Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die oorleg van die vier twyfelaars

162. En die viertal buig voor die vaders en daal toe van ons môrehoogte af na `n klein verhoogde gedeelte; hulle neem daar plaas en begin met mekaar oorleg te pleeg:

2. "Broers", begin die eerste, "wat dink julle nou: Moet ons Henog se woorde vertrou of nie?

3. Ek, van my kant, is van mening dat Henog hom hierdie keer geweldig vergis het!

4. Hy is immers `n mens net soos ons, - en dit is genoeg om heeltemal in staat te wees tot allerlei vergissinge; meer het ons nie nodig nie.

5. Alhoewel die Almagtige hom ook groot volmaakthede verleen het en hom as hoëpriester aangestel het, het Hy hom ewenwel al die menslike laat behou, sodat hy nog steeds dieselfde Henog is wat Hy daarvoor was, en hom dus ook kan vergis.

6. Maar dat Hy hom hierdie keer allergeweldigs vergis het, dit sou ek nou duidelik vir hom kan aantoon!

7. Ek begryp nou net nie hoe ek in so dom sy teenwoordigheid kon gewees het nie!

8. Byvoorbeeld: Wat sou hy my kon teenwerp as ek vir hom by sy godslverloëning sou gesê het: 'Broer, as dit so sou gewees het soos wat jy nou so wyslik beweer, dan hoef ons in die vervolg immers geen huise meer vir onsself te bou nie!

9. Want as ons sonder `n skepper van die hoogste wysheid kon ontstaan het, terwyl ons tog duidelik in alles meer volkome is as ons huise, omdat ons kan dink, spreek en wys handel, waarom sou ons ook dan onuitspreeklik baie dommer huise nie eweneens uit die niks en vanself sonder ons toedoen ontstaan het nie?!'

10. Ek sou die goeie Henog egter `n hele ewigheid wou laat wag en sal hom daartoe nog my lewe as onderpand gee, dat hy beslis nooit die geluk sal hê om `n goeie geordende huis uit die stom bodem van die aarde te sien opgroei nie!

11. Ons sou werke van blinde kragte wees, wat hulle nie eens van hulleself bewus is nie!?

12. Nee, broer, nog voordat Henog my dit kan laat glo, glo en bewys ek hom dat hy as hoëpriester, met al sy wysheid, `n volkome dwaas is! - Wat sê julle daarvan? Het ek gelyk of nie?"

13. En `n tweede neem die woord en sê: "En of jy gelyk het?! Ek moet jou sê, broer, ek het `n sonderlinge knaende gevoel in my binnenste! As ek die hoë vaders nie ontsien het nie, waarlik, dan sou dit my slegs één woord gekos het en Henog se tong sou verlam gewees het, soos `n doudruppel in die strengste winter!

14. Ek sou graag die antwoord verneem het, as ek hom so langs my neus weg, weet julle, sou gevra het: 'Henog, as dit so is soos jy ons nou so wys meegedeel het, sou ek tog graag van jou wil weet, hoe die liefde tot God dan te verklaar is!'

15. Broer, as Henog my op hierdie vraag, sonder om homself teen te spreek, slegs één woord sou kon gegee het, dan sluk ek, in julle en sy aanwesigheid, elke berg in wat julle maar wil!

16. Want as JaHWeH `n drogbeeld en in `n sekere sin `n salfie vir die traagheid van ons gees is, dan is ook al ons liefde klinkklare skyn; en as dit nie eg is nie, dan is ons vir onsself slegs skyn en Henog nie in die minste uitgesonder nie!

17. Maar ons dus vir onsself bedrog is, dan vra ek: 'Broer, watter voorreg het jou wysheid dan bo ons dwaasheid?!

18. Daarom kan jy net so goed swyg soos ons!' Sê julle my nou vryuit: Wat kon die Henog my nog daarop geantwoord het?

19. Niks; want dan sou hy immers in `n onontwarbare valstrik geraak het en sou nie eens stom met sy tong oor sy tande kon stryk nie!"

20. "Hy het waarskynlik geglo", sê `n derde, "dat ons `n spannetjie gemoedelike huisnarre is, wat hulle maar dadelik allerlei onsin laat aansmeer!

21. Maar met ons volgende byeenkoms sal die vier dwase hom op so `n manier belig, dat sy hoëpriesterskap vir hom sal voorkom asof hy in die donker rondtas; want ek is soos `n onweerswolk gelaai! 

22. Slegs `n bietjie wind en die goeie Henog sal nog tien keer erger vir sy godsverloëning bedien word, as wat ons almal op die voorsabbat bedien was! Hy moet eers goed voel en betaal word vir die openbare grap wat hy hom met ons veroorloof het!

23. Dat Henog nie aan `n God sou glo nie, glo ek net so min as wanneer iemand met my sou twis en beweer dat ek nie bestaan nie!

24. Maar hy het ons goed aangevat en ons het almal daar ingetuimel; so is dit en nie anders nie!

25. Maar ek sal hom ook daarvoor sodanig op sy plek plaas dat hy sal bly vassit soos `n klip wat in die diepste plek van die see geval het!

26. Wat se antwoord sal Hy My wel kan gee as ek ronduit in sy gesig sou sê: 'Henog, jou snode hoëpriester, jy het nou dubbel verloën vanuit jou groot blindheid! Want as daar sedert die ewigheid al by voorbaat geen JaHWeH was nie, dan het jy immers slegs in die wind gespreek.

27. Want die blinde toeval het jou beslis nie wyser gemaak as ons nie; en waarom sou juis jy nou meer wees as ons, aangesien ons tog vir onsself nie minder klinkklare dwaasheid is `n as wat jy vir jouself is nie en noodsaaklikerwys daardeur ook vir ons!

28. Maar as daar `n ou JaHWeH bestaan, dan is jy sondermeer duidelik `n leuenaar in al ons oë!'

29. Broer, wat kan hy my hierop antwoord?!"

30. En `n vierde sê saam met die eerste twee: "Niks of hoogstens: 'Dus staan ek soos `n esel voor julle en is my hoëpriesterskap `n hol wind!'

31. Maar wat Abedam betref, dink ek, dat ons ons op die punt moet verenig en vir die wyse hoëpriester duidelik bewys dat Hy onfeilbaar JaHWeH Self was, wat dit immers duidelik uit Sy woorde en dade laat blyk het, as ons dit maar enigsins in ag neem!

32. En ontken hy dit daarna, dan sal ek hom eenvoudigweg vra: 'Broer, wie het jou dan tot hoëpriester gemaak?

33. Is Hy niks, dan is jy dit ook, - daarom kan jy netsowel jou hoëpriesterskap neerlê; want so `n amp pas nie `n godloënaar nie!'

34. Wat kan hy of iemand anders ons daarop antwoord?"

35. Met die voorstel was al vier dit eens en die eerste staan op en sê: "Broer, as ons dit ook op die punt eens is, laat ons dan gaan en ons saak besleg!

36. Waarlik, ek brand van nuuskierigheid wat uiteindelik daar sal uitkom! Met Henog is ons so goed as heeltemal klaar! Laat ons dus gaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205