rede jy daarvoor het!"
8. Nou verstom Adam se tong en wel so volkome, dat hy nie meer in staat was om ook maar één woord oor sy lippe te kry nie.
9. Dit bemerk Abedam en sê daarom: "Adam, is dit nie só dat jy die meeste vreugde aan die voorbrand beleef, omdat jy dit eintlik heimlik op jouself betrek en daarmee wil aangee dat die weg na die poort van die lewe slegs via jou loop? - Daarom moes jou vuur dan ook vóór Myne ontsteek word en was jy meer op die stiptelike nalewing van die voorbrand as op die offerbrande self gestel, wat ter verering van My bestem was!
10. Sien, oor die heimlike rede het Ek dan ook die brandoffer wat vir My bestem was, nog in die voormiddag laat brand, om dit los te maak van jou groot dwaasheid. Maar tog lyk dit of jy nie die minste lus het om jou ou domheid te laat vaar nie!
11. Is die maaltyd by My, nie meer werd as die voorbrand wat op jou betrekking het nie?! Bly daarom by die mandjies en geniet solank jy wil en solank dit vir jou goed smaak! Dit kan jy ook doen, Adam! As jy liewer is vir die brande teenoor hierdie lewende maaltyd dan kan jy jou ook immers die vreugde verskaf; maar jy moet wel goed oppas dat die vuur nie al te heftig word nie, omdat dit jou dan maklik sou kon gryp en jou verteer! - Begryp jy hierdie woorde?
12. Maar Ek sê vir jou: Begryp dit goed en bedink dat die aarde van binne hol is en vol van die bitterste vuur, - en handel soos dit jou pas, oftewel vir die dood of vir die lewe! Amen."
13. Toe Adam die woorde van Abedam verneem het, skrik hy geweldig en rig sidderend en bewend die volgende woorde tot Hom:
14. "O Abedam, U is gewyd, goed en vol liefde, barmhartigheid en erbarming; maar wee diegene wat sy voet maar `n haarbreedte oor die grens van U wil sou sit, - want dan is hy ook ryp vir die dood, omdat daar by U geen middeweg bestaan nie, maar slegs twee uiterste pole, naamlik die pool van die lewe en die van die dood.
15. En so is dit ook met U lewende woord, wat geen sagte verwyte ken nie, maar óf deur die alles oortreffende aanwysinge wêrelde bou óf in die teenoorgestelde geval dit net so vinnig weer vernietig.
16. Daarom vra ek U; wees my swakheid as mens, barmhartig en betoon medelye; want wat eenmaal gebeur het, kan nie so maklik meer ongedaan gemaak word nie. Wees U daarom sagmoedig teenoor my en laat my nie nog dieper sink as wat ek al gesink het nie! U Heilige Wil geskied! Amen."
17. En Abedam antwoord Adam baie kort: "Adam, Adam, jy spreek baie oor jouself; maar My het jy volledig vergeet!
18. Kan jy verstaan wat dit beteken dat Ek hier is, op die slegste plek in My oneindige skepping?!
19. Wat weet jy nou van die ewige oneindige gewydheid van God?!
20. Keer daarom vinnig terug en verdiep jou nie nog meer in die ryk van die dood nie, maar verdiep jou liewer in My Liefde en nou wel baie groot barmhartigheid en erbarming!
21. Wanneer jy tot nou toe slegs twee pole aan My ontdek het, dan is dit net jou skuld; vra maar aan hierdie eerste aankomeling, - sy sal jou oor die derde, die middelste pool, groot wondere vertel! Amen."
|
|
|
|
|