Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die kinders van die laagte as vrye gevangenes van die goddelike barmhartigheid en erbarming. Adam se vaderlike seën

102 Na hierdie woorde van Henog staan Horadal dan eerste op, buig met die grootste eerbied tot byna op die grond en gaan toe na sy skare en vertel hulle met luide stem wie die Een was vir wie hy en ook die meeste van hulle, hulleself op die grond gewerp het en wat Sy wil was.

2. En toe al die volk, oftewel die gewapende manne saam met hulle vrouens en kinders dit alles uit die mond van hulle bevelhebber verneem het, wie anders so tiranniek en onverbiddelik was, begin hulle van opperste vreugde te juig en te huil en loof en prys Hom uit alle mag, wie Horadal soveel sagter gestem het en hom so `n goeie, sagmoedige en welwillende gebod gegee het.

3. Maar sommiges wie hulle vrouens en kinders in die diepte agtergelaat het, het nie geweet wat hulle nou moes doen nie.

4. Hulle wend hulle daarom tot Horadal en vra vir hom wat hulle nou te doen staan.

5. Horadal antwoord hulle in volle erns: “Ons bevind ons nou in die hand van die almagtige God, vir wie dit geen enkele probleem sal wees om ons almal met die geringste suggie uit Sy mond soos ligte kaf te laat verwaai nie; daarom hoef ons nou vir niks anders te sorg as dat ons Sy almagtige, alleen ware, goddelik heilige wil sal vervul nie! Oor al die ander hoef ons onsself nie in die minste meer besorg te maak nie; want Hy, die enigste ware, ewige, oneindig magtige God staan ook oneindig veel hoër as al ons vrouens en kinders.

6. Omdat Lameg se wil reeds in staat was om julle te dwing om alles te verlaat om die onsekere en hoogs gevaarlike stryd met die magtige bewoners van die hoogtes aan te gaan, sal julle julleself ook hopelik des te meer volgens die almagtige wil voeg, ja ek sê vir julle, die wil waardeur ons en alle dinge geskape is!

7. Begryp dit, lê alle wapens, wat ons nooit meer nodig sal hê nie, neer en volg my voorbeeld!

8. Maar wie beslis wil teruggaan na die diepte, die staan dit ook vry; maar dan mag hy wel uitkyk of hy heelhuids daarvan sal afkom!

9. Al sou die wagters van die berge hom al ongedeerd laat deurgaan, van die in woede ontsteekte Lameg, mag hy met groot sekerheid verwag dat hy hom beslis duisend maal erger sal aanpak as die allerwoedenste tier!

10. Wie dus wil omkeer, laat hy dit dadelik doen; maar die andersgesindes moet my volg na die vier groot manne, agter wie die tweetal nou staan, wat ons met groot gesag hierheen gehaal en gelei het.

11. Laat dit so geskied volgens die heilige wil van die Een wie ons almal dié gebod gegee het! Amen.”

12. Toe hierdie oproep van mond tot mond gaan, en deur almal verneem was, was daar niemand meer onder die hele volk wat nog iets anders wou as net dit wat Horadal luid voor hulle almal uitgespreek het.

13. Terwyl Horadal My wil aan die volk meegedeel het, sê Ek, as die hoë Abedam, aan Henog: “Henog, sien, die volk van die nag het die woord uit jou mond aangeneem en `n wrede kneg van die slang predik nou My wil vir haar broedsel!

14. Sien, dié wonder is groter as alle ander wat ons op die hoogtes en daaromheen verrig het! Daarom wil Ek nou ook `n wonder daaraan toevoeg en dié wonder sal drievoudig wees, en wel, dat Ek ten eerste die kinders van die slang ook sal aanneem asof dit My kinders is, ja volkome My kinders; dan sal diegene wie hulle vrouens en kinders nog in die diepte agtergelaat het, hulle in die land waarheen hulle trek, sien tegemoetkom. Lamel weet dit al en het reeds aan die werk gegaan.

15. En jou woord, vanaf die toekomstige oordeel tot daar waar jy jou afgevra het wie daar goddeloos was, sal tot aan die einde van alle tye van die tye woord vir woord oorgelewer word deur alle volkere en jou naam sal nog deur die laaste kinders op aarde genoem word, soos dit nou genoem word deur jou vaders, broers en kinders.

16. Want sien, nou het jy vir My `n groot vreugde berei; waarlik, hierdie vreugde sal Ek jou tallose male deur alle tye en ewighede beloon! Amen.”

17. Hierop rig Abedam Hom tot Adam en sê aan hom: “Adam, sien, die kinders van Kain het hulle reeds heeltemal voorberei om jou seën te ontvang, laat ons daarom na hulle toe gaan en hulle gee wat hulle verwag! Amen.”

18. En soos Abedam dit gewil het, tree Adam na vore en gaan voor die drietal uit na die plek waar Horadal in die diepste eerbied op hom wag.

19. Toe hy daar aangekom het, gee hy sy vaderlike seën aan almal en dank daarop vir Abedam vurig vir die krag wat aan hom verleen is.

20. En Abedam sê daarop: “Adam, nou het jy reg gehandel; want Ek sê aan jou en aan julle almal: Seën altyd waar jy sou wil vervloek, dan sal jy altyd seëvier oor diegene wie jou wil vervolg of vernietig!

21. Vergeld nooit kwaad met kwaad nie, dan sal julle waaragtig My kinders wees; want Ek laat My son skyn oor regverdiges en onregverdiges!

22. Horadal, jy moet hier bly tot na die middag en dan eers na die bestemde land vertrek as almal hulle versterk het, waarby Ek jou vooraf drie woorde oor die dood en oor die lewe sal saamgee vir jou en jou volk! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205