Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Om `n Kind van God te wees is hoër as om van God `n broer of van God `n kneg te wees

83 Na hierdie hoogs beagtenswaardige woorde van Horedon, wat hy vanuit My gespreek het, prys Ek, as die hoë Abedam, die wakker Horedon en sê aan hom:

2. “Horedon, waarlik, Ek sê vir jou, jy het `n goeie werktuig vir My geword! Sien, dit wat baie reeds gesoek het, maar dit nie kan vind nie, het jy nou vanuit My duidelik ten opsigte van alles so getrou en volkome waar verkondig, soos Ek, die oerbron van alle trou en alle waarheid, getrou en waar vir jou gegee het!

3. Daarom loof Ek jou en sê jou dat jy daardie ware kindskap, wat jy vanuit My teruggeskenk het aan almal wat dit reeds geruime tyd nie meer in sy oorsprong ken nie, en dit vanuit hulleself ook nie meer kon herken en vind nie, nou vir jouself vir alle ewighede van die ewighede verwerf het, en geen aardse mag sal dit meer van jou af kan gryp nie; want die mag wat by die ware kinders aanwesig is, is groter as alle magte van die wêreld en van die wêrelde, en van al hulle liggame en wesens.

4. Soos Horedon nou die kindskap ten deel geval het, so gee Ek dit ook aan julle almal; want waarlik daar is in die hemel, nóg op aarde iets wat groter, magtiger en verhewender is as My kinders nie. Wie derhalwe die kindskap van God het, het meer as wat alle hemele omvat; ja waarlik, hy het oneindig veel meer!

5. Want hy het My, God, die ewige, oneindige, ja die bo alles verhewe God, vervul van mag, krag en gewydheid, as die mees liefdevolle, enigste ware Vader in hom en is dus volledig in My, dit wil sê in al My volkomenheid, wat My oneindige liefde, barmhartigheid, Wysheid en krag is.

6. Sien, dit behels dus die kind wees van God en dié kindskap gee Ek nou aan julle!

7. O kinders, sou julle iets nog groters van My kan neem?

8. O waarlik, Ek sê vir julle, dit sal julle nooit nie; want My kinders is meer as die engele van die hemel!

9. O kinders, as julle My broers was, dan was julle veel minder as wat julle is as My liewe kinders; want welke vader het sy broer liewer om hom heen as sy seun?!

10. Of erf die broer dalk van die broer `n erfdeel, as hy vir hom `n vrou neem?!

11. As julle julle kinders hoër skat as julle broers, sal Ek ook tog, as die mees ware en mees volkome Vader, weet hoeveel My kinders werd is!

12. Julle gee julle kinders maar net die inspanning van julle hande as bruidsskat; Ek daarenteen gee julle alles van My, en dit is My liefde oftewel My aller eintlike, oerewige lewe self.

13. Nou weet julle, wat My kinders is, al lewendig in julleself, - maar daarby ontgaan `n ding julle nog, en dit is, dat julle nog sal ervaar wie diegene is wie die kindskap van My en vanuit My ten deel val.

14. Sien, ook dit is van groot belang om te hoor; want waarlik, nog nie almal is My kinders wie tot My roep en sê: “Liewe, heilige Vader, verhoor ons, U kinders!” terwyl hulle hart daarby koud bly asof hulle `n totaal onverskillige ding toespreek en met hulle vertroue is dit ook al net soos met hulle hart gestel.

15. Dié soort kinders, wie wel My kinders sou moet wees, maar dit nie wil en dit ook nie werklik is nie, sou liefs net My mag en My krag wou gehad het om met allerlei magspeletjies hulle tyd te verdryf, ongeag of hulle dwase handeling nou skade of nut sou teweegbring.

16. Maar Ek sê vir julle: Sulke kinders is nog netso ver van die ware kindskap verwyder as die een einde van die hemel van die ander, ja, tussen hulle en My ware kinders bestaan nog `n oneindige kloof!

17. Ander weer neem die groot begrip van die kindskap van God so ruim, dat hy homself en alle skepsels as My kinders beskou.

18. Dit is oorbodig om vir julle van naderby uiteen te sit, dat hierdie kinders `n nog groter dwaasheid begaan as die voorheen genoemdes, omdat julle nou al goed weet wie My kinders is in die gees van die liefde en alle waarheid daaruit.

19. Julle moet egter as ware kinders net dit insien, dat daar `n groot verskil bestaan tussen diegene wie `n God en Skepper erken, en diegene wie se hart God vurig liefhet en opneem, en Hom nooit meer laat gaan nie, en hulle ook oor niks anders meer bekommer nie, as alleen hoe hulle God met steeds meer liefde kan omvat nie.

20. Die eerstes sal by die erken van God sê: “God, almagtige, groot, heilige, verhewe Skepper, hoe groot en heerlik is U werk, daarom wil ons U altyd loof, roem en bo alles prys!”

21. Die ander sê egter: “O God, hoe liefdevol moet U wees, dat ons ondanks U oneindige verhewenheid en gewydheid nie anders kan as om U bo alles lief te hê nie!

22. O hoe goed moet U wees, dat die liefde ons so sterk na U toe trek!”

23. Sien hier hoe die eerstes hulle verbaas oor die God wat deur hulle herken word, maar die oë van die laasgenoemdes vul hulle met trane van liefde by alles wat hulle ook maar enigsins aan My herinner, deurdat hulle agter hulle goeie God reeds `n liefdevolle Vader vermoed!

24. Sien julle die groot verskil hier?!

25. Sien, die eerste groep is slegs knegte wat vir `n loon werk, die tweede groep is egter kinders wat niks anders wil as om net hulle Vader lief te hê nie!

26. Sien, dit is die groot verskil en dit toon julle waarin die ware kinders hulle moet onderskei en waaruit die ware kindskap bestaan en aan wie dit ten deel val!

27. Sodat julle dit nog grondiger sal begryp, sal ons ook nog van Jorias verneem wat hy in dié opsig alles in homself aanskou het, en dan eers in hierdie hoogs belangrike saak `n helder lig aansteek in julle hart.

28. Kom dus na My toe, Jorias, en vervul die wil van jou heilige en liefdevolle Vader! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205