Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die wonderbaarlike spysiging van die volk. Horadal se woorde van dank en liefde. Liefhê beteken lewe in die gees

104 Hierna staan Horadal op, dank die Heer nogeens vir Sy groot barmhartigheid en erbarming en rig hom ten slotte tot sy volk en sê:

2. “Broers, neem met `n dankbare hart vol vreugde die spys en die drank en eet en drink, nadat julle alles na behore en regverdig onder mekaar verdeel het!

3. Wanneer julle almal voldoende versadig is, sal ek eers self toetree en neem van wat daar oorgebly het.

4. Gee dus met groot dankbaarheid in julle harte gehoor aan die heilige wil van die groot enigste ware God, wie nou sigbaar voor ons aller oë hierdie spyse vir ons geseën het! Amen.”

5. Na hierdie opdrag en nadat die volk in rye op die grond gaan sit het en wel in presies tien rye, neem die tien hoër aanvoerders die mandjies op en deel die spyse so uit, dat elkeen met sy mandjie `n ry kon voorsien. Tegelyk oorhandig hulle ook aan die eerste in die ry die vat met die drank en `n vat gevul met die allersuiwerste heuning; wanneer die eerste na behoefte daarvan geneem het, moes hy dit gee aan hom wie naas hom gesit het en so voort tot aan die einde van die ry.

6. Eers nadat almal na behore van spys en drank voorsien was, bekyk die tien verdelers hulle mandjies; en was hulle verbaas toe hulle sien dat die mandjies nie eens halfpad leeg was nie! 

7. Daarom wou hulle nogeens langs die rye gaan, maar nou van agter na voor; maar toe hulle merk dat elkeen nog volop van alles voorsien was, dank hulle die Heer met ontroerde hart en dra die nog goed gevulde mandjies weer terug na Horadal, wie intussen elke verdeler met sy oë gevolg het om te sien of elkeen sy taak goed uitgevoer het.

8. Toe die mandjies weer hier staan en Horadal sien dat hulle nog vir meer as halfpad gevul was, vra hy taamlik streng aan die verdelers:

9. “Hoe het julle eintlik uitgedeel?! Die mandjies is weliswaar baie groot, maar die volk tel meer as tienduisend koppe.

10. Hoeveel het julle aan elkeen gegee? Kan hy wel volgens die wil van die allerhoogste Heer versadig word daarmee?”

11. Maar een van die tien antwoord eerbiedig: “As jy die wonder van alle wondere wil sien, kyk dan hoe elke ry volop van alles voorsien is, dan sal jy sekerlik saam met ons uitroep: “Sulke dinge is slegs by God moontlik; alleen aan Hom daarom vir ewig alle eer, alle lof, alle lofprysing, alle aanbidding, alle dank en alle liefde! Amen”

12. Daarop laat Horadal sy oë langs alle rye gaan en omdat hy sien dat niemand werklik iets tekort gekom het nie, wend hy hom tot die Heer en sê: “O, U, Wie se Naam my tong nimmer waardig is om uit te spreek nie, hoe moet ek U dank, hoe U prys, hoe U loof sodat dit U sal behaag?!

13. O Heer, eindeloos Heilige, sien, die dierbaarste wat ek het is my lewe, ofskoon dit in U oë sonder enige waarde is! Ek het ewenwel niks anders waarmee ek bewustelik iets is en kan doen nie; mog dit U egter welgevallig wees, dan wil ek dit U ten offer bring as dank vir die arme volk!”

14. Na hierdie woorde val hy weer vol dankbaarheid wenend voor Abedam neer.

15. Met hierdie woorde van Horadal hou Abedam `n hand voor Sy oë en verberg Hy trane van groot erbarming. Eers na `n tydjie buig Hy Hom vooroor, raak die nog wenende Horadal aan en sê aan hom: “Horadal, staan op; want nou het Ek jou van alle skuld bevry!”

16. En Horadal staan op en was van pure ontroering vir `n lang tyd nie by magte om ook maar `n woord oor sy lippe te bring nie.

17. Maar na `n tydjie kom hy weer by homself; hy haal diep asem en vra ten slotte aan die Heer:

18. “Heer, sien my, arme sondaar, barmhartig aan en word nie kwaad vir my as ek my oorvolle hart `n weinig lug verskaf deur `n vraag, waarvoor ek weliswaar nie in die minste waardig is nie!”

19. En Abedam sê aan hom: “Open jou hart maar vir My!”

20. Toe lê Horadal sy hande op sy bors en sê: “O Heer, mees heilige! Mag ook ek, arme sondaar, en my arme volk U liefhê met alle kragte van ons lewe?!

21. Vergewe my hierdie vir my te heilige vraag! My verstand sê my ewenwel: Alleen suiwer harte kan en mag God liefhê; maar my hart verset hom nou geweldig teen hierdie verstandelike teenwerping.

22. O, sê my of ek kan en mag doen waarna my hart nou so magtig verlang!”

23. En Abedam gee hom daarop ten antwoord: “Horadal, jy doen tog immers al waarna jy vra; jy ontvang daarom My seën!

24. Ek gee jou die drie beloofde woorde daartoe en dit lui:

25. Liefde, liefde, liefde, aldus sal jy ewig lewe in die gees, maar vir die wêreld sterf! Nou het jy reeds vir die wêreld gesterf; bemin, bemin, bemin daarom vir My, jou heilige Vader vir ewig! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205